JEREMIA 28

Stryd van Jeremia teen die valse profeet Hanánja.

1 EN in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van dieHerein teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:

2 So spreek dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.

3 In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van dieHerewat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.

4 Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek dieHere; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.

5 Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van dieHeregestaan het,

6 en die profeet Jeremia het gesê:Amen, laat dieHereso doen! Laat dieHerevervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van dieHereen al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!

7 Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:

8 Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.

9 Die profeet wat profeteervan vrede — as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat dieHerewaarlik gestuur het.

10 Daarop het die profeet Hanánja diejuk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.

11 En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek dieHere: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar,van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.

12 Maar die woord van dieHerehet tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremiaafgeneem enverbreek het, en gesê:

13 Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek dieHere: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.

14 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel:Ek het ’n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasiesom Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien;ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.

15 En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja!DieHerehet jou nie gestuur nie, maar jý het hierdie volkop leuens laat vertrou.

16 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van dieHereverkondig het.

17 En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 + nine =