JESAJA 11

Die voorspoedige regering van die Messías.

1 MAAR daar sal’n takkie uitspruit uit die stomp vanÍsai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra;

2 enop Hom sal die Gees van dieHererus,die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van dieHere.

3 En Hy het ’n welgevalle aan die vrees van dieHere; enHy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;

4 maaraan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hysal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.

5 En geregtigheidsal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.

6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ’n klein seuntjie sal hulle aanja.

7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;

8 en die suigling speel by die gat van ’n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ’n basilisk.

9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig opmy hele heilige berg nie;want die aarde sal vol wees van die kennis van dieHeresoos die waters die seebodem oordek.

10 Enin dié dagsal die nasies vra na die wortel van Ísai, wat daar staan as’n banier van die volke, ensy rusplek sal heerlik wees.

11 Enin dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte enPatros enKus enElam enSínear enHamat en uitdie kuslande van die see;

12 enHy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat komdie seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

13 Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.

14 Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die westeensaam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig.

15 En dieHeresal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor dieEufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat ’n mens met skoene daardeur kan loop.

16 Endaar sal ’n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur,soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten − 5 =