JEREMIA 16

Voorspelling van Israel se gevangenskap en herstel.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.

3 Want so sê dieHerevan die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:

4 Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie,hulle sal mis op die aarde wees;en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, enhulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde.

5 Want so sê dieHere:Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek dieHere, die goedertierenheid en die barmhartigheid.

6 Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land;hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag enhomself stukkend kerwe of vir hom ’nkaal plek skeer om hulle ontwil nie.

7 Ook sal niemand vir hulle treurbroodbreek om iemand te troos oor ’n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.

8 Kom ook nie in ’n huis van maaltye om met hulle saam aan te sit nie, om te eet en te drink nie.

9 Want so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.

10 En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra:Waarom het dieHereal hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen dieHereonse God begaan het? —

11 dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek dieHere, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,

12 en jullenog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.

13 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie landna ’n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.

14 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat daar nie meer gesê sal word:So waar as dieHereleef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;

15 maar: So waar as dieHereleef, wat die kinders van Israel laat optrek hetuit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja,Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.

16 Kyk, Ek stuur baievissers, spreek dieHere, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uitdie klipskeure.

17 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie.

18 Daaromsal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sondedubbel vergelde,omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.

19 oHere, my sterkte enmy beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was nikswat voordeel kon bring nie.

20 Sal ’n mens vir hom gode maakwat tog geen gode is nie?

21 Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weetdat my NaamHereis.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + nineteen =