JESAJA 13

Godspraak oor Babel.

1 GODSPRAAK oor Babelwat Jesaja, die seun van Amos, gesien het.

2 Hef op ’n banierop ’n kaal berg; roep hulle hardop toe,wink met die hand, dat hulle kan intrek deur die poorte van die edeles.

3 Ek self hetmy geheiligdes ontbied; ook het Ekmy helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.

4 Hoor, ’n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ’n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! DieHerevan die leërskare hou wapenskouing oor ’n oorlogsleër.

5 Hulle kom uit ’n ver land, van die einde van die hemel af, dieHereen die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.

6 Huil julle,want die dag van dieHereis naby; hy kom as ’n verwoesting van die Almagtige.

7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;

8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë;hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte.

9 Kyk,die dag van dieHerekom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ’n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

10 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie;die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.

11 En Ek sal aan die wêreldsyboosheidbesoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou endie hoogmoed van tiranne verneder.

12 En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense asgoud van Ofir.

13 Daaromsal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van dieHerevan die leërskare envanweë die dag van sy toorngloed.

14 En soos ’n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie,sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.

15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.

16 En hulle kinders word voor hul oë verpletter,hul huise geplunder en hul vroue onteer.

17 Kyk, Ek verwekdie Meders teen hulle, wat silwer nie ag nie en in goud geen behae het nie.

18 Maarhulleboë sal die seuns neerwerp, en hulle sal hul nie ontferm oor die vrug van die moederskoot nie; hulle oog sal die kinders nie verskoon nie.

19 So sal dan Babel,die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk vandie Chaldeërs, wees soostoe God Sodom en Gomorra omgekeer het.

20 Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders salhulle veedaar laat lê en rus nie.

21 Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.

22 En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; ennaby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight − eight =