JEREMIA 19

Verbreking van die pottebakkerskruik. Verwoesting van Jerusalem.

1 SO sê dieHere: Gaan koop vir jou’n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk enoudstes uit die priesters.

2 En gaan uit nadie dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek.

3 En jy moet sê: Hoor die woord van dieHere,o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, seore sal tuit;

4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het — hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.

5 En hulle het die hoogtes van Baäl gebouom hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl —iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie.

6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat hierdie plek nie meer sal genoem wordTofet endie dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.

7 En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek;en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

8 EnEk sal hierdie stad maak ’n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.

9 EnEk sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.

10 Danmoet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,

11 en vir hulle sê: So spreek dieHerevan die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ’n mens ’n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie;en hulle sal inTofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.

12 So sal Ek met hierdie plek maak, spreek dieHere, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soosTofet.

13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein;naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel endrankoffers uitgegiet het vir ander gode.

14 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen dieHerehom gestuur het om te profeteer,en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van dieHereen aan die hele volk gesê:

15 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

JEREMIA 20

Jeremia word deur die priester Pashur geslaan en in die blok gesit.

1 EN Pashur, die seun vanImmer, die priester —wat hoofopsigter was in die huis van dieHere— het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.

2 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat indie Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van dieHere.

3 Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: DieHerenoem jou nie Pashur nie, maar Skrik — rondom!

4 Want so spreek dieHere: Kyk, Ek maak jou ’n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.

5 Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem enna Babel bring.

6 En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het.

7 Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin;ek was ’n belagging die hele dag, almal saam spot met my.

8 Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep:Geweld en verdrukking! — omdat die woord van dieHerevir my ’n smaad en spot geword het die hele dag.

9 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word ditin my hart soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.

10 Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val;hulle sê:Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.

11 Maar dieHereis met my soos ’n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie,’n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.

12 Maar,Herevan die leërskare,wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien — laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.

13 Sing tot eer van dieHere, prys dieHere! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.

14 Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.

15 Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is ’n seun gebore — waardeur hy hom grootliks verbly het.

16 Ja, laat dié man wees soosdie stede wat dieHereomgekeer het sonder dat dit Hom berou het;en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,

17 omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie.

18 Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?

JEREMIA 21

Aankondiging van die verwoesting van Jerusalem deur Nebukadrésar.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het toe Sedekía, die koning,Pashur, die seun van Malkía, enSefánja, die seun van Maäséja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:

2 Raadpleeg tog dieHerevir ons, wantNebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal dieHeremet ons handel volgens alsy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.

3 Toe het Jeremia vir hulle gesê: So moet julle vir Sedekía sê:

4 So spreek dieHere, die God van Israel: Kyk,Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.

5 En Ek self sal teen julle oorlog voermet ’n uitgestrekte hand en ’n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap.

6 En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee — aan ’n groot pes sal hulle sterwe.

7 En daarna, spreek dieHere,sal Ek Sedekía, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk — die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood — oorgee in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard;hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.

8 En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek dieHere: Kyk,Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood:

9 hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe,en sy lewe sal vir hom ’n buit wees.

10 WantEk het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek dieHere.Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel,en hy sal dit met vuur verbrand.

11 En aan die huis van die koning van Judamoet jy sê:Hoor die woord van dieHere,

12 o huis van Dawid! So spreek dieHere: Verskaf regin die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos ’n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

13 Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek dieHere. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?

14 En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek dieHere; en Ek sal ’n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.

JEREMIA 22

Profesie teen die koninklike huis van Juda.

1 SO sê dieHere: Gaan af in die huis van die koning van Juda en spreek daar hierdie woord

2 en sê:Hoor die woord van dieHere, o koning van Juda, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan.

3 So spreek dieHere:Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweldaan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.

4 Want as julle hierdie saak sorgvuldig doen,sal deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk.

5 Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie,dan sweer Ek by Myself, spreek dieHere, dat hierdie huis ’n puinhoop sal word.

6 Want so sê dieHereaangaande die huis van die koning van Juda: ’n Gílead is jy vir My, die top van die Líbanon. Waarlik, Ek sal jou ’n woestyn maak, stede wat nie bewoon word nie!

7 En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal joubeste seders afkap en in die vuur gooi.

8 Dan sal baie nasies by hierdie stad verbytrek en die een aan die ander vra:Waarom het dieHereso gedoen met hierdie groot stad?

9 En hulle sal sê: Omdat hulle die verbond van dieHerehulle God verlaat het en voor ander gode hulle neergebuig en dié gedien het.

10 Ween nie oor die dooie en beklaag hom nie; ween lieweroor hom wat heengegaan het, want hy sal nie meer terugkom nie en die land van sy geboorte nie sien nie.

11 Want so sê dieHereaangaandeSallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;

12 wantin die plek waarheen hulle hom as gevangene weggevoer het, sal hy sterwe, en hierdie land sal hy nie meer sien nie.

13 Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg;wat sy naaste laat werkvir niks en hom sy loon nie gee nie;

14 wat sê: Ek sal vir my ’n groot huis bou en ruim dakkamers — en hy bou vir hom sy vensters in; en hy oordek dit met sederhout en bestryk dit met rooiminie.

15 Is jy ’n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrinken reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan.

16 Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nieMy erken nie? spreek dieHere.

17 Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.

18 Daarom sê dieHereso vanJójakim, die seun van Josía, koning van Juda:Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of — ag, suster! nie Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of — ag, majesteit! nie.

19 Met ’n eselsbegrafnis sal hy begrawe word —weggesleep en neergegooi ver van die poorte van Jerusalem af.

20 Klim op die Líbanon en skreeu, en laat in Basan jou stem hoor,ja, skreeu vandie gebergteAbárim af, want al jou minnaars is verbreek.

21 Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus,maarjy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

22 Die wind sal aljou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.

23 Jy wat sit op die Líbanon, vasgenestel in die seders — hoe sal jy sug as weë oor jou kom, smart soos van een wat baar!

24 So waar as Ek leef, spreek dieHere, al wasGonja, die seun van Jójakim, koning van Juda,’n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,

25 en Ek sal jou gee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, naamlik in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van die Chaldeërs.

26 En Ek sal jou wegslinger, saam met jou moeder wat jou gebaar het, na ’n ander land waar julle nie gebore is nie, en daar sal julle sterwe.

27 Maar na die land waar hulle siel na verlang om daarin terug te kom, daarheen sal hulle nie teruggaan nie.

28 Is hierdie man Gonja ’n veragte, verbryselde voorwerp,of ’n ding waar ’n mens geen behae in het nie? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggewerp in ’n land wat hulle nie ken nie?

29 oLand, land, land, hoor die woord van dieHere!

30 So sê dieHere: Skryf hierdie man op askinderloos, ’n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sitop die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie.

JEREMIA 23

1 WEEdie herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek dieHere.

2 Daarom, so sê dieHere, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek dieHere.

3 EnEk self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.

4 En Ek salherders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek dieHere.

Die Spruit van Dawid.

5 KYK, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek vir Dawid ’n regverdigeSpruit sal verwek,en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg engeregtigheid doen in die land.

6 In sy dae sal Juda verlos word enIsrael veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HEREONS GEREGTIGHEID.

7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat hulle nie meer sal sê: So waar as dieHereleef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,

8 maar: So waar as dieHereleef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.

Teen die valse profete.

9 WAT die profete betref — my hart is gebreek in my binneste,my hele gebeente sidder; ek is soos ’n dronk man en soos ’n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë dieHereen sy heilige woorde.

10 Want die land is vol owerspelers;want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.

11 Wantprofeet sowel as priester is goddeloos;selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek dieHere.

12 Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val.Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek dieHere.

13 Ek het wel by die profete vanSamaría aanstootlike dinge gesien:hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;

14 maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is:hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens,en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My gewordsoos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.

15 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wildeals eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.

16 So sê dieHerevan die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge;gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van dieHerenie.

17 Hulle sê gedurig aan my veragters: DieHerehet gespreek:Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle:Geen onheil sal oor julle kom nie.

18 Wantwie het in die raad van dieHeregestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?

19 Kyk, ’n storm van dieHere, grimmigheid het uitgegaan, ja, ’n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.

20 Die toorn van dieHeresal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

21 Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.

22 Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hooren hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.

23 Is Ek ’n God van naby, spreek dieHere,en nie ’n God van ver nie?

24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek dieHere.Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek dieHere.

25 Ek het gehoor wat die profete sê,wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!

26 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart —

27 is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel,soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?

28 Die profeet by wie ’n droom is, laat hom ’n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek dieHere.

29 Is my woord nie só, soos ’n vuur, spreek dieHere, en soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel nie?

30 Daarom,kyk, Ek het dit teen die profete, spreek dieHere, wat my woorde steel, die een van die ander.

31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek dieHere, wat hulle eie tong gebruik en sê:DieHerespreek!

32 Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek dieHere, en dit rondvertel enmy volk verlei met hulle leuens enhulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek dieHere.

33 As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê:Wat het dieHeregelas? — dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek dieHere.

34 En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: DieHerehet gelas — oor dié man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.

35 So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het dieHeregeantwoord? En wat het dieHeregespreek?

36 Maar van: dieHerehet gelas — mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde vandie lewende God, van dieHerevan die leërskare, onse God.

37 So moet jy aan die profeet sê: Wat het dieHerejou geantwoord? En wat het dieHeregespreek?

38 Maar as julle sê: DieHerehet gelas — daarom, so spreek dieHere: Omdat julle hierdie woord sê: DieHerehet gelas — alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: DieHerehet gelas nie —

39 daarom, kyk,Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van my aangesig af wegwerp;

40 en Ek sal julle ’n ewige smaad oplê en ’n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.

JEREMIA 24

Die twee mandjies vye: die toekoms van die volk.

1 DIEHerehet my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van dieHere— nadatNebukadrésar, die koning van Babel,Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda,en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.

2 In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.

3 En dieHerehet vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.

4 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

5 So spreek dieHere, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërsweggestuur het;

6 en Ek sal my oog op hulle slaan ten goedeen hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.

7 EnEk sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek dieHereis;en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

8 En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet — waarlik, so sê dieHere— só sal EkSedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die watin Egipteland woon;

9 en Ek sal hulle ’n skrikbeeld maak, ’n onheil vir al die koninkryke van die aarde, ’n smaad en’n spreekwoord, ’n spot en ’n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;

10 en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.

JEREMIA 25

Die beker van die toorn van God waaruit Babel en die volke op die ry af moet drink ná die ballingskap.

1 DIE woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda,in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda — dit was die eerste jaar van Nebukadrésar, die koning van Babel —

2 waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het:

3 Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag — nou drie-en-twintig jaar lank — het die woord van dieHeretot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.

4 Ook het dieHereal sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat — maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie —

5 met die woorde:Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge,en woon in die land wat dieHereaan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;

6 en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie metdie werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.

7 Maar julle het na My nie geluister nie, spreek dieHere— om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.

8 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie,

9 laat Ekal die geslagte van die Noorde haal, spreek dieHere, en Nebukadrésar, die koning van Babel,my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak ’n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.

10 En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid,die geluidvan die handmeul endie lig van die lamp.

11 En hierdie hele land sal ’n puinhoop, ’n woesteny word;en hierdie nasies sal die koning van Babelsewentig jaar lank dien.

12 En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek dieHere, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.

13 En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het — alles wat geskrywe isin hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.

14 Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.

15 Want so het dieHere, die God van Israel, vir my gesê:Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,

16 dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur.

17 En ek het die beker uit die hand van dieHeregeneem enal die volke laat drink na wie dieHeremy gestuur het;

18 naamlikJerusalem en die stede van Juda en sy konings en sy vorste, om hulle te maak ’n puinhoop, ’n voorwerp van verbasing, van bespotting en van vervloeking soos dit vandag is;

19 Farao, die koning van Egipte, en sy dienaars en sy vorste en sy hele volk;

20 en diehele gemengde bevolking en al die konings vandie land Us; en al die konings vandie land van die Filistyne, en Áskelon en Gasa en Ekron en die oorblyfsel van Asdod;

21 Edom enMoab en die kinders vanAmmon;

22 en al die konings vanTirus en al die koningsvan Sidon en al die konings van die kusland watoorkant die see is;

23 Dedan en Tema en Bus en almal wat die randvan hulle harewegskeer;

24 en al die konings van Arabië en al die konings vandie gemengde bevolking wat in die woestyn woon;

25 en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Medië;

26 en al die koningsvan die Noorde wat naby en ver is, die een ná die ander; ja, al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. En die koning vanSesag sal ná hulle drink.

27 En jy moet vir hulle sê: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.

28 En as hulle weierom die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek dieHerevan die leërskare: Drink sál julle!

29 Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile — en sal júlle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek dieHerevan die leërskare.

30 Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: DieHeresal brul uit die hoogte en sy stem verhef uitsy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ’n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.

31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde,want dieHerehet ’n twis met die nasies,Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose — aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek dieHere.

32 So sê dieHerevan die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en ’n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.

33 En die wat deur dieHereverslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde;hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.

34 Huil,o herders, en skreeu, en wentel jullein die as,julle maghebbers van die kudde; want vol is julle dae om geslag te word, en Ek sal julle verbrysel, en julle sal val soos ’n kosbare voorwerp.

35 Dan sal daar geen toevlug wees vir die herders en geen ontkoming vir die maghebbers van die kudde nie.

36 Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat dieHerehulle kudde verwoes.

37 En die weivelde van vrede word verwoes weens die toorngloed van dieHere.

38 Hy het soos ’n jong leeu sy lêplek verlaat; want hulle land het ’n woesteny geword weens die gewelddadige swaard, ja, weens sy toorngloed.

JEREMIA 26

Jeremia voorspel die verwoesting van tempel en stad. Hierom meen hulle dat hy tot die dood veroordeel moet word.

1 IN die begin van die regering van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het hierdie woord van dieHeregekom:

2 So sê dieHere:Gaan staan in die voorhof van die huis van dieHere, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van dieHere, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê;laat geen woord weg nie.

3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg;dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

4 Sê dan vir hulle: So spreek dieHere:As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,

5 om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg én laat, sonder dat julle geluister het,

6 dan sal Ek hierdie huis maaksoos Silo, en hierdie stad sal Ek maak’n vervloekingvir al die nasies van die aarde.

7 En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van dieHere.

8 En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat dieHerebeveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!

9 Waarom het jy in die Naam van dieHeregeprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word,sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van dieHere.

10 Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van dieHere; en hulle het gaan sit by die ingang vandie Nuwe Poort van die huis van dieHere.

11 En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood,want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.

12 Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: DieHerehet my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.

13 Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van dieHerejulle God; dan sal dit dieHereberou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.

14 Maar ek, kyk, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.

15 Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want dieHerehet my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.

16 Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van dieHereonse God.

17 Ook het daar manne opgestaan uitdie oudstes van die land, en hulle het die hele vergadering van die volk toegespreek en gesê:

18 Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hiskía, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek dieHerevan die leërskare:Sion sal soos ’n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.

19 Het Hiskía, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood?Het hy nie dieHeregevrees en dieHereom genade gesmeek, sodat dit dieHereberou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele ’n groot onheil te berokken!

20 En daar was ook ’n man wat in die Naam van dieHeregeprofeteer het, Uría, die seun van Semája, van Kirjat-Jeárim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.

21 Maartoe koning Jójakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Uría het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom.

22 Toe stuur koning Jójakim manne na Egipte,Élnatan, die seun van Akbor, en manne saam met hom, na Egipte toe.

23 Dié het Uría uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jójakim gebring; en hy het hommet die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.

24 Maar die hand vanAhíkam, die seun vanSafan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.

JEREMIA 27

Jeremia se raad is onderwerping aan die koning van Babel.

1 IN die begin van die regering vanSedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van dieHerehierdie woord tot Jeremia gekom:

2 So het dieHerevir my gesê: Maak vir jou stroppe enjukke, en sit dit op jou nek;

3 en stuur dit na die koning vanEdom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;

4 en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê:

5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, enEk gee dit aan wie dit reg is in my oë.

6 En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel,my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.

7 En al die nasies sal hom dien ensy seunen sy seun se seun,totdat die tyd van sý land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings.

8 En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie — oor daardie nasie sal Ek, spreek dieHere, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het.

9 Júlle moet dan nie luister na julle profeteen na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.

10 Want hulle profeteer leuens vir julle om julle ver te laat wees uit julle land, sodat Ek julle verdrywe en julle omkom.

11 Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek dieHere, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.

12 Daarna het ek metSedekía, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesê: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe.

13 Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos dieHeregespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?

14 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.

15 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek dieHere, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.

16 Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek dieHere: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk,die voorwerpe van die huis van dieHeresal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.

17 Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad ’n puinhoop word?

18 Maar as hulle profete is, en as die woord van dieHereby hulle is,laat hulle tog dieHerevan die leërskare dringend smeek,dat die voorwerpe wat in die huis van dieHereen die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.

19 Want so sê dieHerevan die leërskare vandie pilare en van die see en van dieafspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,

20 wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie weggeneem het nietoe hy Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem —

21 want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van dieHereen die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:

22 Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek dieHere, en dit opvoer enterugbring na hierdie plek.

JEREMIA 28

Stryd van Jeremia teen die valse profeet Hanánja.

1 EN in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van dieHerein teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:

2 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.

3 In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van dieHerewat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.

4 Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek dieHere; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.

5 Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van dieHeregestaan het,

6 en die profeet Jeremia het gesê:Amen, laat dieHereso doen! Laat dieHerevervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van dieHereen al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!

7 Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:

8 Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.

9 Die profeet wat profeteervan vrede — as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat dieHerewaarlik gestuur het.

10 Daarop het die profeet Hanánja diejuk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.

11 En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek dieHere: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar,van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.

12 Maar die woord van dieHerehet tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremiaafgeneem enverbreek het, en gesê:

13 Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek dieHere: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.

14 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel:Ek het ’n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasiesom Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien;ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.

15 En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja!DieHerehet jou nie gestuur nie, maar jý het hierdie volkop leuens laat vertrou.

16 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van dieHereverkondig het.

17 En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.