JEREMIA 11

Verbondsverbreking.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het:

2 Hoor julle die woorde van hierdie verbond, en spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem

3 en sê vir hulle: So spreek dieHere, die God van Israel:Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond

4 wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland,uit die ystersmeltoond, uitgelei hetmet die woorde: Luister na my stem en doen diewoordenet soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My ’n volk wees, en Ek sal vir julle ’n God wees —

5 om te bevestigdie eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee’n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, oHere!

6 En dieHerehet vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond endoen dit.

7 Want Ek het julle vaders nadruklik gewaarsku op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het tot vandag toe,vroeg en laat, en gesê: Luister na my stem!

8 Nogtans het hulle nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hulle het gewandel elkeen in die verharding van sy bose hart. Daarom het Ek oor hulle gebring al die woorde van hierdie verbond wat Ek beveel het om te doen, maar wat hulle nie gedoen het nie.

9 Verder het dieHerevir my gesê:Daar is ’n sameswering ontdek onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem:

10 hulle het teruggekeer nadie ongeregtighede van hulle voorvaders wat geweier het om na my woorde te luister, en agter ander gode aan geloop om dié te dien. Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat Ek met hulle vaders gesluit het.

11 Daarom, so sê dieHere: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal kan uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.

12 Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem gaan en roep na die gode vir wie hulle rook laat opgaan het; maar dié sal hulle geensins verlos in die tyd van hulle onheil nie.

13 Want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda! En volgens die getal van die strate in Jerusalem het julle altare opgerig vir die skandegod, altare om vir Baäl rook te laat opgaan.

14 En jy,bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie, want Ek hoor nie in die tyd as hulle My aanroep vanweë hulle onheil nie.

15 Wat het my beminde in my huis te doen, dat sydaarhaar listige plan uitvoer? Sal baie dinge enheilige vleis jou onheil van jou af wegneem? Dan kan jy jubel.

16 DieHerehet jou die naam gegee:groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte;maarby die geluid van ’n groot gedruis het Hy ’n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek.

17 Want dieHerevan die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het,om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.

Sameswering teen Jeremia.

18 EN dieHerehet my dit te kenne gegee, sodat ek dit weet. Toe het U my hulle handelinge laat sien.

19 Maar ek wassoos ’n mak lam wat hulle lei om te slag; en ek het nie geweetdat hulle planne teen my beraam het nie: Laat ons die boom met sy vrugte verwoes, en laat ons hom uitroeiuit die land van die lewendes,sodat aan sy naam nie meer gedink word nie!

20 Maar, oHerevan die leërskare, regverdige Regter,wat niere enhart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.

21 Daarom, so spreek dieHereaangaande die manne van Ánatotwat jou lewe soek en sê:Jy mag nie profeteer in die Naam van dieHerenie,anders sal jy sterwe deur ons hand —

22 daarom, so spreek dieHerevan die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,

23 en hulle sal geen oorblyfsel hê nie; wantEk sal onheil bring oor die manne van Ánatotin die jaar van hulle besoeking.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 × 1 =