JEREMIA 4

1 AS jy jou bekeer, Israel, spreek dieHere,bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder,hoef jy nie rond te swerwe nie.

2 Dan sal jy sweer: So waar as dieHereleef! in waarheid, in reg en in geregtigheid;en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.

3 Want so sê dieHereaan die manne van Juda en aan Jerusalem:Braak vir julle ’n braakland ensaai nie onder die dorings nie.

4 Besny julle vir dieHereen verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ’n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Aankondiging en beskrywing van die inval van die buitelandse vyand.

5 VERKONDIG in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê:Kom bymekaar, en laat ons indie versterkte stede ingaan!

6 Steek óp die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring ’n onheiluit die Noorde en ’n groot verwoesting.

7 ’n Leeu het opgekom uit sy bos en ’n verderwer van nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land ’n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word,sonder inwoners.

8 Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van dieHereteen ons het nie bedaar nie.

9 En op dié dag, spreek dieHere, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.

10 Toe het ek gesê: Ag, HereHere,waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê — terwyl die swaard tot aan die siel raak.

11 In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word:’n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!

12 ’n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.

13 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos ’n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!

14 Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?

15 Want’n stem verkondiguit Dan en laat onheil hoor van die gebergte van Efraim af.

16 Vermeld dit aan die nasies! Kyk, laat dit hoor teen Jerusalem! Beleëraars kom uit ’n ver land en het hulle stem verhef teen die stede van Juda.

17 Soos veldwagters is hulle teen diestadrondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek dieHere.

18 Jou wandel en jou handelhet jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart.

19 oMy ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs!oMure van my hart!My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu!

20 Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes,my tentdoeke in ’n oomblik.

21 Hoe lank sal ek die banier sien, die basuingeluid hoor?

22 Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig;slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.

23 Ek het na die aarde gekyk, en dit waswoes en leeg; ook na die hemel, ensy lig was daar nie.

24 Ek hetna die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud.

25 Ek het gekyk, endaar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.

26 Ek het gekyk, en die land van tuine was ’n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor dieHere, voor sy toorngloed.

27 Want so sê dieHere: Die hele land sal ’n wildernis word,alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.

28 Hieroorsal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het enEk geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.

29 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.

30 En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan,al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf — tevergeefs maak jy jou mooi;minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.

31 Want ek het gehoor ’n stem soos vaneen wat inmekaar krimp, ’n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uiten sê:Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 1 =