KLAAGLIEDERE 4

Klagte oor die lot van die Joodse volk.

1 Alef.AG, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooiop die hoek van al die strate!

2 Bet.Die kinders van Sion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gerekensoos erdekruike, die werk van pottebakkershande.

3 Gimel.Selfs jakkalse gee die speen, laat hulle kleintjies drink,maardie dogter van my volk het wreed gewordsoos die volstruise in die woestyn.

4 Dalet.Die tong van die suiglingkleef aan sy verhemelte van dors,kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

5 He.Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is,het die ashope omarm.

6 Wau.Want die ongeregtigheid van die dogter van my volk was groter as die sonde van Sodom wat soosin ’n oomblik omgekeer is, sonder dat iemand die hand daaraan geslaan het.

7 Sajin.Haarvorste was helderder as sneeu, witter as melk, rooier van liggaam as korale, hulle gestalte ’n saffier.

8 Get.Maarhulle voorkoms het donkerder as swartsel geword, hulle is nie herken op die strate nie;hulle vel kleef aan hul gebeente, dit het droog geword soos hout.

9 Tet.Die wat deur die swaard verslaan is, is gelukkiger as die wat deur die honger verslaan is, wat, deurboor, vergaan het uit gebrek aan veldvrugte.

10 Jod.Die hande vanteerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.

11 Kaf.DieHerehet sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion ’n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.

12 Lamed.Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat ’n teëstander of ’n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.

13 Mem.Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesterswat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.

14 Noen.Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ’n mens hulle klere nie kon aanraak nie.

15 Samek.Staan opsy,onrein! — het die mense hulle toegeroep. Staan opsy, staan opsy, moenie aanraak nie! As hulle vlug, ja waggel, is onder die heidene gesê: Hulle maghiernie langer vertoef nie.

16 Pe.Die aangesig van dieHerehet hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad,aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.

17 Ajin.Nog altyddeur smag ons oëtevergeefs na hulp vir ons; op ons wagpos sien ons met verwagting uit na’n nasie wat nie sal help nie.

18 Sade.Hulle het jag gemaak op ons voetstappe, sodat ons op ons pleine nie kon loop nie; ons einde het nader gekom, ons dae was vol, ja, ons einde het gekom.

19 Kof.Ons vervolgers wasvinniger as die arende van die hemel, op die berge het hulle ons hewig agtervolg, in die woestyn het hulle ons voorgelê.

20 Resj.Die asem van ons neus, die gesalfde van dieHere,is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.

21 Sjin.Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die landUs woon;ook na jou sal die beker kom, jy sal dronk word en jouself ontbloot.

22 Tau.Jou straf het sy einde bereik, dogter van Sion, Hy sal jou nie weer in ballingskap laat wegvoer nie. Hy besoek jou ongeregtigheid, dogter van Edom, Hy openbaar jou sondes.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

12 + six =