JEREMIA 9

1 AG,was my hoof maar water en my oog ’n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is vandie dogter van my volk.

2 Ag, het ek in die woestyn maar ’n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; wanthulle is almal owerspelers, ’n hoop ontroue mense.

3 Enhulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens,en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek dieHere.

4 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ’n onderkruiper, en elke vriendgaan om met kwaadsprekery.

5 En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.

6 Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek dieHere.

7 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare: Kyk, Eksmelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ekandershandel vanweë die dogter van my volk?

8 Hulle tong is ’n moordpyl; dit spreek bedrog;met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.

9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek dieHere. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

10 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en ’n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en ’n mens hoor geen geluid van vee nie;die voëls van die hemel sowel as die diere — hulle het gevlug, weggetrek.

11 En Ek sal Jerusalem maak totkliphope, ’n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek ’n woesteny maak, sonder inwoner.

12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van dieHeregespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?

13 En dieHerehet gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,

14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan,waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,

15 daarom, so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk,Ek gee aan hulle, aan hierdie volk,wildeals om te eet, enEk laat hulle gifwater drink,

16 en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het.

17 So sê dieHerevan die leërskare: Let op,en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;

18 en laat hulle gou maak en oor ons ’n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water.

19 Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor:Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het.

20 Want hoor, o vroue, die woord van dieHere, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters ’n weeklag en vir mekaar ’n klaaglied.

21 Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom omdie kindersvan die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.

22 Sê dit: So spreek dieHere: En die lyke van die mense sal neervalsoos mis op die oop veld en soosgerwe agter die maaiersonder dat iemand dit versamel.

23 So sê dieHere:Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;

24 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek dieHereis wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want indié dinge het Ek ’n behae, spreek dieHere.

25 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, watnogtansonbesnede is:

26 oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die randvan hulle harewegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel isonbesnede van hart.

JEREMIA 10

Die afgode en die Here.

1 HOOR die woord wat dieHereoor julle gespreek het, o huis van Israel!

2 So sê dieHere: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie,en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.

3 Want die insettinge van die volke is nietigheid;want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl.

4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.

5 Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle:hulle kan nie praat nie; ja,hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie,maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

6 Geeneen is soos U nie, oHere! U is groot, en u Naam is groot in krag.

7 Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies enin hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.

8 Maar almal saam word hulle dom endwaas,die tugtiging van die nietige afgode — dit is hout.

9 Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere;’n werk van kunstenaars is hulle almal.

10 Maar dieHereis waarlik God, Hy isdie lewende God en ’n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie —

11 so moet julle vir hulle sê:Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie,sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit —

12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.

13 As Hy sy stem laat hoor, is daar ’n geruis van waters in die hemel;en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat wind uitgaan uit sy voorraadskure.

14 Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeldis ’n leuen,en daar is geen gees in hulle nie.

15 Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet.

16 Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, enIsrael is die stam van sy erfenis;Herevan die leërskare is sy Naam.

Voorspelling van die aanstaande gevangenskap.

17 TEL jou pak goed van die grond af op, jy wat in die beleëring vertoef.

18 Want so sê dieHere: Kyk, Ek slinger die inwoners van die land hierdie keer weg, en Ek doen hulle benoudheid aan,dat hulle kan vind.

19 Wee my vanweë my verbreking! Smartlik is my wond! Ja, ék het gesê: Waarlik, dit is ’n lyding,en ek sal dit moet dra.

20 My tent is verwoes, en al my lyne is afgeruk; my kinders het van my af weggegaan, en hulle is daar nie; daar is niemand meer wat my tent uitspan en my tentdoeke opsit nie.

21 Want die herders het dom geword en dieHerenie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.

22 Hoor! ’n Gerug.Daar kom dit, en wel ’n groot geraasuit die Noordland, om die stede van Juda ’n woesteny te maak, ’n lêplek van jakkalse.

23 Ek weet, oHere,dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

24 Tugtig my,Here, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie.

25 Stort u grimmigheid uit oor die nasies wat U nie ken nie, en oor die geslagte wat u Naam nie aanroep nie;want hulle het Jakob opgeëet, ja, hulle het hom opgeëet en hom verteer en sy woning verwoes.

JEREMIA 11

Verbondsverbreking.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het:

2 Hoor julle die woorde van hierdie verbond, en spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem

3 en sê vir hulle: So spreek dieHere, die God van Israel:Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond

4 wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland,uit die ystersmeltoond, uitgelei hetmet die woorde: Luister na my stem en doen diewoordenet soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees —

5 om te bevestigdie eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee’n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, oHere!

6 En dieHerehet vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond endoen dit.

7 Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe,vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem!

8 Nogtans het hulle nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hulle het gewandel elkeen in die verharding van sy bose hart. Daarom het Ek oor hulle gebring al die woorde van hierdie verbond wat Ek beveel het om te doen, maar wat hulle nie gedoen het nie.

9 Verder het dieHerevir my gesê:Daar is ’n sameswering ontdek onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem:

10 hulle het teruggekeer nadie ongeregtighede van hulle voorvaders wat geweier het om na my woorde te luister, en agter ander gode aan geloop om dié te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het.

11 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal kan uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.

12 Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep na die gode vir wie hulle rook laat opgaan het; maar dié sal hulle geensins verlos in die tyd van hulle onheil nie.

13 Want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda! En volgens die getal van die strate in Jerusalem het julle altare opgerig vir die skandegod, altare om vir Baäl rook te laat opgaan.

14 En jy,bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.

15 Wat het my beminde in my huis te doen, dat sydaarhaar listige plan uitvoer? Sal baie dinge enheilige vleis jou onheil van jou af wegneem? Dan kan jy jubel.

16 DieHerehet jou die naam gegee:groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte;maarby die geluid van ’n groot gedruis het Hy ’n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek.

17 Want dieHerevan die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het,om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.

Sameswering teen Jeremia.

18 EN dieHerehet my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien.

19 Maar ek wassoos ’n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweetdat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroeiuit die land van die lewendes,sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!

20 Maar, oHerevan die leërskare, regverdige Regter,wat niere enhart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.

21 Daarom, so spreek dieHereaangaande die manne van Ánatotwat jou lewe soek en sê:Jy mag nie profeteer in die Naam van dieHerenie,anders sal jy sterwe deur ons hand —

22 daarom, so spreek dieHerevan die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,

23 en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; wantEk sal onheil bring oor die manne van Ánatotin die jaar van hulle besoeking.

JEREMIA 12

1 REGVERDIG is U, oHere, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek:Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig?Waaromlewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?

2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.

3 Maar U, oHere, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle virdie dag van slagting.

4 Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!

5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in ’n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak indie pronkbosse van die Jordaan?

6 Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.

Verwoesting van die land; voorspelling van die verwoesters.

7 EK het my huis verlaat, Ek hetmy erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.

8 My erfenis het vir My geword soos ’n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.

9 Is my erfenis dan vir My ’n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.

10 Baieherders hetmy wingerd verniel,hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land ’n woeste wildernis gemaak,

11 hulle het dit ’n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is watdit ter harte neem nie.

12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van dieHereverteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.

13 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van dieHere.

14 So sê dieHere: Aangaandeal my goddelose burewat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het — kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.

15 Maar nadat Ek hulle uitgeruk het,sal Ek My weer oor hulle ontferm; enEk sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.

16 En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as dieHereleef, soos hulle my volk geleer hetom te sweer by Baäl — dan sal hulleonder my volk gebou word.

17 Maaras hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek dieHere.

JEREMIA 13

’n Linnegord as beeld van die gevangenskap.

1 SO het dieHerevir my gesê: Gaan koop vir jou’n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.

2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van dieHereen dit om my heupe gebind.

3 Toe het die woord van dieHerevir die tweede keer tot my gekom en gesê:

4 Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ’n klipskeur.

5 Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos dieHeremy beveel het.

6 En ná verloop van baie dae het dieHerevir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.

7 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.

8 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

9 So spreek dieHere: So sal Ek laat bederwedie hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.

10 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig — hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.

11 Want soos die gord kleef aan die heupe van ’n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek dieHere,om vir My te wees ’n volk en ’n roem en ’n lof en ’n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.

12 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek dieHere, die God van Israel:Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?

13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek dieHere: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfsdie konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.

14 En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek dieHere. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.

15 Luister en merk op; verhef julle nie, want dieHerehet gespreek!

16 Gee eer aan dieHerejulle God voordatHy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hydit doodskaduwee maak,in donkerheid verander.

17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van dieHereas gevangenes weggevoer is.

18 Sê aandie koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.

19 Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!

20 Hef jou oë op, en aanskoudie wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?

21 Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees?Sal weë jou nie aangryp soos van ’n barende vrou nie?

22 As jy dan in jou hart sê:Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheidis jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.

23 Kan ’n Kusiet sy vel verander of ’n luiperd sy vlekke?Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.

24 Daarom sal Ek hulle verstrooisoos ’n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.

25 Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek dieHere, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.

26 So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig,sodat jou skande gesien word.

27 Jou owerspel enjou gerunnik, jou skandelike hoerery — op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem!Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?

JEREMIA 14

Jeremia bid tevergeefs vir die volk.

1 DIE woord van dieHerewat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte.

2 Juda treur ensy poorte verval;hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op.

3 En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekomen bedek hulle hoof.

4 Weens die land wat verslae is,omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.

5 Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooihaar lamweg, omdat daar geen jong gras is nie.

6 Enwilde-esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.

7 Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, oHere, doen ditom u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.

8 oVerwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos ’n vreemdeling in die land en soos ’n reisiger wat uitdraai om te vernag?

9 Waarom sou U wees soos ’n man wat verslae is, soos ’n heldwat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, oHere, en u Naam is oor ons uitgeroep.Verlaat ons nie!

10 So sê dieHerevan hierdie volk: Só het hulle daarvan gehou om te swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het dieHeregeen behae in hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.

11 Verder het dieHerevir my gesê:Bid nie vir hierdie volk ten goede nie.

12 As hulle vas, luister Ek nie na hulle gesmeek nie;en as hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie;maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet.

13 Toe sê ek: Ag, HereHere, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle ’n duursame vrede gee in hierdie plek.

14 En dieHerehet vir my gesê: Die profeteprofeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle’n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.

15 Daarom, so spreek dieHere: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, enwat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie — dié profete saldeur die swaard en die hongersnood omkom.

16 En die volk vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê vanweë die hongersnood en die swaardsonder dat iemand hulle begrawe; hulle, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters. So sal Ek dan hulle boosheid oor hulle uitstort.

17 Sê aan hulle dan hierdie woord: Laat my oë afloop in trane nag en dag en nie ophou nie; want die jonkvrou,die dogter van my volk, is gebreek met ’n groot verbreking, met ’n baie smartlike wond.

18 As ek uitgaanin die veld, lê daar die wat verslaan is deur die swaard; en as ek kom in die stad, is daar die kwale van die hongersnood.Ja, selfs profeet en priester trek rond in die land sonder om iets te weet.

19 Het U Juda dan heeltemal verwerp? Of het u siel ’n afsku van Sion? Waarom het U ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie? Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; en op ’n tyd van beterskap, maar daar is verskrikking.

20 Here, ons ken ons goddeloosheid, die ongeregtigheid van ons vaders,want ons het teen U gesondig.

21 Verwerponsnieter wille van u Naam; onteer die troon van u heerlikheid nie;hou tog in gedagtenis, verbreek nie u verbond met ons nie.

22 Is daar onderdie nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee?Is U dit nie, oHereonse God? En ons wag op U, want Ú doen al hierdie dinge.

JEREMIA 15

1 MAAR dieHerehet vir my gesê:Al staanMoses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryfhullevan my aangesig af weg, en laat hulle heengaan.

2 En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek dieHere:Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.

3 En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek dieHere: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.

4 En Ek sal hulle ’n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde vanweëManasse, die seun van Hiskía, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.

5 Want wie sal jou bejammer, o Jerusalem? Of wie sal met jou medelyde hê? Of wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?

6 Jy het My verwerp, spreek dieHere, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou;Ek is moeg om berou te hê.

7 En Ek wan hulle uit met ’n gaffel by die ingange van die land. Ek maak my volk kinderloos, maak hulle tot niet; hulle kom van hulle weë nie terug nie.

8 Hulle weduwees het vir My meer geword as die sand van die see; Ek bring vir hulle oor die moeder van die jong manskappe ’n verwoester op die middag; Ek laat skielik op haar val angs en verskrikkinge.

9 Sy wat sewe gebaar het, het weggekwyn; sy het magteloos neergesink; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy staan beskaamd en het rooi van skaamte geword. En hulle oorblyfsel gee Ek aan die swaard oor, voor hulle vyande, spreek dieHere.

10 Wee my, my moeder, dat u my gebaar het — ’n man van twis en ’n man van stryd vir die hele land! Ek het nie uitgeleen nie, en hulle het nie aan my geleen nie; almal vloek my.

11 DieHerehet gesê: Waarlik,Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid.

12 Kan ’n mens yster breek, ysteruit die noorde, en koper?

13 Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou sondes en in jou hele grondgebied.

14 En Ek saljoujou vyande laat dien in’n land wat jy nie ken nie; want ’n vuur is aangesteek in my toorn, oor julle sal dit brand.

15 oHere, U weet dit; dink aan my en besoek my, en wreek my op my vervolgers. Neem my in u lankmoedigheid nie weg nie. Weet datek smaad dra om U ontwil.

16 Toe u woorde gevind is,het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep,Here, God van die leërskare!

17 Ek het nie gesit in ’n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.

18 Waarom is my smart ewigdurend en my wond ongeneeslik? Dit weier om gesond te word. Sou U vir my waarlik wees soos ’n bedrieglikestroom,waters wat nie standhoudend is nie?

19 Daarom, so sê dieHere:As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat húlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie.

20 En Ek sal jou ’n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak;en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek dieHere.

21 En Ek sal jou red uit die hand van die goddelose mense en jou verlos uit die vuis van die tiranne.

JEREMIA 16

Voorspelling van Israel se gevangenskap en herstel.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.

3 Want so sê dieHerevan die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:

4 Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie,hulle sal mis op die aarde wees;en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, enhulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

5 Want so sê dieHere:Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek dieHere, die goedertierenheid en die barmhartigheid.

6 Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land;hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag enhomself stukkend kerwe of vir hom ’nkaal plek skeer om hulle ontwil nie.

7 Ook sal niemand vir hulle treurbroodbreek om iemand te troos oor ’n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.

8 Kom ook nie in ’n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.

9 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.

10 En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra:Waarom het dieHereal hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen dieHereonse God begaan het? —

11 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek dieHere, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,

12 en jullenog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.

13 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie landna ’n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.

14 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat daar nie meer gesê sal word:So waar as dieHereleef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;

15 maar: So waar as dieHereleef, wat die kinders van Israel laat optrek hetuit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja,Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.

16 Kyk, Ek stuur baievissers, spreek dieHere, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uitdie klipskeure.

17 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie.

18 Daaromsal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sondedubbel vergelde,omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.

19 oHere, my sterkte enmy beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was nikswat voordeel kon bring nie.

20 Sal ’n mens vir hom gode maakwat tog geen gode is nie?

21 Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weetdat my NaamHereis.

JEREMIA 17

1 DIE sonde van Juda is geskrywemet ’n ystergriffel, met ’n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart enop die horings van julle altare —

2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dinken aan hulle heilige boomstammeby die groen bome, op die hoë heuwels.

3 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit geesaam metjou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.

4 En jy sal uitval — en dit deur jouself — uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, enEk sal jou jou vyande laat dien in ’n land wat jy nie ken nie; want julle het ’n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand.

5 So sê dieHere: Vervloek is die man wat op die mens vertrou envlees sy arm maak, terwyl sy hart van dieHereafwyk.

6 Enhy sal wees soos ’n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon,’n brakkerige en onbewoonde land.

7 Geseënd is die man wat op dieHerevertrou, en wie se vertroue dieHereis.

8 Wanthy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie,maar sy blad bly groen; en in ’n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

10 Ek, dieHere,deursoek die hart,toets die niere,om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

11 ’n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie;in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy’n dwaas wees.

12 ’n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.

13 oHere, Verwagting van Israel!almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk,sal op die aarde geskryf word; want hulle het dieHere,die fontein van lewende water, verlaat.

14 Maak my gesond,Here, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.

15 Daarsê hulle vir my: Waar is die woord van dieHere? Laat dit tog kom!

16 Wat my aangaan,ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. Ú weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.

17 Wees my nie tot ’n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil.

18 Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat mý nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat mý nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met’n dubbele verbreking.

Heiliging van die sabbat.

19 SO het dieHerevir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;

20 en sê vir hulle: Hoor die woord van dieHere,konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:

21 So spreek dieHere: Neem julle in ag om julle siele ontwil,dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie.

22 Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heiligsoos Ek julle vaders beveel het.

23 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie.

24 As julle dan aandagtig na My luister, spreek dieHere, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop géén werk te doen nie,

25 dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word.

26 En hulle sal kom uitdie stede van Juda en uitdie omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uitdie Laeveld en uit die Gebergte enuit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van dieHere.

27 Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie,sal Ek ’n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.

JEREMIA 18

Die werk van die pottebakker. Die onboetvaardigheid van die volk.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het:

2 Maak jou klaar en gaan af na die huisvan die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.

3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ’n stuk werk op die skywe te maak.

4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk — soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker — maar hy het daaruit weer ’n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

5 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek dieHere. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

7 In een oomblik sal Ek spreekoor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;

8 maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid,sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.

9 En in ’n ander oomblik sal Ek spreek oor ’n nasie en oor ’n koninkryk om dit te bou en te plant;

10 maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.

11 Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek dieHere: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink ’n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.

12 Maar hulle sê:Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.

13 Daarom, so spreek dieHere:Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het ’n baie afskuwelike ding gedoen.

14 Verdwyn die sneeu van die Líbanon ooit van die rots in die veld? Of droog die uitlandse, koue, stromende waters op?

15 Nogtanshet my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; dié het hulle laat struikel op al hul weë,op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ’n ongemaakte pad;

16 om hulle land te maak’n voorwerp van verbasing, van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en sy hoof skud.

17 Soos ’n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand;met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang.

18 Toe het hulle gesê:Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam;want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of ’n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.

19 Here, luister tog na my, en hoor na die stem van die wat met my twis.

20 Sal goed dan met kwaad vergeld word? — want hulle het vir my’n kuil gegrawe. Gedenk hoe ek voor u aangesig gestaan het om ’n goeie woord vir hulle te doen, om u grimmigheid van hulle af te keer.

21 Daarom,gee hulle kinders oor aan die hongersnood, en lewer hulle oor in die mag van die swaard, en laat hulle vroue kinderloos en weduwees word, en laat hulle manne omkom deur die pes, hulle jongmanne verslaan word deur die swaard in die geveg.

22 Laat daar ’n geskreeu uit hulle huise gehoor word as U skielik ’n bende oor hulle bring. Want hulle het ’n kuil gegrawe om my te vang en vangnette voor my voete gespan.

23 Maar U,Here, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak;doen geen versoeningoor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot ’n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.