JEREMIA 13

’n Linnegord as beeld van die gevangenskap.

1 SO het dieHerevir my gesê: Gaan koop vir jou’n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.

2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van dieHereen dit om my heupe gebind.

3 Toe het die woord van dieHerevir die tweede keer tot my gekom en gesê:

4 Neem die gord wat jy gekoop het, wat om jou heupe is, en maak klaar, gaan na die Eufraat en steek dit daar weg in ’n klipskeur.

5 Daarop het ek gegaan en dit weggesteek by die Eufraat, soos dieHeremy beveel het.

6 En ná verloop van baie dae het dieHerevir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.

7 Daarop het ek na die Eufraat gegaan en gegrawe en die gord geneem van die plek af waar ek dit weggesteek het; en kyk, die gord het bederf, dit was waardeloos.

8 Toe het die woord van dieHeretot my gekom en gesê:

9 So spreek dieHere: So sal Ek laat bederwedie hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.

10 Hierdie goddelose volk wat weier om na my woorde te luister, wat wandel in die verharding van hulle hart en agter ander gode aan loop om hulle te dien en hul daarvoor neer te buig — hulle moet word soos hierdie gord wat waardeloos is.

11 Want soos die gord kleef aan die heupe van ’n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek dieHere,om vir My te wees ’n volk en ’n roem en ’n lof en ’n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.

12 Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek dieHere, die God van Israel:Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?

13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek dieHere: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfsdie konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.

14 En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek dieHere. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.

15 Luister en merk op; verhef julle nie, want dieHerehet gespreek!

16 Gee eer aan dieHerejulle God voordatHy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hydit doodskaduwee maak,in donkerheid verander.

17 Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van dieHereas gevangenes weggevoer is.

18 Sê aandie koning en aan die gebiedster: Gaan baie laag sit, want julle hoofsieraad, julle sierlike kroon, het geval.

19 Die stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie; Juda is in ballingskap weggevoer gans en al, weggevoer volkome!

20 Hef jou oë op, en aanskoudie wat uit die noorde kom. Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige trop kleinvee?

21 Wat sal jy sê wanneer Hy as hoof oor jou aanstel diegene wat jy self geleer het om jou vertroude vriende te wees?Sal weë jou nie aangryp soos van ’n barende vrou nie?

22 As jy dan in jou hart sê:Waarom het hierdie dinge my oorgekom? Weens die grootheid van jou ongeregtigheidis jou slippe opgetel, het jou hakskene gely onder geweld.

23 Kan ’n Kusiet sy vel verander of ’n luiperd sy vlekke?Dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewend is om kwaad te doen.

24 Daarom sal Ek hulle verstrooisoos ’n stoppel wat verbyvlieg voor die wind van die woestyn.

25 Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek dieHere, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.

26 So het Ek dan ook jou slippe opgetel oor jou aangesig,sodat jou skande gesien word.

27 Jou owerspel enjou gerunnik, jou skandelike hoerery — op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem!Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × 3 =