JESAJA 1

’n Sondige volk word geoordeel.

1 DIEgesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae vanUssía,Jotam,AgasenHiskía, die konings van Juda.

2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want dieHerespreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.

3 ’n Os ken sy besitter en ’n esel die krip van sy eienaar,maarIsraelhet geen kennis nie, my volkverstaan nie.

4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het dieHereverlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.

5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.

6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie,maarwonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.

7 Julle land is ’n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ’n wildernis soos by ’n omkering deur vreemdes.

8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ’n skermpie in ’n wingerd, soos ’n slaapplekkie in ’n komkommertuin, soos ’n beleërde stad.

9 As dieHerevan die leërskare vir ons nie’n klein oorblyfsel oorgelaat het nie — soosSodom sou ons geword het, ons sou net soosGomorra gewees het.

10 Hoor die woord van dieHere, owerstes vanSodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!

11 Wat het Ek aandie menigte van julle slagoffers? sê dieHere. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.

12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis — ommy voorhowe te vertrap?

13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My.Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste —Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!

14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ’n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.

15 En as julle jul hande uitbrei,bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie:julle hande is vol bloed.

16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

17 leer om goed te doen,soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak vandie weduwee.

18 Kom nou enlaat ons die saak uitmaak, sê dieHere: al was julle sondes soos skarlaken,dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word;want die mond van dieHerehet dit gespreek.

21 Ag, hoe het die getroue vesting’n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag — en nou moordenaars!

22 Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.

23 Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hullehet omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na.Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

24 Daarom spreek die HereHerevan die leërskare, die Magtige van Israel:oWee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!

25 En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.

26 En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ’n stad van geregtigheid,’n getroue vesting genoem word.

27 Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

28 Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat dieHereverlaat, sal omkom.

29 Want hulle sal in die skande kom weensdie terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oordie tuine wat julle verkies het.

30 Want julle sal wees soos’n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos ’n tuin wat geen water het nie.

31 En die sterke word tot vlas en sy werk tot ’n vonk, enhulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eight + twenty =