JEREMIA 6

1 VLUG, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit;en blaas die basuin in Tekóa, en hef ’n vuurteken op boBet-Hakkérem; want onheil dreiguit die Noorde en groot verwoesting.

2 Die mooie en die verwénde verdelg Ek — die dogter van Sion.

3 Herders met hulle troppe vee sal na haar toe kom; hulle slaan tente op teen haar rondom, hulle wei af, elkeen sover as hy kan bykom.

4 Heilig die oorlog teen haar! Staan op, en laat ons optrekop die middag! Wee ons, want die dag gaan verby, want die aandskaduwees word langer!

5 Staan op, en laat ons optrek in die nag, en laat ons haar paleise verwoes!

6 Want so sê dieHerevan die leërskare: Kap haar bome af, en gooi teen Jerusalem ’n wal op; dit is die stad wat besoek word; binne-in haar is net verdrukking.

7 Soos ’n put sy water fris hou, so hou sy haar boosheid fris;geweld en verdrukking word in haar gehoor, siektes en wonde is gedurig voor my aangesig.

8 Laat jou tugtig, Jerusalem, dat my siel nie van jou vervreemd word nie, dat Ek jou nie ’n wildernis maak, ’n onbewoonde land nie.

9 So sê dieHerevan die leërskare: Hulle saldie oorblyfsel van Israel skoon afoes soos ’n wingerdstok. Slaan jou hand weersoos ’n druiwesnyer aan die lote!

10 Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk,hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk,die woord van dieHereis vir hulle ’n smaad, hulle het daar geen behae in nie.

11 Daarom is ek vol van die grimmigheid van dieHere; ek het my moeg gemaak om uit te hou. Giet dit uit oor die kinders op die straat en oor die versameling van jongmanne, oor almal; want ook die man saam met die vrou sal gevang word, die grysaard saam met die oue van dae.

12 En hulle huise sal oorgaan op ander mense,landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek dieHere.

13 Want van hul kleinste tot hul grootstemaak hulle almal onregverdige wins, envan die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog.

14 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manierdeur te sê: Vrede, vrede! — terwyl daar geen vrede is nie.

15 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê dieHere.

16 So spreek dieHere: Staan op die weë, en kyk en vra nadie ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin;en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.

17 Ek hetook wagte oor julle gestelen gesê:Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!

19 Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk,die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.

20 Waarom sou daar tog vir Mywierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ’n ver land?Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.

21 Daarom, so sê dieHere:Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.

22 So sê dieHere:Kyk, daar kom ’n volkuit die Noordland, en ’n groot nasie word opgewekuit die agterhoeke van die aarde.

23 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos ’n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion!

24 Ons het die gerug daarvan gehoor, ons hande het slap geword, benoudheid het ons aangegryp, smart soos van een wat baar.

25 Gaan nie uit in die veld en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand is daar, skrik rondom!

26 Dogter van my volk, omgord jou met ’n roukleed enwentel jou in die as; bedryf rou soos oor ’n enigste kind, ’n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons.

27 Ek het jou onder my volkas toetser gestel, as vesting,dat jy hulle weg kan ken en toets.

28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproerigeswat omgaan met kwaadsprekery;koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik.

29 Die blaasbalk blaas hard;wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt,maar die slegtes word nie afgeskei nie.

30 Hulle word genoem: Verworpe silwer; want dieHerehet hulle verwerp.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

15 + 12 =