JEREMIA 49

Profesie teen die Ammoniete.

1 OOR die kinders van Ammon. So sê dieHere: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?

2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek teenRabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word ’n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê dieHere.

3 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef ’n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan,sy priesters en sy vorste almal saam.

4 Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou voorrade vertrou en sê:Wie sal aan my kom?

5 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die HereHerevan die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.

6 Maardaarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek dieHere.

Profesie teen die Edomiete.

7 OOR Edom. So sê dieHerevan die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?

8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners vanDedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.

9 As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag — hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.

10 Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie.

11 Laat jou wese agterbly, en Ék sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.

12 Want so sê dieHere: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.

13 WantEk het by Myself gesweer, spreek dieHere, datBosra ’n voorwerp van verbasing, van smaad, ’n woestheid en ’n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.

14 Ek het ’n tyding van dieHeregehoor, en ’n boodskapper is gestuur onder die nasiesom te sê:Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.

15 Want kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.

16 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon indie rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou!Al maak jy jou nes so hoog soos die arend —daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek dieHere.

17 So sal Edom dan’n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal hom verbaas en spot oor al sy plae.

18 Soosdie omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê dieHere, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.

19 Kyk,soos ’n leeu uitdie pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in ’n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog ’n herder wat voor my aangesig kan standhou?

20 Daarom, hoor die raadsbesluit van dieHerewat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners vanTeman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.

21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is ’n geskreeu — by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.

22 Kyk,een sal opstyg en vlieg soos ’n arend en sy vlerke oorBosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in dié dag wees soos die hart van ’n vrou wat in nood is.

Profesie teen Damaskus.

23 OOR Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.

24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.

25 Hoe isdie roemrykestad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!

26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in dié dag omkom, spreek dieHerevan die leërskare.

27 En Ek sal ’n vuur aansteek in die muur van Damaskus,en dit sal die paleise vanBénhadad verteer.

Profesie teen Arabië.

28 OOR Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het. So sê dieHere: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.

29 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep:Skrik rondom!

30 Vlug, vlug haastig,skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek dieHere; want Nebukadrésar, die koning van Babel, het ’n besluit teen julle geneem en ’n plan teen julle beraam.

31 Maak julle klaar, trek op teen ’n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek dieHere, wat geen poorte of grendel het nie,wat alleen woon.

32 En hulle kamele sal ’n roof en die menigte van hulle vee ’n buit wees; enEk sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die randhulle harewegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek dieHere.

33 En Hasor sal word’n lêplek van jakkalse, ’n wildernis tot in ewigheid; niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.

Profesie teen Elam.

34 DIE woord van dieHerewat tot die profeet Jeremia gekom het oorElam, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, naamlik:

35 So sê dieHerevan die leërskare: Kyk, Ek verbreekdie boog van Elam, die keur van hulle krag.

36 En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.

37 En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek dieHere;en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.

38 EnEk sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek dieHere.

39 Maaraan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek dieHere.

JEREMIA 50

Profesie teen Babel.

1 DIE woord wat dieHeredeur die profeet Jeremia gespreek hetoor Babel, oor die land van die Chaldeërs.

2 Verkondig onder die nasies en laat hoor, en steek ’n banier op, laat hoor; verberg dit nie; sê: Babel is ingeneem,Bel staan beskaamd,Meródag is verskrik; sy afgode staan beskaamd, sy drekgode is verskrik.

3 Want ’n volk trek teen hom opuit die Noorde; dit sal sy land ’n woesteny maak, sodat daar geen inwoner in is nie; mense sowel as diere het gevlug, weggetrek.

4 In dié dae en in dié tyd, spreek dieHere, sal die kinders van Israel kom,hulle met die kinders van Juda saam;onder geween sal hulle voorttrek endieHerehulle God soek.

5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by dieHereaansluitin ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.

6 ’n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoerna die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.

7 Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê:Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen dieHere,die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, dieHere.

8 Vlug uit Babel, en gaan uit die land van die Chaldeërs, en wees soos bokke voor die trop kleinvee uit!

9 Want kyk, Ek verwek en laat teen Babel optrek’n menigte van groot nasies uit die Noordland; dié sal hulle teen hom opstel — daarvandaan sal hy ingeneem word; hulle pyle sal wees soos dié van ’n voorspoedige heldwat nie met leë hande terugkom nie.

10 En Chaldéa sal ’n buit word; almal wat hom beroof, sal versadig word; spreek dieHere.

11 Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos ’n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste —

12 julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, ’n woestyn, ’n dor land en ’n wildernis.

13 Weens die toorn van dieHeresal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al ’n wildernis wees;elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.

14 Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen dieHeregesondig.

15 Juig oor hom rondom —hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek;want dit is die wraak van dieHere; wreek julle op hom, doen aan homsoos hy gedoen het!

16 Roei uit Babel uit die saaier en die wat die sekel hanteer in die oestyd; laat hulle vanweë die verdrukkende swaardelkeen na sy volk omdraai en elkeen na sy land vlug!

17 Israel is ’n rondgejaagde skaap watdie leeus weggedrywe het;eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nouten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.

18 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land,soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.

19 EnEk sal Israel na sy weiveld terugbring, en hy sal wei op Karmel en in Basan; en sy siel sal op die gebergte van Efraim en in Gílead versadig word.

20 In dié dae en in dié tyd, spreek dieHere,sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegenewat Ek laat oorbly.

21 Teen die land Meratáim, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek dieHere, en doen net soos Ek jou beveel het.

22 Daar is oorlogsgeskreeu in die land en ’n groot verbreking.

23 Hoe isdie hamer van die hele aarde afgekap en verbreek! Hoe het Babel geword ’n voorwerp van verbasing onder die nasies!

24 Ek het vir jou ’n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen dieHerein die stryd begeef het.

25 DieHerehet sy skatkamer oopgemaak endie werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want ’n werk is dit wat die HereHerevan die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.

26 Kom aan teen hom van alle kante, maak oop sy voorraadskure, stapel hom op soos koringmiede, en tref hom met die banvloek! Hy moet geen oorblyfsel hê nie.

27 Slaan dood al sy jong stiere,laat hulle afgaan om geslag te word. Wee hulle, want hulle dag het gekom,die tyd van hulle besoeking.

28 Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel,om in Sion te verkondig die wraak van dieHereonse God, die wraak van sy tempel.

29 Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie!Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het,want hy was vermetel teen dieHere, teen die Heilige van Israel.

30 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine en al sy krygsmanne in dié dag omkom, spreek dieHere.

31 Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die HereHerevan die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.

32 Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; enEk sal ’n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.

33 So sê dieHerevan die leërskare:Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.

34 Maarhulle Verlosser is sterk,Herevan die leërskare is sy Naam;Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.

35 Die swaard oor die Chaldeërs, spreek dieHere, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!

36 Die swaard oor die grootpraters,dat hulle dwaas kan word! Die swaard oor sy helde, dat hulle verskrik kan word!

37 Die swaard oor sy perde en sy strydwaens en oor die helegemengde bevolking wat daar binne-in is,dat hulle vroue kan word! Die swaard oor sy skatte, dat hulle geplunder kan word!

38 Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! Want dit is ’n land vangesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.

39 Daarom saldaarboskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly;’n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.

40 Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek dieHere, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.

41 Kyk, daar kom ’n volkuit die Noorde, en ’ngroot nasie en magtige konings word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

42 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!

43 Die koning van Babel het die gerug van hulle gehoor, en sy hande het slap geword; benoudheid het hom aangegryp, smart soos van een wat baar.

44 Kyk, soos ’n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in ’n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag, en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar?En wie is tog ’n herder wat voor my aangesig kan standhou?

45 Daarom, hoordie raadsbesluit van dieHerewat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.

46 Van die tyding: Babel is ingeneem!bewe die aarde, en geskreeu word onder die nasies gehoor.

JEREMIA 51

1 SO sê dieHere: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van „die Hart van my Teëstanders”die gees van ’n verwoester.

2 En Ek sal vir Babelwanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê rondom teen hom op die dag van onheil.

3 Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sypantser verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek!

4 So sal daar dan gesneuweldes val in die land van die Chaldeërs en die wat deurboor is, op sy strate.

5 WantIsrael en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur dieHerevan die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.

6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; wantdit is die tyd van wraak vir dieHere:Hy gee hom sy verdiende loon.

7 Babel wasin die hand van dieHere’n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het;die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasiesrasend geword.

8 Skielik het Babel geval en is verbreek.Huil oor hom;gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.

9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land;want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.

10 DieHerehet ons geregtighede te voorskyn gebring; kom enlaat ons in Sion vertel die werk van dieHereonse God!

11 Maak skerp die pyle, vat die skilde!DieHerehet die gees van die konings vanMedië opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes;want dit is die wraak van dieHere, die wraak van sy tempel.

12 Hef ’n banier op teen die mure van Babel,versterk die wagposte, sit wagte uit, hou hinderlae klaar; want soos dieHereHom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van Babel gespreek het.

13 Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is, jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word.

14 DieHerevan die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou’n vreugdegeroep aanhef.

15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand —

16 as Hy sy stem laat hoor, is daar ’n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan uit sy voorraadskure.

17 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die beeld; want sy gegote beeld is ’n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.

18 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.

19 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, enIsraelis die stam van sy erfenis;Herevan die leërskare is sy Naam.

20 Jy is vir My ’n hamerenoorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes Ek koninkryke.

21 En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.

22 En Met jou verbrysel Ek man en vrou; en met jou verbrysel Ek grysaard en seun; en met jou verbrysel Ek die jongman en die jongedogter.

23 En met jou verbrysel Ek die herder en sy trop vee; en met jou verbrysel Ek die landbouer en sy twee osse; en met jou verbrysel Ek goewerneurs en owerstes.

24 Maar Ek sal voor julle oë aan Babel en aan al die inwoners van Chaldéa vergelde al hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het, spreek dieHere.

25 Kyk, Ek het dit teen jou,o berg wat verwoes, spreek dieHere; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak’n afgebrande berg.

26 En hulle sal uit jou geen klip neem vir ’n hoek of ’n klip virfondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek dieHere.

27 Hef ’n banier op oor die aarde,blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies teen hom, roep teen hom opdie koninkryke van Árarat, Minni en Áskenas, stel ’nkommandant teen hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!

28 Heilig nasies teen hom, die konings van Medië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.

29 Dan bewe die aarde en krimp inmekaar;want die gedagtes van dieHerekom tot stand teen Babel, om die land van Babel’n woesteny te maak, sonder inwoner.

30 Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek,sy grendels is verbreek.

31 Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Babel bekend te maak dat sy stadvan alle kante ingeneem is;

32 en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.

33 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog ’n kort rukkie,dan kom die oestyd vir hom.

34 Nebukadrésar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit soos ’n leë skottel; hy het my verslind soos’n draak; hy het sy buik met my lekkernye gevul;hy het my weggestoot.

35 Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chaldéa!

36 Daarom, so sê dieHere: Kyk,Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.

37 En Babelsal kliphope word, ’n lêplek van jakkalse,’n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.

38 Almal saam brul hulle soos jong leeus, brom soosklein leeutjies.

39 As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en ’n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek dieHere.

40 Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam metbokke.

41 Hoe isSesag ingeneem endie roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel ’n voorwerp van verbasing geword onder die nasies!

42 Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.

43 Sy stede het ’n woesteny geword, ’n dor land en ’n wildernis; ’n land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie.

44 En Ek sal besoeking doen oorBel in Babel en uit sy mond uithaalwat hy verslind het; en geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.

45 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van dieHere!

46 En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land gehoor word nie, as daar ’n tyding kom in dieeenjaar, en daarna ’n tyding in dieanderjaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.

47 Daarom, kyk, daar kom dae datEk besoeking sal doen oor die gesnede beelde van Babel; en sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal daarin val.

48 Dan sal oor Babeljuig hemel en aarde en alles wat daarin is;want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek dieHere.

49 Ook Babel moet val, o gesneuweldes van Israel, soos ook vir Babel geval het die gesneuweldes van die hele aarde.

50 Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan dieHereuit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!

51 Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek;want vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die huis van dieHere.

52 Daarom kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.

53 Al sou Babel indie hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk — van My af sal verwoesters oor hom kom, spreek dieHere.

54 Hoor! Geskreeu uit Babel en groot verbreking uit die land van die Chaldeërs;

55 want dieHereverwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm.

56 Want ’n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want ’n God van vergelding is dieHere; Hy sal gewis vergelde.

57 EnEk sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap ’n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam isHerevan die leërskare.

58 So sê dieHerevan die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word,sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.

59 Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Serája, die seun van Nería, die seun van Magséja, toe hy saam met Sedekía, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die vierde jaar van sy regering. En Serája was laerkommandant.

60 En Jeremia het in ’n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom,al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is.

61 En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde;

62 en sê: oHere, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.

63 En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ’n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi

64 en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees.Tot sover die woorde van Jeremia.

JEREMIA 52

Die beleg, inneming en verwoesting van Jerusalem.

1 SEDEKÍA was een-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, ’n dogter van Jeremia uit Libna.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van dieHere, net soos Jójakim gedoen het.

3 Want dit het oor Jerusalem en Juda gekom weens die toorn van dieHere, totdat Hy hulle van sy aangesig af weggewerp het. En Sedekía het gerebelleer teen die koning van Babel;

4 en in die negende jaar van sy regering, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, teen Jerusalem gekom, hy en sy hele leër, en hulle het daarteen laer opgeslaan en daarteen skanse rondom gebou.

5 En die stad is beleër tot die elfde jaar van die koning Sedekía.

6 In die vierde maand, op die negende van die maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,

7 is in die stad ingebreek,en al die krygsmanne het gevlug en in die nag uit die stad getrek deur die poort, tussen die twee mure wat by die koning se tuin is, terwyl die Chaldeërs rondom teen die stad was; en hulle het getrek op pad na die Vlakte toe.

8 Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi.

9 Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla, in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.

10 En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë gedood. En hy het ook al die vorste van Juda in Ribla gedood.

11 En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei; daarna het die koning van Babel hom na Babel gebring en hom in die gevangenis gesit tot die dag van sy dood toe.

12 En in die vyfde maand, op die tiende van die maand — dit was die negentiende jaar van koning Nebukadrésar, die koning van Babel — het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, wat voor die koning van Babel gestaan het, in Jerusalem gekom;

13 en hy het die huis van dieHereen die paleis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem en elke groot huis met vuur verbrand.

14 En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het al die mure van Jerusalem rondom omgegooi.

15 En uit die armes van die volk en die deel van die volk wat nog in die stad oor was, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het —die oorblyfsel van die menigte, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer.

16 Maar uit die armes van die land het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers.

17 Verder het die Chaldeërsdie koperpilare wat in die huis van dieHerewas, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van dieHerewas, stukkend gebreek en al die koper daarvan na Babel weggevoer.

18 Ook het hulle weggeneem die potte en die skoppe en die messe en die komme en die rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is.

19 En die owerste van die lyfwag het weggeneem die skottels en die vuurpanne en die komme en die potte en die kandelaars en die rookpanne en die bekers — wat van pure goud en wat van pure silwer was;

20 die twee pilare, die een see en die twaalf koperbeestedaaronder;die afspoelwaentjies wat koning Salomo vir die huis van dieHeregemaak het — die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.

21 Wat betref die pilare, agttien el was die hoogte van een pilaar,en ’n lyn van twaalf el kon dit omspan; en sy dikte was vier vinger; dit was hol.

22 En ’n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met granaatjies.

23 En van die granaatjies was ses-en-negentig sigbaar; al die granaatjies was honderd op die vlegwerk rondom.

24 Verder het die owerste van die lyfwag Serája,die hoofpriester, geneem, en Sefánja, die tweede priester, endie drie drumpelwagters.

25 En uit die stad het hy geneem een hofdienaar wat oor die krygsmanne aangestel was,en sewe man uit die wat die koning se aangesig gesien het, wat in die stad aanwesig was; en die skrywer van die leërowerste wat die mense van die land vir krygsdiens opgeroep het, en sestig man van die mense van die land wat binne-in die stad aanwesig was.

26 En Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, het hulle geneem en hulle na die koning van Babel, na Ribla gebring.

27 En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. So is dan Juda uit sy land in ballingskap weggevoer.

28 Dit is die mense wat Nebukadrésar in ballingskap weggevoer het:in die sewende jaar, drieduisend-drie-en-twintig Jode;

29 in die agttiende jaar van Nebukadrésar, uit Jerusalem agthonderd-twee-en-dertig siele;

30 in die drie-en-twintigste jaar van Nebukadrésar het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, van die Jode sewehonderd-vyf-en-veertig siele in ballingskap weggevoer. Al die siele is vierduisend-seshonderd.

31 En in die sewen-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof vanJójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring.

32 En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel vandie konings wat by hom in Babel was.

33 En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

34 En aangaande sy lewensonderhoud, ’n vaste lewensonderhoud is hom toegestaan deur die koning van Babel, na die eis van elke dag, tot die dag van sy dood toe, al die dae van sy lewe.

JESAJA 1

’n Sondige volk word geoordeel.

1 DIEgesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae vanUssía,Jotam,AgasenHiskía, die konings van Juda.

2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want dieHerespreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.

3 ’n Os ken sy besitter en ’n esel die krip van sy eienaar,maarIsraelhet geen kennis nie, my volkverstaan nie.

4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het dieHereverlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.

5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.

6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie,maarwonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.

7 Julle land is ’n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ’n wildernis soos by ’n omkering deur vreemdes.

8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ’n skermpie in ’n wingerd, soos ’n slaapplekkie in ’n komkommertuin, soos ’n beleërde stad.

9 As dieHerevan die leërskare vir ons nie’n klein oorblyfsel oorgelaat het nie — soosSodom sou ons geword het, ons sou net soosGomorra gewees het.

10 Hoor die woord van dieHere, owerstes vanSodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!

11 Wat het Ek aandie menigte van julle slagoffers? sê dieHere. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.

12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis — ommy voorhowe te vertrap?

13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My.Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste —Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!

14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ’n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.

15 En as julle jul hande uitbrei,bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie:julle hande is vol bloed.

16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

17 leer om goed te doen,soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak vandie weduwee.

18 Kom nou enlaat ons die saak uitmaak, sê dieHere: al was julle sondes soos skarlaken,dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word;want die mond van dieHerehet dit gespreek.

21 Ag, hoe het die getroue vesting’n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag — en nou moordenaars!

22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.

23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hullehet omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na.Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

24 Daarom spreek die HereHerevan die leërskare, die Magtige van Israel:oWee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!

25 En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.

26 En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ’n stad van geregtigheid,’n getroue vesting genoem word.

27 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

28 Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat dieHereverlaat, sal omkom.

29 Want hulle sal in die skande kom weensdie terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oordie tuine wat julle verkies het.

30 Want julle sal wees soos’n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos ’n tuin wat geen water het nie.

31 En die sterke word tot vlas en sy werk tot ’n vonk, enhulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.

JESAJA 2

Deur strafgerig tot verheerliking.

1 DIE woord watJesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.

2 Enaan die einde van die dae sal die berg van die huis van dieHerevasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, enal die nasies sal daarheen toestroom.

3 En baie volke sal heengaan en sê:Kom laat ons optrek na die berg van dieHere, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van dieHereuit Jerusalem.

4 En Hy sal oordeel tussen dienasies en regspreek oor baie volke; enhulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, enhulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van dieHere!

6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en vangoëlaarssoos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.

7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land isvol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.

8 Ook is hulle landvol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.

9 So moet dandie mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.

10 Gaan in die rots en steek jou weg in die grondvanweë die skrik van dieHereen om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.

11 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; endieHerealleen salin dié dag verhewe wees.

12 Want ’n dag is daar vir dieHerevan die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;

13 en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;

14 enoor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;

15 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;

16 en oor aldie skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.

17 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en dieHerealleen sal in dié dag verhewe wees.

18 En die afgode sal geheel en al verdwyn.

19 Enhulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grondvanweë die skrik van dieHereen om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

20 In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;

21 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van dieHereen om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

22 Laat staan tog diemens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!

JESAJA 3

1 WANT kyk, die HereHerevan die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneemdie stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,

2 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;

3 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.

4 EnEk sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.

5 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.

6 As’n man sy broer aangryp in die huis van sy vaderen sê:Jy het ’n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees —

7 dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie ’n owerste van die volke nie.

8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen dieHereom sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.

9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend,soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!

10 Sê van die regverdigedat dit met hom goed sal gaan; wantdie vrug van hul handelinge sal hulle eet.

11 Wee die goddelose!Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.

12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle.oMy volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.

13 DieHerestaan daarom ’n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.

14 DieHeregaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.

15 Wat is dit met julle dat jullemy volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die HereHerevan die leërskare.

16 Verder het dieHeregesê:Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,

17 daarom sal dieHeredie skedel van die dogters van Sion skurf maak, en dieHeresal hulle skaamte ontbloot.

18 In dié dag sal dieHerewegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en diemaantjies;

19 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;

20 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;

21 die vingerringe en die neusringe;

22 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;

23 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.

24 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ’n gordel ’n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ’n pronkgewaad ’nroukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.

25 Jou manne,o Sion,sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.

26 Ensy poorte sal klaag en treur, en hysal uitgeskud op die aarde sit.

JESAJA 4

1 ENin dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.

2 In dié dagsal die Spruit van dieHerewees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.

3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, diésal heilig genoem word, elkeenwat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem —

4 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.

5 Dan skep dieHereoor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms’n wolk bedags en rook metdie glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ’n beskutting wees.

6 En daar sal ’n afdak wees vir ’n skaduwee bedags teen die hitte envir ’n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.

JESAJA 5

Die strafgerig van God oor sy bedorwe volk.

1 LAAT my tog sing vanmy Beminde; ’n lied van my Beminde oorsy wingerd! My Beminde het ’n wingerd op ’n vrugbare heuwel.

2 EnHy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ’n toring daar binne-in gebou en ook ’n parskuip daarin uitgekap; enHy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.

3 Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen My en my wingerd.

4 Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe voortgebring?

5 Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word.

6 En Ek sal dit ’n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.

7 Wantdie wingerd van dieHerevan die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!

8 Wee hulle wathuis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.

9 In my orehetdieHerevan die leërskaregespreek:Waarlik, baie huise sal ’n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.

10 Want tien morg wingerd sal een enkelebat oplewer, en ’n homer saad sal ’nefa opbring.

11 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly terwyl die wyn hulle verhit.

12 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maarop die dade van dieHeregee hulle geen ag nie, endie werk van sy hande sien hulle nie.

13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

14 Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is.

15 Dan worddie mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder.

16 Maarhoog sal dieHerevan die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.

17 En daar sal lammers wei soos op hulle eie weiveld, enrondtrekkers sal die puinhope vandie ryk mense laat afeet.

18 Wee hulle wat die ongeregtigheid nader trek met koorde van goddeloosheid, en die sonde soos met wa-toue;

19 wat sê: Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken!

20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

21 Wee hulle watin eie oë wys en na eie oordeel verstandig is.

22 Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;

23 wat vir’n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.

24 Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van dieHerevan die leërskare verwerp het en die woord vandie Heilige van Israelverag het.

25 Daarom het die toorn van dieHereontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek.

26 En Hy sal ’n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hyfluit vir diévolkdaaraan die einde van die aarde; en kyk, gou, haastig kom hulle.

27 Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie;

28 wie se pyle skerp is en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos ’n klipsteen en hulle wiele soos ’n stormwind.

29 Hulle gebrul is soos dié van ’n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.

30 Enin dié dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemanddie aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.

JESAJA 6

Jesaja as profeet geroep.

1 IN die sterfjaar van koningUssíahet ek die Here sien sit op ’n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen hetses vlerke gehad:met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.

3 En die een het die ander toegeroep en gesê:Heilig, heilig, heilig is dieHerevan die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, endie huis het vol rook geword.

5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, dieHerevan die leërskare, gesien!

6 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ’n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar af geneem het,

7 en my monddaarmeeaangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.

8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.

10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

11 Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ’n wildernis,

12 en dieHeredie mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.

13 En as nog’n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting;maarsoos by die terpentynboom en die eikeboom — as hulle omgekap word — ’n stomp oorbly, so saldie heilige geslag die stomp daarvan wees.