JEREMIA 26

Jeremia voorspel die verwoesting van tempel en stad. Hierom meen hulle dat hy tot die dood veroordeel moet word.

1 IN die begin van die regering van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het hierdie woord van dieHeregekom:

2 So sê dieHere:Gaan staan in die voorhof van die huis van dieHere, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van dieHere, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê;laat geen woord weg nie.

3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg;dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

4 Sê dan vir hulle: So spreek dieHere:As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,

5 om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg én laat, sonder dat julle geluister het,

6 dan sal Ek hierdie huis maaksoos Silo, en hierdie stad sal Ek maak’n vervloekingvir al die nasies van die aarde.

7 En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van dieHere.

8 En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat dieHerebeveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!

9 Waarom het jy in die Naam van dieHeregeprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word,sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van dieHere.

10 Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van dieHere; en hulle het gaan sit by die ingang vandie Nuwe Poort van die huis van dieHere.

11 En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood,want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.

12 Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: DieHerehet my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.

13 Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van dieHerejulle God; dan sal dit dieHereberou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.

14 Maar ek, kyk, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.

15 Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want dieHerehet my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.

16 Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van dieHereonse God.

17 Ook het daar manne opgestaan uitdie oudstes van die land, en hulle het die hele vergadering van die volk toegespreek en gesê:

18 Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hiskía, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek dieHerevan die leërskare:Sion sal soos ’n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.

19 Het Hiskía, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood?Het hy nie dieHeregevrees en dieHereom genade gesmeek, sodat dit dieHereberou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele ’n groot onheil te berokken!

20 En daar was ook ’n man wat in die Naam van dieHeregeprofeteer het, Uría, die seun van Semája, van Kirjat-Jeárim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.

21 Maartoe koning Jójakim en al sy helde en al die vorste sy woorde hoor, het die koning probeer om hom dood te maak. Maar Uría het dit gehoor en bevrees geword en gevlug en in Egipte gekom.

22 Toe stuur koning Jójakim manne na Egipte,Élnatan, die seun van Akbor, en manne saam met hom, na Egipte toe.

23 Dié het Uría uit Egipte weggevoer en hom by die koning Jójakim gebring; en hy het hommet die swaard verslaan en sy lyk op die grafte van die gewone mense gegooi.

24 Maar die hand vanAhíkam, die seun vanSafan, het Jeremia beskerm, sodat hy nie oorgegee is in die hand van die volk om hom dood te maak nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × 1 =