JESAJA 3

1 WANT kyk, die HereHerevan die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneemdie stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,

2 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;

3 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.

4 EnEk sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.

5 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.

6 As’n man sy broer aangryp in die huis van sy vaderen sê:Jy het ’n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees —

7 dan sal hy in dié dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie ’n owerste van die volke nie.

8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen dieHereom sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.

9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend,soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!

10 Sê van die regverdigedat dit met hom goed sal gaan; wantdie vrug van hul handelinge sal hulle eet.

11 Wee die goddelose!Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.

12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle.oMy volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak.

13 DieHerestaan daarom ’n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.

14 DieHeregaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.

15 Wat is dit met julle dat jullemy volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die HereHerevan die leërskare.

16 Verder het dieHeregesê:Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,

17 daarom sal dieHeredie skedel van die dogters van Sion skurf maak, en dieHeresal hulle skaamte ontbloot.

18 In dié dag sal dieHerewegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en diemaantjies;

19 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;

20 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;

21 die vingerringe en die neusringe;

22 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;

23 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.

24 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ’n gordel ’n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ’n pronkgewaad ’nroukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.

25 Jou manne,o Sion,sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.

26 Ensy poorte sal klaag en treur, en hysal uitgeskud op die aarde sit.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

five + nine =