KLAAGLIEDERE 4

Klagte oor die lot van die Joodse volk.

1 Alef.AG, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooiop die hoek van al die strate!

2 Bet.Die kinders van Sion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gerekensoos erdekruike, die werk van pottebakkershande.

3 Gimel.Selfs jakkalse gee die speen, laat hulle kleintjies drink,maardie dogter van my volk het wreed gewordsoos die volstruise in die woestyn.

4 Dalet.Die tong van die suiglingkleef aan sy verhemelte van dors,kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

5 He.Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is,het die ashope omarm.

6 Wau.Want die ongeregtigheid van die dogter van my volk was groter as die sonde van Sodom wat soosin ’n oomblik omgekeer is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.

7 Sajin.Haarvorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte ’n saffier.

8 Get.Maarhulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie;hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

9 Tet.Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.

10 Jod.Die hande vanteerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.

11 Kaf.DieHerehet sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion ’n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.

12 Lamed.Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat ’n teëstander of ’n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.

13 Mem.Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesterswat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.

14 Noen.Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ’n mens hulle klere nie kon aanraak nie.

15 Samek.Staan opsy,onrein! — het die mense hulle toegeroep. Staan opsy, staan opsy, moenie aanraak nie! As hulle vlug, ja waggel, is onder die heidene gesê: Hulle maghiernie langer vertoef nie.

16 Pe.Die aangesig van dieHerehet hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad,aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.

17 Ajin.Nog altyddeur smag ons oëtevergeefs na hulp vir ons; op ons wagpos sien ons met verwagting uit na’n nasie wat nie sal help nie.

18 Sade.Hulle het jag gemaak op ons voetstappe, sodat ons op ons pleine nie kon loop nie; ons einde het nader gekom, ons dae was vol, ja, ons einde het gekom.

19 Kof.Ons vervolgers wasvinniger as die arende van die hemel, op die berge het hulle ons hewig agtervolg, in die woestyn het hulle ons voorgelê.

20 Resj.Die asem van ons neus, die gesalfde van dieHere,is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.

21 Sjin.Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die landUs woon;ook na jou sal die beker kom, jy sal dronk word en jouself ontbloot.

22 Tau.Jou straf het sy einde bereik, dogter van Sion, Hy sal jou nie weer in ballingskap laat wegvoer nie. Hy besoek jou ongeregtigheid, dogter van Edom, Hy openbaar jou sondes.

KLAAGLIEDERE 5

Leed van hede en verlede.

1 DINK,Here, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.

2 Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.

3 Ons het wese geword, sonder ’n vader, ons moeders is soos weduwees.

4 Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.

5 Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.

6 Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.

7 Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.

8 Knegte heers oor ons, niemand rukonsuit hulle hand weg nie.

9 Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.

10 Ons vel gloei soos ’n oond vanweë die gloed van die honger.

11 Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.

12 Vorste is deur hulle hand opgehang,die persoon van die grysaards nie geëer nie.

13 Jongmannedra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.

14 Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.

15 Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.

16 Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.

17 Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:

18 ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.

19 Ú,Here, sit vir ewig,u troon is van geslag tot geslag.

20 Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?

21 Bekeer ons tot U,Here, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.

22 Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?

JEREMIA 1

Roeping van Jeremia om profeet te wees; sy eerste gesigte.

1 DIE woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uitdie priesters wat inÁnatot, in die land Benjamin was,

2 tot wie die woord van dieHeregekom het in die dae vanJosía, die seun van Amon, die koning van Juda,in die dertiende jaar van sy regering,

3 en gekom het in die dae vanJójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar vanSedekía, die seun van Josía, die koning van Juda,totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.

4 Die woord van dieHerehet dan tot my gekom en gesê:

5 Voordat Ekjou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; envoordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeetvir die nasies gemaak.

6 Toe het ek gesê:Ag, HereHere, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7 Maar dieHerehet vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; enwat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.

8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek dieHere.

9 Toehet dieHeresy hand uitgestrek enmy mond aangeroer; en dieHerehet vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.

10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.

11 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ’n amandeltak.

12 Toe sê dieHerevir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

13 En die woord van dieHerehet vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien’n kokende pot wat van die noorde af kyk.

14 Toe sê dieHerevir my:Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

15 Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek dieHere; en hulle sal kom, enhulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.

16 EnEk sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel;wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.

18 Want kyk, Ek maak jou vandag ’n versterkte stad en ’n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek dieHere, om jou uit te red.

JEREMIA 2

God bestraf Israel.

1 EN die woord van dieHerehet tot my gekom en gesê:

2 Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek dieHere: Ek onthou die geneentheid vanjou jeug,die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn,in ’n onbesaaide land.

3 Israel was vir dieHere’n heiligheid,die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek dieHere.

4 Hoor die woord van dieHere, huis van Jakob, en alle geslagte van die huis van Israel!

5 So sê dieHere:Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?

6 En hulle het nie gesê nie: Waar is dieHerewat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ’n land van wildernis en kuile, in ’n land van droogte en doodskaduwee, in ’n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?

7 En Ek het julle gebring in ’n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het jullemy land verontreinig en my erfenis ’n gruwel gemaak.

8 Die priesters het nie gesê: Waar is dieHerenie? Endie wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; endie vorste het teen My oortree, endie profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.

9 Daarom sal Eknog met julle twis, spreek dieHere; en met julle kindskinders sal Ek twis.

10 Want gaan oor na die eilande vandie Kittiërs, en kyk; en stuur naKedar, en gee daar goed ag op; en kyk of so iets gebeur het:

11 of ’n nasie sy gode verruil —wat nie eers gode is nie. Maar my volk het sy heerlikheid verruil vir wat geen voordeel bring nie.

12 Verbaas julle hieroor, o hemele, en huiwer, verstyf heeltemal van skrik, spreek dieHere.

13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen:My, die fontein van lewende water,het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.

14 Is Israel ’n dienskneg? Of is hy ’nbediendewat in die huis gebore is? Waarom het hy dan ’n buit geword?

15 Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land ’n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner.

16 Ook skeer die kinders van Nof en Tagpánhes jou die hoofskedel kaal.

17 Het jou verlating van dieHerejou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?

18 Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters vandie Eufraat te drink?

19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy dieHerejou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, dieHerevan die leërskare.

20 Want van ouds af het jy jou juk verbreek, jou stroppe stukkend geruk. En jy het gesê: Ek sal nie dien nie; wantop elke hoë heuwel en onder elke groen boom gaan jy lêom te hoereer.

21 Nogtans het Ek jou geplant as’n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ’n vreemde wingerdstok!

22 Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid ’n vlek voor my aangesig, spreek die HereHere.

23 Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou wegin die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!

24 ’n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe — haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.

25 Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie; en jou keel, dat dit nie dors word nie. Maar jy sê: Dit is tevergeefs, nee; want ek het vreemdes lief en sal agter hulle aan loop.

26 Soos ’n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,

27 wat vir’n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir ’n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie.Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons!

28 Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil;want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!

29 Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek dieHere.

30 Tevergeefshet Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie;julle swaard het julle profete verslind soos ’n verskeurende leeu.

31 oGeslag, verneem die woord van dieHere! Het Ek vir Israel ’n woestyn geword of ’n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?

32 Kan ’n jonkvrou haar versiersel vergeet, ’n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.

33 Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.

34 Ook is aan jou somedie bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by ’n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.

35 Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk,Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.

36 Wat loop jy so baie weg om jou pad te verander? Jy sal ook deur Egipte in die skande komsoos jy deur Assur in die skande gekom het.

37 Ook daarvan sal jy uitgaanmet jou hande op jou hoof; want dieHerehet hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.

JEREMIA 3

1 HY sê:As ’n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ’n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan?Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy hetmet baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek dieHere!

2 Slaan jou oë op nadie kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie?Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos ’n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.

3 Endie reënbuie is ingehou, en daar wasgeen laat reëns nie. Maar jy het ’n hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam.

4 Het jy My nie nou eers aangeroep nie: My Vader, die vertroude Vriend van my jeug is U!

5 Sal Hy vir ewig die toorn behou, of dit vir altyd bewaar? Kyk, dit het jy gesê, maar jy het slegte dinge gedoen tot die uiterste toe.

Oproep tot bekering, en beloftes van herstel.

6 EN dieHerehet vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het?Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer.

7 En Ek het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie. En dit hetdie ontroue,haar suster Juda, gesien.

8 En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haarskeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

9 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe metklip en hout.

10 Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek dieHere.

11 Toe het dieHerevir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda.

12 Gaan en roep hierdie woorde nadie noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek dieHere. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek dieHere; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

13 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen dieHerejou God oortree het en jou weë gerig het nadie vreemdes,onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek dieHere.

14 Keer terug, o afkerige kinders, spreek dieHere, wantEk is heer oor julle; en Ek sal julle neem,een uit ’n stad en twee uit ’n geslag en sal julle in Sion bring.

15 En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

16 En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in dié dae, spreek dieHere, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van dieHerenie. Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie.

17 In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van dieHere;en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van dieHerein Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie.

18 In dié daesal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uitdie Noordland komin die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het.

19 Ék het wel gedink:oHoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee ’n kosbare land, ’n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink:Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie.

20 Maar soos ’n vroutroueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek dieHere.

21 ’n Stem is gehoor opdie kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, dieHerehulle God vergeet het.

22 Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is dieHereonse God.

23 Waarlik, tevergeefsverwag hulle ditvandie heuwelsenvan die rumoer op die berge; waarlik, in dieHereonse God is Israel se heil.

24 Maar die Skandegod het die goed van ons vaders opgeëet van ons jeug af, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.

25 Ons wil neerlê in ons skande, en ons smaad moet ons oordek; want ons het teen dieHereonse God gesondig, ons en ons vaders van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie geluister na die stem van dieHereonse God nie.

JEREMIA 4

1 AS jy jou bekeer, Israel, spreek dieHere,bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder,hoef jy nie rond te swerwe nie.

2 Dan sal jy sweer: So waar as dieHereleef! in waarheid, in reg en in geregtigheid;en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.

3 Want so sê dieHereaan die manne van Juda en aan Jerusalem:Braak vir julle ’n braakland ensaai nie onder die dorings nie.

4 Besny julle vir dieHereen verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ’n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Aankondiging en beskrywing van die inval van die buitelandse vyand.

5 VERKONDIG in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê:Kom bymekaar, en laat ons indie versterkte stede ingaan!

6 Steek óp die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring ’n onheiluit die Noorde en ’n groot verwoesting.

7 ’n Leeu het opgekom uit sy bos en ’n verderwer van nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land ’n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word,sonder inwoners.

8 Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van dieHereteen ons het nie bedaar nie.

9 En op dié dag, spreek dieHere, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.

10 Toe het ek gesê: Ag, HereHere,waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê — terwyl die swaard tot aan die siel raak.

11 In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word:’n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!

12 ’n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.

13 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos ’n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!

14 Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?

15 Want’n stem verkondiguit Dan en laat onheil hoor van die gebergte van Efraim af.

16 Vermeld dit aan die nasies! Kyk, laat dit hoor teen Jerusalem! Beleëraars kom uit ’n ver land en het hulle stem verhef teen die stede van Juda.

17 Soos veldwagters is hulle teen diestadrondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek dieHere.

18 Jou wandel en jou handelhet jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart.

19 oMy ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs!oMure van my hart!My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu!

20 Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes,my tentdoeke in ’n oomblik.

21 Hoe lank sal ek die banier sien, die basuingeluid hoor?

22 Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig;slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.

23 Ek het na die aarde gekyk, en dit waswoes en leeg; ook na die hemel, ensy lig was daar nie.

24 Ek hetna die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud.

25 Ek het gekyk, endaar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.

26 Ek het gekyk, en die land van tuine was ’n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor dieHere, voor sy toorngloed.

27 Want so sê dieHere: Die hele land sal ’n wildernis word,alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.

28 Hieroorsal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het enEk geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.

29 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.

30 En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan,al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf — tevergeefs maak jy jou mooi;minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.

31 Want ek het gehoor ’n stem soos vaneen wat inmekaar krimp, ’n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uiten sê:Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.

JEREMIA 5

1 SWERF rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleineof julle iemand vind,of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek — dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.

2 Enof hulle al sê:So waar as dieHereleef,sekerlik sweer hulle vals.

3 oHere,is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak,maarhulle het geweier om tugtiging aan te neem;hulle het hul aangesig harder gemaak as ’n rots, geweier om hulle te bekeer.

4 Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdathulle die weg van dieHere, die reg van hulle God, nie ken nie.

5 Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van dieHere, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.

6 Daarommaak ’n leeu uit die bos hulle dood,’n wolf van die wildernisse verniel hulle;’n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan, word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede geweldig.

7 Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer bydie wat geen god is nie.En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.

8 Soosvet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.

9 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek dieHere. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

10 Klim op sy mure en rig verwoesting aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle behoort nie aan dieHerenie.

11 Want die huis van Israel en die huis van Judahet baie troueloos teen My gehandel, spreek dieHere.

12 Hulle het dieHereverloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie;ons sal geen swaard of hongersnood sien nie;

13 en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met húlle gaan!

14 Daarom, so sê dieHere, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk,Ek maak my woorde in jou mond ’n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

15 Kyk, Ek bring oor julle’n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek dieHere; ’n eeue-oue nasie is dit, ’n nasie van ouds af, ’n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.

16 Hulle pylkoker is soos ’n geopende graf; hulle is almal helde.

17 Enhulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.

18 Nogtans sal Ek ook in dié dae, spreek dieHere, nie ’n einde aan julle maak nie.

19 En as julle sê:Waarvoor het dieHereonse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soosjulle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het,so sal julle vreemdes dien in ’n land wat julle s’n nie is nie.

20 Verkondig dit in die huis van Jakob, en laat dit hoor in Juda en sê:

21 Hoor dit tog, o dwase en verstandelose volk,wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!

22 Sou julle vir Mý nie bevrees wees nie, spreek dieHere, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, ’n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.

23 Maar hierdie volk het ’n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;

24 en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog dieHereonse God vrees,wat reën gee,vroeë reëns enlaat reëns op hulle tyd,wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.

25 Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes hetdie goeie van julle teruggehou.

26 Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het ’n val gestel, hulle vang mense.

27 Soos ’n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.

28 Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen.Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie,dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.

29 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek dieHere. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

30 ’n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:

31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit,en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?

JEREMIA 6

1 VLUG, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit;en blaas die basuin in Tekóa, en hef ’n vuurteken op boBet-Hakkérem; want onheil dreiguit die Noorde en groot verwoesting.

2 Die mooie en die verwénde verdelg Ek — die dogter van Sion.

3 Herders met hulle troppe vee sal na haar toe kom; hulle slaan tente op teen haar rondom, hulle wei af, elkeen sover as hy kan bykom.

4 Heilig die oorlog teen haar! Staan op, en laat ons optrekop die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!

5 Staan op, en laat ons optrek in die nag, en laat ons haar paleise verwoes!

6 Want so sê dieHerevan die leërskare: Kap haar bome af, en gooi teen Jerusalem ’n wal op; dit is die stad wat besoek word; binne-in haar is net verdrukking.

7 Soos ’n put sy water fris hou, so hou sy haar boosheid fris;geweld en verdrukking word in haar gehoor, siektes en wonde is gedurig voor my aangesig.

8 Laat jou tugtig, Jerusalem, dat my siel nie van jou vervreemd word nie, dat Ek jou nie ’n wildernis maak, ’n onbewoonde land nie.

9 So sê dieHerevan die leërskare: Hulle saldie oorblyfsel van Israel skoon afoes soos ’n wingerdstok. Slaan jou hand weersoos ’n druiwesnyer aan die lote!

10 Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk,hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk,die woord van dieHereis vir hulle ’n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

11 Daarom is ek vol van die grimmigheid van dieHere; ek het my moeg gemaak om uit te hou. Giet dit uit oor die kinders op die straat en oor die versameling van jongmanne, oor almal; want ook die man saam met die vrou sal gevang word, die grysaard saam met die oue van dae.

12 En hulle huise sal oorgaan op ander mense,landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek dieHere.

13 Want van hul kleinste tot hul grootstemaak hulle almal onregverdige wins, envan die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.

14 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manierdeur te sê: Vrede, vrede! — terwyl daar geen vrede is nie.

15 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê dieHere.

16 So spreek dieHere: Staan op die weë, en kyk en vra nadie ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin;en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.

17 Ek hetook wagte oor julle gestelen gesê:Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!

19 Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk,die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.

20 Waarom sou daar tog vir Mywierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ’n ver land?Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.

21 Daarom, so sê dieHere:Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.

22 So sê dieHere:Kyk, daar kom ’n volkuit die Noordland, en ’n groot nasie word opgewekuit die agterhoeke van die aarde.

23 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion!

24 Ons het die gerug daarvan gehoor, ons hande het slap geword, benoudheid het ons aangegryp, smart soos van een wat baar.

25 Gaan nie uit in die veld en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand is daar, skrik rondom!

26 Dogter van my volk, omgord jou met ’n roukleed enwentel jou in die as; bedryf rou soos oor ’n enigste kind, ’n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.

27 Ek het jou onder my volkas toetser gestel, as vesting,dat jy hulle weg kan ken en toets.

28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproerigeswat omgaan met kwaadsprekery;koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik.

29 Die blaasbalk blaas hard;wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt,maar die slegtes word nie afgeskei nie.

30 Hulle word genoem: Verworpe silwer; want dieHerehet hulle verwerp.

JEREMIA 7

Belofte en bedreiging uitgespreek by die tempelpoort.

1 DIE woord wat van dieHeretot Jeremia gekom het:

2 Staan in die poort van die huis van dieHere, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van dieHere, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om dieHerete aanbid!

3 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel:Maak julle weë en julle handelinge goed,dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.

4 Vertrou nie op bedrieglike woorde nie — wat sê: DieHerese tempel, dieHerese tempel, dieHerese tempel is dit!

5 Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak,as julle waarlik reg doen onder mekaar;

6 vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie engeen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie enagter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie —

7 dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het,van eeu tot eeu.

8 Kyk, julle vertrou opbedrieglike woorde wat nie baat nie.

9 Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie,

10 en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sê: Ons is verlos! — om al hierdie gruwels te doen?

11 Ishierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is,’n spelonk van moordenaars in julle oë? Ook Ek — kyk, Ek het dit gesien, spreek dieHere.

12 Want gaan tog na myplek wat inSilo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk watEk daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.

13 Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek dieHere, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie,

14 daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het.

15 En Ek sal julle van my aangesig wegwerpsoos Ek al julle broers, die hele geslag vanEfraim, weggewerp het.

16 En jy,bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie.

17 Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie?

18 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.

19 Terg hulle Mý? spreek dieHere. Doen hulle dit nie aan hulleselftot beskaming van hul aangesig nie?

20 Daarom, so sê die HereHere: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor die mense enoor die diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die land; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.

21 So sê dieHerevan die leërskare, die God van Israel:Voeg julle brandoffers by julle slagoffers eneet vleis.

22 Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie.

23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik:Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ’n God wees, en julle sal vir My ’n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel,dat dit met julle goed kan gaan.

24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.

25 Van die dag af dat julle vaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe hetEk na julle al my knegte, die profete, gestuur, daagliks, vroeg en laat;

26 maar hulle het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard;hulle het dit erger gemaak as hul vaders.

27 Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28 Sê dan vir hulle: Dit is die nasie wat na die stem van dieHerehulle God nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie;die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond.

29 Skeer joumooi hare af,o Jerusalem,en gooi dit weg, en hef opdie kaal heuwels ’n klaaglied aan; want dieHerehet die geslag van sy grimmigheid verwerp en verstoot.

30 Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek dieHere.Hulle het hul verfoeisels gesit in die huiswaaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.

31 En hulle het die hoogtes vanTofet gebouwat in die dal van die seun van Hinnom is,om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand — iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie.

32 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek dieHere, dat nie meer gesê sal word: Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.En hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees nie.

33 En die lyke van hierdie volk sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

34 En Ek sal uitdie stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid;want die land sal ’n puinhoop word.

JEREMIA 8

1 IN dié tyd, spreek dieHere, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,

2 en hulle sal dit uitspreivoor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek enwaarvoor hulle hul neergebuig het;dit sal nie versamel enbegrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.

3 En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek dieHerevan die leërskare.

Die afval van God; die straf moet kom.

4 EN jy moet vir hulle sê: So spreek dieHere: Sal iemand val en nie weer opstaan nie? Of sal hy weggaan en nie weer terugkom nie?

5 Waarom is dan hierdie volk, Jerusalem,afkerig met ’n aanhoudende afkerigheid? Hulle hou vas aan bedrog, hulle weier om terug te keer.

6 Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos ’n perd wat storm in die geveg.

7 Selfs’n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ’n tortelduif en ’n swaweltjie en ’n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag;maar my volk ken die reg van dieHerenie.

8 Hoe durf julle sê: Ons is wys, endie wet van dieHereis by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.

9 Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van dieHereverwerp, en watter wysheid sou hulle hê?

10 Daaromsal Ek hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan veroweraars; want van die kleinste tot die grootste maak hulle almal onregverdige wins; van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.

11 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! — terwyl daar geen vrede is nie.

12 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het,tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê dieHere.

13 Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek dieHere.Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle dié bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.

14 Waarom bly ons sit?Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want dieHereonse God laat ons omkom, enHy laat ons gifwater drink, omdat ons teen dieHeregesondig het.

15 Hulle wag op vrede, maar daar is niks goeds nie; op ’n tyd van beterskap, maar kyk, daar is verskrikking.

16 Van Dan af word die gesnuif van sy perde gehoor, vir die geluid van die gerunnik van sy perde bewe die hele land; en hulle kom en eet die land op en sy volheid, die stad en die wat daarin woon.

17 Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder jullewaarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek dieHere.

18 Ag, kon ek my maar opvrolik in kommer! My hart is krank in my.

19 Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volkuit ’n baie ver land: Is dieHerenie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode?

20 Die oes is verby, die somer is ten einde, en óns is nie verlos nie!

21 Vanweë die verbreking van die dogter van my volkis ek gebreek, is ek in die rou; verbaasdheid het my aangegryp.

22 Is daar geenbalsem in Gílead nie? Of is daar geen geneesheer nie? Want waarom het die genesing van die dogter van my volk nie tot stand gekom nie?