JEREMIA 9

1 AG,was my hoof maar water en my oog ’n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is vandie dogter van my volk.

2 Ag, het ek in die woestyn maar ’n herberg vir reisigers gehad! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af wegtrek; wanthulle is almal owerspelers, ’n hoop ontroue mense.

3 Enhulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens,en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek dieHere.

4 Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ’n onderkruiper, en elke vriendgaan om met kwaadsprekery.

5 En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.

6 Jou woning is in die midde van bedrog; deur bedrog weier hulle om My te ken, spreek dieHere.

7 Daarom, so sê dieHerevan die leërskare: Kyk, Eksmelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ekandershandel vanweë die dogter van my volk?

8 Hulle tong is ’n moordpyl; dit spreek bedrog;met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.

9 Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek dieHere. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

10 Ek sal geween en geklaag aanhef oor die berge en ’n klaaglied oor die weivelde van die woestyn; want hulle is verwoes, sodat niemand daar deurtrek nie, en ’n mens hoor geen geluid van vee nie;die voëls van die hemel sowel as die diere — hulle het gevlug, weggetrek.

11 En Ek sal Jerusalem maak totkliphope, ’n lêplek van jakkalse; en die stede van Juda sal Ek ’n woesteny maak, sonder inwoner.

12 Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van dieHeregespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?

13 En dieHerehet gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,

14 maar gewandel het agter die verhardheid van hulle hart en agter die Baäls aan,waaraan hulle vaders hulle gewend gemaak het,

15 daarom, so sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel: Kyk,Ek gee aan hulle, aan hierdie volk,wildeals om te eet, enEk laat hulle gifwater drink,

16 en Ek verstrooi hulle onder die nasies wat hulle en hul vaders nie geken het nie, en stuur die swaard agter hulle aan totdat Ek hulle verteer het.

17 So sê dieHerevan die leërskare: Let op,en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;

18 en laat hulle gou maak en oor ons ’n weeklag aanhef, sodat ons oë afloop in trane en ons ooglede stroom van water.

19 Want die geluid van weeklag word uit Sion gehoor:Hoe is ons verwoes! Ons het diep in die skande gekom, omdat ons die land moet verlaat, omdat hulle ons wonings omgegooi het.

20 Want hoor, o vroue, die woord van dieHere, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters ’n weeklag en vir mekaar ’n klaaglied.

21 Want die dood het in ons vensters opgeklim, in ons paleise ingekom omdie kindersvan die straat af uit te roei, die jongmanne van die pleine af.

22 Sê dit: So spreek dieHere: En die lyke van die mense sal neervalsoos mis op die oop veld en soosgerwe agter die maaiersonder dat iemand dit versamel.

23 So sê dieHere:Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;

24 maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek dieHereis wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want indié dinge het Ek ’n behae, spreek dieHere.

25 Kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, watnogtansonbesnede is:

26 oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die randvan hulle harewegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel isonbesnede van hart.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × three =