JEREMIA 51

1 SO sê dieHere: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van „die Hart van my Teëstanders”die gees van ’n verwoester.

2 En Ek sal vir Babelwanners stuur wat hom sal uitwan en sy land leegskud; want hulle lê rondom teen hom op die dag van onheil.

3 Laat die skutter sy boog span teen hom wat span, en teen die een wat hom in sypantser verhef; en spaar sy jongmanne nie, tref sy ganse leër met die banvloek!

4 So sal daar dan gesneuweldes val in die land van die Chaldeërs en die wat deurboor is, op sy strate.

5 WantIsrael en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur dieHerevan die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.

6 Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; wantdit is die tyd van wraak vir dieHere:Hy gee hom sy verdiende loon.

7 Babel wasin die hand van dieHere’n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het;die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasiesrasend geword.

8 Skielik het Babel geval en is verbreek.Huil oor hom;gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.

9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land;want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.

10 DieHerehet ons geregtighede te voorskyn gebring; kom enlaat ons in Sion vertel die werk van dieHereonse God!

11 Maak skerp die pyle, vat die skilde!DieHerehet die gees van die konings vanMedië opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes;want dit is die wraak van dieHere, die wraak van sy tempel.

12 Hef ’n banier op teen die mure van Babel,versterk die wagposte, sit wagte uit, hou hinderlae klaar; want soos dieHereHom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van Babel gespreek het.

13 Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is, jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word.

14 DieHerevan die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou’n vreugdegeroep aanhef.

15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand —

16 as Hy sy stem laat hoor, is daar ’n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan uit sy voorraadskure.

17 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die beeld; want sy gegote beeld is ’n leuen, en daar is geen gees in hulle nie.

18 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.

19 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, enIsraelis die stam van sy erfenis;Herevan die leërskare is sy Naam.

20 Jy is vir My ’n hamerenoorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes Ek koninkryke.

21 En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.

22 En Met jou verbrysel Ek man en vrou; en met jou verbrysel Ek grysaard en seun; en met jou verbrysel Ek die jongman en die jongedogter.

23 En met jou verbrysel Ek die herder en sy trop vee; en met jou verbrysel Ek die landbouer en sy twee osse; en met jou verbrysel Ek goewerneurs en owerstes.

24 Maar Ek sal voor julle oë aan Babel en aan al die inwoners van Chaldéa vergelde al hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het, spreek dieHere.

25 Kyk, Ek het dit teen jou,o berg wat verwoes, spreek dieHere; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak’n afgebrande berg.

26 En hulle sal uit jou geen klip neem vir ’n hoek of ’n klip virfondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek dieHere.

27 Hef ’n banier op oor die aarde,blaas die basuin onder die nasies, heilig nasies teen hom, roep teen hom opdie koninkryke van Árarat, Minni en Áskenas, stel ’nkommandant teen hom aan, laat perde optrek soos stekerige sprinkane!

28 Heilig nasies teen hom, die konings van Medië, die goewerneurs en al die owerstes daarvan, ja, die hele land van sy heerskappy.

29 Dan bewe die aarde en krimp inmekaar;want die gedagtes van dieHerekom tot stand teen Babel, om die land van Babel’n woesteny te maak, sonder inwoner.

30 Die helde van Babel het opgehou om te veg, hulle het gebly in die bergvestings; hulle mag het verdwyn, hulle het vroue geword. Hulle het sy wonings aan die brand gesteek,sy grendels is verbreek.

31 Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Babel bekend te maak dat sy stadvan alle kante ingeneem is;

32 en dat die driwwe beset is, en hulle die rietvleie met vuur verbrand het, en die krygsmanne verskrik is.

33 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog ’n kort rukkie,dan kom die oestyd vir hom.

34 Nebukadrésar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit soos ’n leë skottel; hy het my verslind soos’n draak; hy het sy buik met my lekkernye gevul;hy het my weggestoot.

35 Laat die inwoners van Sion sê: Die geweld en die verminking wat my aangedoen is, is op Babel! En laat Jerusalem sê: My bloed is op die inwoners van Chaldéa!

36 Daarom, so sê dieHere: Kyk,Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.

37 En Babelsal kliphope word, ’n lêplek van jakkalse,’n voorwerp van verbasing en bespotting, sonder inwoner.

38 Almal saam brul hulle soos jong leeus, brom soosklein leeutjies.

39 As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en ’n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek dieHere.

40 Ek sal hulle afbring soos lammers om geslag te word, soos ramme saam metbokke.

41 Hoe isSesag ingeneem endie roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel ’n voorwerp van verbasing geword onder die nasies!

42 Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.

43 Sy stede het ’n woesteny geword, ’n dor land en ’n wildernis; ’n land waar niemand in woon nie, en waar geen mensekind deurtrek nie.

44 En Ek sal besoeking doen oorBel in Babel en uit sy mond uithaalwat hy verslind het; en geen nasies sal meer na hom toestroom nie. Ook val die muur van Babel.

45 Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van dieHere!

46 En laat julle hart nie week wees, sodat julle bevrees word by die tyding wat in die land gehoor word nie, as daar ’n tyding kom in dieeenjaar, en daarna ’n tyding in dieanderjaar, en daar geweld is in die land, heerser teen heerser.

47 Daarom, kyk, daar kom dae datEk besoeking sal doen oor die gesnede beelde van Babel; en sy hele land sal beskaamd staan, en al sy gesneuweldes sal daarin val.

48 Dan sal oor Babeljuig hemel en aarde en alles wat daarin is;want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek dieHere.

49 Ook Babel moet val, o gesneuweldes van Israel, soos ook vir Babel geval het die gesneuweldes van die hele aarde.

50 Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan dieHereuit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!

51 Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek;want vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die huis van dieHere.

52 Daarom kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.

53 Al sou Babel indie hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk — van My af sal verwoesters oor hom kom, spreek dieHere.

54 Hoor! Geskreeu uit Babel en groot verbreking uit die land van die Chaldeërs;

55 want dieHereverwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm.

56 Want ’n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want ’n God van vergelding is dieHere; Hy sal gewis vergelde.

57 EnEk sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap ’n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam isHerevan die leërskare.

58 So sê dieHerevan die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word,sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.

59 Die woord waarmee die profeet Jeremia bevel gegee het aan Serája, die seun van Nería, die seun van Magséja, toe hy saam met Sedekía, die koning van Juda, na Babel getrek het, in die vierde jaar van sy regering. En Serája was laerkommandant.

60 En Jeremia het in ’n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom,al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is.

61 En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde;

62 en sê: oHere, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.

63 En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ’n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi

64 en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees.Tot sover die woorde van Jeremia.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

seventeen − two =