JEREMIA 1

Roeping van Jeremia om profeet te wees; sy eerste gesigte.

1 DIE woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uitdie priesters wat inÁnatot, in die land Benjamin was,

2 tot wie die woord van dieHeregekom het in die dae vanJosía, die seun van Amon, die koning van Juda,in die dertiende jaar van sy regering,

3 en gekom het in die dae vanJójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar vanSedekía, die seun van Josía, die koning van Juda,totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.

4 Die woord van dieHerehet dan tot my gekom en gesê:

5 Voordat Ekjou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; envoordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeetvir die nasies gemaak.

6 Toe het ek gesê:Ag, HereHere, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7 Maar dieHerehet vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; enwat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.

8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek dieHere.

9 Toehet dieHeresy hand uitgestrek enmy mond aangeroer; en dieHerehet vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.

10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.

11 Verder het die woord van dieHeretot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ’n amandeltak.

12 Toe sê dieHerevir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

13 En die woord van dieHerehet vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien’n kokende pot wat van die noorde af kyk.

14 Toe sê dieHerevir my:Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

15 Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek dieHere; en hulle sal kom, enhulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.

16 EnEk sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel;wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.

18 Want kyk, Ek maak jou vandag ’n versterkte stad en ’n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek dieHere, om jou uit te red.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four − 1 =