JESAJA 10

1 WEE hulle wat heillose insettinge tot wet maak, en die skrywers wat moeite ywerig voorskrywe,

2 om die armes van die gereg weg te stoot en om dieellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.

3 Maar wat sal julle doen opdie dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? Na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?

4 Hulle kan net maar buig soos geboeides en val soos diegene wat gedood is.Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.

Voorspelling van die ondergang van die Assiriërs.

5 WEE Assur!die roede van my toorn en ’n stok is hy — in hulle hand is my grimmigheid!

6 Ek sal hom stuur teen’n roekelose nasie, en Eksal hom bevel gee teen die volk van my grimmigheid, om buit te maak en roof in te samel en om hulle tot ’n vertrapping te maak soos modder van die strate.

7 Maar hý bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.

8 Want hy sê: Is my vorste nie almal saam konings nie?

9 Het dit metKalno nie gegaan soos metKárkemis, metHamat soos metArpad, met Samaría soos met Damaskus nie?

10 Soos my hand die koninkryke van die afgode bereik het, alhoewel hulle gesnede beelde meer was as dié van Jerusalem en Samaría,

11 sou ek nie, soos ek aan Samaría en sy afgode gedoen het, net so aan Jerusalem en syafgode kan doen nie?

12 Maaras dieHereal sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dansal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.

13 Want hy sê: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die watop tronesit, het ek soos ’n maghebber neergewerp.

14 En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ’n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ’n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ’n vlerk verroer of ’n bek oopgemaak of gepiep het nie.

15 Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof ’n staf húlle swaai wat hom ophef, asof ’n stok hóm ophef wat nie hout is nie!

16 Daarom sal die HereHerevan die leërskare onder sy vettes ’n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ’n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.

17 En die Lig van Israel sal ’n vuur wees, en sy Heilige ’n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en verteerop een dag.

18 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ’n kranke wegkwyn.

19 En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en ’n seuntjie sal hulle kan opskrywe.

20 Enin dié dag sal die oorblyfsel van Israel endie wat ontvlug het van die huis van Jakob,nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op dieHere, die Heilige van Israel, in opregtheid.

21 Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe.

22 Wantal was jou volk, o Israel, soos die sand van die see,net’n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.

23 Want ’n verdelging wat vas besluit is, sal die HereHerevan die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.

24 Daarom, so sê die HereHerevan die leërskare:oMy volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.

25 Wantnog ’n baie kort rukkie, dan is die grimmigheid ten einde, en my toorn gaan uit om húlle te vernietig.

26 En dieHerevan die leërskare sal oor hom die gésel swaai soosMídian verslaan is by die rots Oreb; ensy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.

27 Enin dié dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanweë die vettigheid.

28 Hy oorval Ajat; hy trek deurMigron; inMigmas laat hy sypakgoed agterbly.

29 Hulle trek oordie nek. Laat Geba ons nagverblyf wees! Rama bewe, Gíbea van Saul vlug.

30 Skreeu dit uit, dogter vanGallim! Luister, Lais! Arme Ánatot!

31 Madména vlug, die inwoners van Gebim soek skuiling!

32 Nog vandag staan hy inNob, hy swaai sy hand teen die berg van die dogter van Sion, teen die heuwel van Jerusalem!

33 Maarkyk, die HereHerevan die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;

34 en Hy saldie digte takke van die bos met die yster omkap, endie Líbanon sal val deur die Heerlike.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 − nine =