JEREMIA 22

Profesie teen die koninklike huis van Juda.

1 SO sê dieHere: Gaan af in die huis van die koning van Juda en spreek daar hierdie woord

2 en sê:Hoor die woord van dieHere, o koning van Juda, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan.

3 So spreek dieHere:Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweldaan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.

4 Want as julle hierdie saak sorgvuldig doen,sal deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk.

5 Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie,dan sweer Ek by Myself, spreek dieHere, dat hierdie huis ’n puinhoop sal word.

6 Want so sê dieHereaangaande die huis van die koning van Juda: ’n Gílead is jy vir My, die top van die Líbanon. Waarlik, Ek sal jou ’n woestyn maak, stede wat nie bewoon word nie!

7 En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal joubeste seders afkap en in die vuur gooi.

8 Dan sal baie nasies by hierdie stad verbytrek en die een aan die ander vra:Waarom het dieHereso gedoen met hierdie groot stad?

9 En hulle sal sê: Omdat hulle die verbond van dieHerehulle God verlaat het en voor ander gode hulle neergebuig en dié gedien het.

10 Ween nie oor die dooie en beklaag hom nie; ween lieweroor hom wat heengegaan het, want hy sal nie meer terugkom nie en die land van sy geboorte nie sien nie.

11 Want so sê dieHereaangaandeSallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;

12 wantin die plek waarheen hulle hom as gevangene weggevoer het, sal hy sterwe, en hierdie land sal hy nie meer sien nie.

13 Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg;wat sy naaste laat werkvir niks en hom sy loon nie gee nie;

14 wat sê: Ek sal vir my ’n groot huis bou en ruim dakkamers — en hy bou vir hom sy vensters in; en hy oordek dit met sederhout en bestryk dit met rooiminie.

15 Is jy ’n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrinken reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan.

16 Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nieMy erken nie? spreek dieHere.

17 Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.

18 Daarom sê dieHereso vanJójakim, die seun van Josía, koning van Juda:Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of — ag, suster! nie Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of — ag, majesteit! nie.

19 Met ’n eselsbegrafnis sal hy begrawe word —weggesleep en neergegooi ver van die poorte van Jerusalem af.

20 Klim op die Líbanon en skreeu, en laat in Basan jou stem hoor,ja, skreeu vandie gebergteAbárim af, want al jou minnaars is verbreek.

21 Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus,maarjy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

22 Die wind sal aljou herders verstrooi, en jou minnaars sal in gevangenskap gaan; ja, dan sal jy beskaamd staan en in die skande kom weens al jou boosheid.

23 Jy wat sit op die Líbanon, vasgenestel in die seders — hoe sal jy sug as weë oor jou kom, smart soos van een wat baar!

24 So waar as Ek leef, spreek dieHere, al wasGonja, die seun van Jójakim, koning van Juda,’n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,

25 en Ek sal jou gee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, naamlik in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van die Chaldeërs.

26 En Ek sal jou wegslinger, saam met jou moeder wat jou gebaar het, na ’n ander land waar julle nie gebore is nie, en daar sal julle sterwe.

27 Maar na die land waar hulle siel na verlang om daarin terug te kom, daarheen sal hulle nie teruggaan nie.

28 Is hierdie man Gonja ’n veragte, verbryselde voorwerp,of ’n ding waar ’n mens geen behae in het nie? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggewerp in ’n land wat hulle nie ken nie?

29 oLand, land, land, hoor die woord van dieHere!

30 So sê dieHere: Skryf hierdie man op askinderloos, ’n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sitop die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 + fourteen =