JEREMIA 19

Verbreking van die pottebakkerskruik. Verwoesting van Jerusalem.

1 SO sê dieHere: Gaan koop vir jou’n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk enoudstes uit die priesters.

2 En gaan uit nadie dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek.

3 En jy moet sê: Hoor die woord van dieHere,o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, seore sal tuit;

4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het — hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.

5 En hulle het die hoogtes van Baäl gebouom hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl —iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie.

6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat hierdie plek nie meer sal genoem wordTofet endie dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.

7 En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek;en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

8 EnEk sal hierdie stad maak ’n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.

9 EnEk sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.

10 Danmoet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,

11 en vir hulle sê: So spreek dieHerevan die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ’n mens ’n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie;en hulle sal inTofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.

12 So sal Ek met hierdie plek maak, spreek dieHere, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soosTofet.

13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein;naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel endrankoffers uitgegiet het vir ander gode.

14 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen dieHerehom gestuur het om te profeteer,en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van dieHereen aan die hele volk gesê:

15 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × five =