JESAJA 9

Voorspelling van die Messíasryk.

1 DIEvolkwat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn.

2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.

3 Wantdie juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos opdie dag van Mídian.

4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ’n prooi van die vuur.

5 Want ’n Kind is vir ons gebore,’n Seun is aan ons gegee; endie heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader,Vredevors —

6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vredesonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterkdeur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid.Die ywer van dieHerevan die leërskare sal dit doen.

Die slaande hand van die Here.

7 DIEHerestuur ’n woord in Jakob, en dit val in Israel;

8 en die hele volk sal dit gewaarword,Efraim en die inwoners vanSamaría, wat in trotsheid en grootsheid van hart sê:

9 Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!

10 Maar dieHeregee aan die teëstanders vanResin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:

11 die Arameërs van voor endie Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

12 Maardie volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie dieHerevan die leërskare nie.

13 Daarom sny dieHerevan Israel af kop en stert, palmtak en biesie,op een dag.

14 Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert;

15 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ’n dwaalweg gebring.

16 Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almalroekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

17 Want die goddeloosheidbrand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in ’n rookpilaar opstyg.

18 Deur die grimmigheid van dieHerevan die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos ’n prooi van die vuur;die een spaar die ander nie.

19 En hulle byt na regs en het honger;hulle vreet na links en word nie versadig nie;hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:

20 Manasse vir Efraim, en Efraim vir Manasse,enhulle saam is teen Juda.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × one =