JESAJA 6

Jesaja as profeet geroep.

1 IN die sterfjaar van koningUssíahet ek die Here sien sit op ’n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen hetses vlerke gehad:met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.

3 En die een het die ander toegeroep en gesê:Heilig, heilig, heilig is dieHerevan die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, endie huis het vol rook geword.

5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ’n man onrein van lippe en woon onder ’n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, dieHerevan die leërskare, gesien!

6 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ’n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar af geneem het,

7 en my monddaarmeeaangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.

8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.

10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

11 Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ’n wildernis,

12 en dieHeredie mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.

13 En as nog’n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting;maarsoos by die terpentynboom en die eikeboom — as hulle omgekap word — ’n stomp oorbly, so saldie heilige geslag die stomp daarvan wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 3 =