ESÉGIËL 42

Die heilige kamers.

1 DAARNA het hy my uitgebring nadie buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê,

2 oor ’n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en ’n breedte van vyftig el.

3 Teenoor die twintigelwat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, wasgalery teenoor galery in drie verdiepinge.

4 En voor die kamers was ’n gang van tien el breedte, na binnetoe, honderd el lank; en hulle deure was teen die noorde.

5 En die boonste kamers was korter, want die galerye het ruimte van hulle weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes in die bouwerk;

6 want hulle het drie verdiepinge gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.

7 En daar was ’n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.

8 Want die lengte van die kamers wat na die buitenste voorhof lê, was vyftig el; en kyk, teenoor die tempel was honderd el.

9 En onder hierdie kamers was die ingang van die oostekant af as iemand na hulle toe ingaan uit die buitenste voorhof uit.

10 In die breedte van die muur van die voorhof, na die suide toe, vooraan die afgeslote ruimte en vooraan die bouwerk, was daar kamers,

11 met ’n weg voor hulle, soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde toe lê, net so lank en so breed as hulle, en al die uitgange en inrigtinge soos by hulle. En soos hulle ingange,

12 so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: ’n ingangby die begin van die weg,naamlikdie weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as ’n mens na hulle toe aankom.

13 Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamersendie suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waardie priesters wat na dieHerenader kom,die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit:die spysoffer endie sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.

14 As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maardaar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want dié is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.

15 En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my nadie poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste lê, en dit gemeet al rondom.

16 Hy het die oostekant metdie meetroede gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.

17 Hy het die noordekant gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.

18 Die suidekant het hy gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.

19 Hy het hom begewe na die westekantengemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.

20 Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het ’n muur gehad al rondom; die lengte was vyfhonderd en die breedte vyfhonderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.

ESÉGIËL 43

Die heerlikheid van die Here trek in.

1 TOE het hy my gelei na die poort,die poort wat na die ooste kyk.

2 En kyk,die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; endie geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, endie aarde het geglans van sy heerlikheid.

3 En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het bydie Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.

4 En die heerlikheid van dieHerehet in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.

5 Endie Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk,die heerlikheid van dieHerehet die huis vervul.

6 En ek het Een gehoor wat met my spreek uit die huis, terwyldie man by my staan.

7 En Hy het vir my gesê: Mensekind,dit isdie plek van my troon endie plek van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood;

8 deurdat hulle hul drumpel by my drumpel gemaak het en hul deurpos langs my deurpos, sodatnetdie muur tussen My en hulle was; en hulle het my heilige Naam verontreinig met hulle gruwels wat hulle bedryf het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het.

9 Nou sal hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder; en Ek sal vir ewig onder hulle woon.

10 Jy, o mensekind,vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet.

11 En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en dié kan uitvoer.

12 Dit is die wet van die huis:Op die top van die berg sal sy helegebied al rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis.

Die brandofferaltaar en sy inwyding.

13 EN dit is die afmetinge vandie altaar in elle (die el is ’n el en ’n handbreedte): die voetlaag ’n elhoogen ’n el die breedte; en die opstaande rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou van die altaar.

14 En van die voetlaag op die grond tot by die ondersteomlysting: twee el, en die breedte: een el; en van die kleinste omlysting tot by die grootste omlysting: vier el, en die breedte: een el.

15 En die vuurherd: vier el; en van die vuurherd af en boontoe die horings, vier in getal.

16 En die vuurherd: twaalfellank by twaalfelbreed, vierkantig na sy vier kante.

17 En die omlysting: veertienellengte by veertienelbreedte na sy vier kante toe; en die opstaande rand daar rondom: ’n half-el; en die voetlaag daaraan: ’n el rondom; en sy trappe het oos gekyk.

18 En hy het vir my gesê: Mensekind, so spreek die HereHere: Dit is die verordeninge van die altaar: Op die dag as dit gemaak word om brandoffers daarop te bring enom bloed daarteen uit te gooi,

19 moet jy aandie Levitiese priesterswat uit die geslag van Sadok is, wat na My mag nader kom — spreek die HereHere— om My te dien,’n jong bul geeas sondoffer.

20 En jy moet van sy bloed neem en dit stryk aan die vier horings daarvan en aan die vier hoeke vandie omlysting en aan die opstaande rand rondom; so moet jy dit dan ontsondig en versoening daarvoor bewerk.

21 Dan moet jy die sondofferbul neem, en hulle moet hom verbrand in die daarvoor bestemde plek van die huis,buitekant die heiligdom.

22 En op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder gebrek as sondoffer bring; en hulle moet die altaar ontsondig soos hulle dit met die bul ontsondig het.

23 As jy klaar is met die ontsondiging, moet jy ’n jong bul sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee bring.

24 En jy moet hulle bring voor die aangesig van dieHere; en die priestersmoet sout daarop strooi en dit as brandoffer aan dieHerebring.

25 Sewe dae lank moet jy daagliks die sondofferbok gereedmaak; ook moet hulle ’n jong bul en ’n ram uit die kleinvee, altwee sonder gebrek, berei.

26 Sewe dae lank moet hulle vir die altaar versoening bewerk en dit reinig en dit inwy.

27 En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priestersop die agtste dag en verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal ’n behae in julle hê, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 44

Die dienaars van die heiligdom.

1 TOE het hy myteruggebring nadie buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.

2 En dieHerehet vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie,omdat dieHere, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.

3 Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sitom brood te eet voor die aangesig van dieHere; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.

4 Daarop het hy my gebring nadie noordpoort, aan die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien datdie heerlikheid van dieHeredie huis van dieHerevervul; toehet ek op my aangesig geval.

5 En dieHerehet vir my gesê: Mensekind, gee ag daarop en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek jou sal sê aangaandeal die verordeninge van die huis van dieHereen al die wette daarvan; en gee ag op die ingang in die huis deur al die uitgange van die heiligdom.

6 En sêaan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!

7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe jullemy brood,vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

8 En julle het die diens van my heilige gawes nie waargeneem nie,maar hethulleaangestel om my diens in my heiligdom vir julle waar te neem.

9 So sê die HereHere: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.

10 Maardie Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:

11 hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis enbedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag envoor hulle staan om hulle te dien.

12 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel ’n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die HereHere, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.

13 Enhulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, nadie hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.

14 Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.

15 Maardie Levitiese priesters,die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die HereHere.

16 Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet namy tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.

17 Enas hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan,moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.

18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees enlinnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord metiets wat laatsweet nie.

19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe,moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulledie volk nie heilig maak met hul klere nie.

20 En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer.

21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.

22 Ook mag hulle geenweduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ’n weduwee wat deur ’n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.

23 Enhulle moet my volk die onderskeid leertussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeidtussen wat onrein en rein is.

24 Enoor ’n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig.

25 Enhy mag by ’n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan ’n vader of ’n moeder of ’n seun of ’n dogter, aan ’n broer of ’n suster wat nie aan ’n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig.

26 En ná sy reiniging moet hulle vir homsewe dae tel.

27 En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die HereHere.

28 Endit sal vir hulle ’n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.

29 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, dié moet hulle eet; enalles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.

30 Endie beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julledie eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ’n seën op jou huis te laat rus.

31 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.

ESÉGIËL 45

Verdeling van die land. Die vors en sy pligte. Offers en feeste.

1 EN as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle’n offergawe aan dieHereafgee, ’n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf-en-twintigduisendeldie lengte, en die breedte: twintigduisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.

2 Hiervan moet vir die heiligdom wees vyfhonderd by vyfhonderdel,’n vierkant rondom; en dit moet ’n oop veld hê van vyftig el rondom.

3 En van dié stuk wat afgemeet is, moet jy meet ’n lengte van vyf-en-twintigduisendel,en ’n breedte van tienduisend;en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.

4 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet weesvir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om dieHerete dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en ’n heiligdom vir die heiligdom.

5 En vyf-en-twintigduisendelin lengte en tienduisend in breedte moetdie stukvir die Leviete, die dienaars van die huis, wees — ’n besitting vir hulle, as stede om in te woon.

6 En as besitting van die stad moet julle gee ’n breedte van vyfduisend en ’n lengte van vyf-en-twintigduisendellangs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.

7 En virdie vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van diestamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens.

8 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, enmy vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maaraan die huis van Israel die land oorlaatvolgens hulle stamme.

9 So sê die HereHere: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die HereHere.

10 Jullemoet ’n regte weegskaal hê en ’nregte efa en ’n regte bat.

11 ’n Efa en ’n bat moet ’n vaste maat hê, sodat ’n bat die tiende van’n homer bevat; ook ’n efa die tiende van ’n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.

12 Endie sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle’n mine wees.

13 Dit isdie offergawe wat julle moet afgee: die sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook die sesde van ’n efa van ’n homer gars.

14 En die bestemde deel van olie, van ’n bat olie: die tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat, ’n homer; want tien bat is ’n homer.

15 Verder van die kleinvee: een stuk uit tweehonderd,uit die waterryke weiveld van Israel — as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die HereHere.

16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.

17 Enop die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer endie drankoffer opdie feeste en opdie nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moetdie sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.

18 So sê die HereHere:In die eerstemaand,op die eerste van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.

19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.

20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.

21 In die eerstemaand,op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.

22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land ’n sondofferbul berei.

23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan dieHeregereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, endaagliks ’n bokram as sondoffer.

24 Ook moet hy as spysoffer berei ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram en ’nhin olie vir ’n efa.

25 In die sewendemaand,op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfdeoffersgereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.

ESÉGIËL 46

1 SO sê die HereHere:Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit opdie dag van die nuwemaan oopgemaak word.

2 En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en bydie deurpos van die poort gaan staan, endie priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan; maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.

3 Ookmoet die volk van die land aanbid voor die ingang van dié poort, op die sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van dieHere.

4 En die brandoffer wat die vors aan dieHeremoet bringop die sabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek;

5 endie spysoffer: ’n efa vir die ram; maar vir die lammers moet die spysoffer wees wat sy hand kan gee; en ’n hin olie vir ’n efa.

6 Maar op die dag van die nuwemaan: ’n jong bul sonder gebrek en ses lammers en ’n ram — sonder gebrek moet hulle wees;

7 en as spysoffer moet hy gereedmaak: ’n efa vir die bul en ’n efa vir die ram, maar vir die lammers volgens wat hy kan bekostig; en ’n hin olie vir ’n efa.

8 En as die vors ingaan, moet hy deur die voorportaal van die poort ingaan en met dieselfde wegweeruitgaan.

9 Maar as die volk van die landvoor die aangesig van dieHerekom op die feestye, moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan; en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.

10 En die vors moet tussen hulle ingaan as hulle ingaan; en as hulle uitgaan, moet hysaamuitgaan.

11 Verder moet op die feeste en op die feestye die spysoffer wees: ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram, maar vir die lammers, wat sy hand kan gee; en ’n hin olie vir ’n efa.

12 En as die vors ’n vrywillige offer gereedmaak, ’n brandoffer of dankoffersas vrywillige offer aan dieHere, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers bereisoos hy op die sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan het.

13 Verder moet jy ’n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan dieHere; elke môre moet jy dit berei.

14 En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: ’n sesde van ’n efa en ’n derde van ’n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan dieHere— ewige insettinge, altyddeur.

15 So moet hulle dan die lam en die spysoffer en die olie elke môre berei as ’n voortdurende brandoffer.

16 So sê die HereHere: As die vors aan een van sy seuns ’n geskenk geevansy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.

17 Maar as hyvan sy erfdeel ’n geskenk aan een van sy dienaars gee, dan sal dit syne wees tot bydie jaar van vrylating; dan moet dit aan die vors terugval; net vir sy seuns moet sy erfdeel wees.

18 En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volkom hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns ’n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.

19 Daarop het hy my gebring deur die ingang wat by die symuur van die poort was, nadie heilige kamers vir die priesters wat na die noorde kyk; en kyk, daar was ’n plek aan die agterkant, na die weste toe.

20 En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priestersdie skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulledie spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulledie volk sou heilig nie.

21 Toe het hy my uitgebring in die buitenste voorhof en my verder gelei na die vier hoeke van die voorhof; en kyk, in elke hoek van die voorhof was daar nog ’n voorhof.

22 In die vier hoeke van die voorhof was daar afgeslote voorhowe, veertigeldie lengte en dertig die breedte; al vier die hoekruimtes het dieselfde afmeting gehad.

23 En daar was ’n ringmuur in hulle rondom, om al vier, en daar is kookplekke gemaak onderaan die ringmure rondom.

24 En hy het vir my gesê: Dit is die kookhuis waar die dienaars van die huis die slagoffer van die volk moet kook.

ESÉGIËL 47

Die heilige waters.

1 DAARNA het hy my teruggebringna die ingang van die huis, en kyk, daar hetwaters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.

2 En hy het my uitgebring deurdie noordpoort en my buitekant om laat gaan nadie buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.

3 Toedie man na die ooste uitgegaan het met ’n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die enkels.

4 Toe het hynogduisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die knieë; en hy hetnogduisend gemeet en my laat deurgaan — waters tot aan die heupe.

5 Verder het hynogduisend gemeet — ’n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys — waters om in te swem, ’n stroom waar ’n mens nie deur kan loop nie.

6 En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.

7 Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom ’n menigte bome gesien, aan altwee kante.

8 En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; indie see word dit uitgelei, sodat die watersdaarvangesond kan word.

9 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal ’n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; endié waterssal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.

10 Ook sal vissers daaraan staan, vanÉngedi af tot byEn-Eglaim: ’n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, ’n menigte.

11 Die moerasse en kuile daarvan — húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.

12 En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet,waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan — uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.

Die grense van die land.

13 SO sê die HereHere: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel — virJoseftweedele.

14 En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.

15 En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant vandie Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:

16 Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.

17 So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.

18 En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en Gílead en die land van Israel uit — die Jordaan; vandiégrens af tot bydie Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.

19 En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af totby die twiswaters van Kades,danna die spruitvan Egiptetot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.

20 En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.

21 En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.

22 En julle moet ditas erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos’n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle ’n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.

23 En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die HereHere.

ESÉGIËL 48

Verdeling van die land.

1 EN dit is die name vandie stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van HamatenHasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat — hy moet die ooste-endie westekant hê —Dan eendeel.

2 En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser eendeel.

3 En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.

4 En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant:Manasse, een.

5 En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.

6 En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.

7 En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.

8 En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moetdie offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisendelbreed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.

9 Die offergawe wat julle aan dieHeremoet afgee, moet vyf-en-twintigduisendellank wees en tienduisend breed.

10 En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde’n lengtevan vyf-en-twintigduisendelen teen die weste ’n breedte van tienduisend en teen die ooste ’n breedte van tienduisend en teen die suide ’n lengte van vyf-en-twintigduisend; en die heiligdom van dieHeremoet in die middel daarvan wees.

11 Dit moet weesvir die priesters wat geheilig is,die seuns van Sadok,wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israelsoos die Leviete afgedwaal het nie.

12 So moet dit dan vir hulle ’n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.

13 Verdermoet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang ’n lengte van vyf-en-twintigduisendelen ’n breedte van tienduisend; die hele lengte moet wees vyf-en-twintigduisend en die breedte tienduisend.

14 Enhulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, endie beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan dieHere.

15 Maardie vyfduisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf-en-twintigduisend —dit sal gewone land wees,bestemvir die stad as woonplek en oopveld; en die stad moet in die middel daarvan wees.

16 En dit is die afmetinge daarvan:die noordekant, vierduisend-vyfhonderdel;en die suidekant, vierduisend-vyfhonderd; en die oostekant, vierduisend-vyfhonderd; en die westekant, vierduisend-vyfhonderd.

17 En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, tweehonderd-en-vyftigel;en teen die suide, tweehonderd-en-vyftig; en teen die ooste, tweehonderd-en-vyftig; en teen die weste, tweehonderd-en-vyftig.

18 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tienduisend teen die ooste en tienduisend teen die weste — dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.

19 En wat die werksmense van die stad betref — uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.

20 Die heleoffergawe moet wees vyf-en-twintigduisendelby vyf-en-twintigduisend — vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.

21 Enwat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf-en-twintigduisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf-en-twintigduisend tot by die grens teen die weste, net so lank as diestamgedeeltes — dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.

22 En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s’n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moetallesaan die vors behoort.

23 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin eendeel.

24 En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: Símeon, een.

25 En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Íssaskar, een.

26 En naas die gebied van Íssaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.

27 En naas die gebied van Sébulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.

28 En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kadesenna die spruitvan Egiptetot by die Groot See.

29 Dit is die land wat julleas erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die HereHere.

30 En dit isdie uitgange van die stad: aan die noordekant vierduisend-vyfhonderdellengtemaat.

31 Endie poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde:die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.

32 En na die oostekant vierduisend-vyfhonderdel;en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.

33 En die suidekant vierduisend-vyfhonderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Íssaskar, een; die poort van Sébulon, een.

34 Die westekant vierduisend-vyfhonderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;

35 rondom agttienduisendel;en die naam van die stad sal van vandag af wees: DieHereis daar!

KLAAGLIEDERE 1

Treurige toestand van Jerusalem.

1 Alef.AG, hoe verlate sit die stad wat vol mense was!Sy het soos ’n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies;die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword.

2 Bet.Bitterlik ween sy snags — haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder alhaar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword.

3 Gimel.Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om ’n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in.

4 Dalet.Die weë na Sion treur,omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.

5 He.Haar teëstanders hetdie oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want dieHerehet haar droefheid aangedoen vanweëdie menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.

6 Wau.En van die dogter van Sion het gewyk al haar heerlikheid; haar vorste het geword soos takbokke wat geen weiveld vind nie en kragteloos heengegaan het voor die vervolger uit.

7 Sajin.Jerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar kosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur die hand van die teëstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het die teëstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde.

8 Get.Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy ’n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar,omdat hulle haar naaktheid gesien het;sy self sug en het haar weggedraai.

9 Tet.Haar onreinheid kleef aan haar some, sy het aan haar einde nie gedink nie, en sy het wonderbaarlik gesink, sonder dat sy ’n trooster het. Sien my ellende aan,Here, want die vyand hou hom groot.

10 Jod.Die teëstander het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede; ja, sy het gesien hoedatheidene in haar heiligdom kom, van wie U bevel gegee hetdat hulle in u vergadering nie mag kom nie.

11 Kaf.Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hul kosbaarhede vir voedsel gegee, om hulleself te verkwik. Aanskou,Here, en merk op dat ek ’n veragte geword het.

12 Lamed.Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar ’n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee dieHeremy bedroef het op die dag van sy toorngloed.

13 Mem.Uit die hoogte het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit oorweldig,Hy het ’n net voor my voet uitgesprei, Hy het my agteruit laat wyk, Hy het my woes gemaak, die hele dag ellendig.

14 Noen.Die juk van my oortredinge is vasgebind deur sy hand,hulle is saamgevleg, hulle het op my nek gekom, dit het my krag laat struikel. Die Here het my oorgegee in die hande van een teen wie ek geen teëstand kon bied nie.

15 Samek.Die Here het almy magtiges binne-in my verwerp, Hy het teen my ’n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here hetdie parskuip getrap vir die jonkvrou, die dogter van Juda.

16 Ajin.Daarom ween ek, my oog, my oog loop af in water, want ver van my is die trooster wat my verkwik; my kinders is verbyster, omdat die vyand die oorhand het.

17 Pe.Sionbrei haar hande uit, sy het geen trooster nie; dieHerehet die wat rondom hom was, teen Jakob ontbied as sy teëstanders; Jerusalem het in hul midde’n voorwerp van afsku geword.

18 Sade.Regverdig is Hy, dieHere, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.

19 Kof.Ek het geroep namy liefhebbers — hulle het my in die steek gelaat; my priesters en my oudstes het in die stad beswyk toe hulle voedsel vir hulle gesoek hetom hulleself te verkwik.

20 Resj.Aanskou,Here, hoe benoud ek is,my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant hetdie swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.

21 Sjin.Hulle hoor dat ek sug, ek het geen trooster nie;al my vyande hoor van my onheil, hulle is bly dat U dit gedoen het. U laat die dag kom wat U uitgeroep het, dat hulle kan wees soos ek,

22 Tau.dat al hulle boosheid voor u aangesig kom; en doen aan hulle soos U aan my gedoen het vanweë al my oortredinge, want my versugtinge is baie, en my hart is krank.

KLAAGLIEDERE 2

Beleëring en verwoesting van Jerusalem.

1 Alef.AG, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek!Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aardeneergewerp en nie gedink aandie voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.

2 Bet.Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp,die koninkryk en sy vorste ontheilig.

3 Gimel.Hy het in gloeiende toornelke horing van Israel afgekap;Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos ’n vuurvlam wat rondom verteer.

4 Dalet.Hy het sy boog gespansoos ’n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos ’n teëstander en gedood alles wat ’n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.

5 He.Die Here het soos ’n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig.

6 Wau.En Hy het sy eie omheining soos ’n tuin verniel,sy eie feesplek verwoes; dieHerehet in Sion feestyden sabbat laat vergeet,en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.

7 Sajin.Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer;hulle het gedruis gemaak in die huis van dieHeresoos op ’n feesdag.

8 Get.DieHerehet Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes;Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur,saam sak hulle inmekaar.

9 Tet.Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek;haar koning en haar vorste is onder die heidene;daar is geen onderwysing nie,en haar profete ontvang geen gesig van dieHerenie.

10 Jod.Die oudstes van die dogter van Sion siten swyg op die grond,hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die jonkvroue van Jerusalem het hulle hoof na die aarde gebuig.

11 Kaf.My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskudvanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag,

12 Lamed.wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders.

13 Mem.Watter getuienis kan ek vir jou aflê,waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion?Want jou verbrokenheid is so groot soos die see — wie kan jou gesond maak?

14 Noen.Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesienen jou ongeregtigheid nie geopenbaarom jou lot te verander nie,maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.

15 Samek.Almal wat met die pad verbygaan,slaan die hande saam oor jou; hulle spot en skud hulle hoof oor die dogter van Jerusalem: Is dit die stad waarvan hulle gesê het: Volmaak in skoonheid,vreugde van die hele aarde?

16 Pe.Al jou vyande rek hulle mond oop oor jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons het verslind, ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik,dit belewe!

17 Ajin.DieHerehet gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, sy woord volbring wat Hy sedertdie dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, diehoring van jou teëstanders verhoog.

18 Sade.Hulle hart roep na dieHere.Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos ’n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie,laat jou oogappel nie rus nie.

19 Kof.Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake,stort jou hart uitsoos water voor die aangesig van dieHere, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe vanjou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.

20 Resj.Aanskou,Here, en merk op aan wie U so gedoen het!Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van dieHerepriester en profeet gedood word?

21 Sjin.Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval;U hethullegedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.

22 Tau.U het soos op ’n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van dieHerese toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het — my vyand het hulle omgebring.

KLAAGLIEDERE 3

Aansporing tot selfvernedering en gebed.

1 Alef.EK is die manwat ellende gesien het deurdie roede van sy grimmigheid.

2 My het Hy gelei enlaat wandel in duisternis sonder lig.

3 Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.

4 Bet.Hy het my vlees en my vellaat wegteer,my gebeente verbreek.

5 Hy het my met ’n bouwerk omsingel van gif en moeite.

6 Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.

7 Gimel.Hy het my toegemuur,sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.

8 Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.

9 Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.

10 Dalet.Hy is’n beer wat my voorlê, ’n leeu in skuilplekke.

11 Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot ’n woesteny gemaak.

12 Hy het sy boog gespan enmy as ’n teiken vir die pyl opgestel.

13 He.Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.

14 Ek het ’n belagging geword vir my hele volk,hulle spotlied die hele dag.

15 Hy het my met bitter kruie versadig,my genoeg wildeals laat drink.

16 Wau.En Hy het my die tande opgruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.

17 En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.

18 Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op dieHere.

19 Sajin.Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wildeals en die gif.

20 As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.

21 Dit sal ek ter harte neem,daarom sal ek hoop:

22 Get.dit is die goedertierenhede van dieHeredat ons nie omgekom het nie, wantsy barmhartighede het geen einde nie;

23 hulle iselke môre nuut;u trou is groot.

24 DieHereismy deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

25 Tet.Goed is dieHerevirdie wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.

26 Dit is goedom in stilheid te hoop op die hulp van dieHere.

27 Dit is goed vir ’n mandat hy die juk in sy jeug dra.

28 Jod.Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.

29 Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!

30 Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.

31 Kaf.Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.

32 Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;

33 want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.

34 Lamed.Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,

35 dat hulle die reg van ’n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,

36 dat hulle ’n mens onregverdig behandel in sy regsaak — het dieHeredit nie gesien nie?

37 Mem.Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?

38 Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?

39 Wat klaag ’n mens in sy lewe?Laatelkeenklaagoor sy sondes.

40 Noen.Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot dieHerebekeer;

41 laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemelen sê:

42 Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.

43 Samek.U het U in toorn gehul en ons agtervolg,U het gedood sonder verskoning.

44 U het Uself in ’n wolk gehul,sodat daar geen gebed kon deurdring nie;

45 U het ons ’n uitvaagsel en’n wegwerpsel onder die volke gemaak.

46 Pe.Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;

47 skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.

48 My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.

49 Ajin.My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,

50 totdat dieHereuit die hemel neersien en aanskou.

51 My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.

52 Sade.Hulle het mysoos ’n voël rondgejaag,die wat sonder oorsaak my vyande is;

53 hulle het my lewein ’n kuil tot niet gemaak enklippe op my gegooi.

54 Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê:Dit is klaar met my!

55 Kof.Ek roep u Naam aan,Here, uit die onderste kuil.

56 U hoor my stem; verberg u oor nie virmy ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.

57 U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!

58 Resj.U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

59 U sien,Here, my verdrukking;verskaf my tog reg.

60 U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.

61 Sjin.U hoor hulle smaadrede,Here, alhulle planne teen my,

62 die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.

63 Aanskou toghulle sit en hulle opstaan,ek is hulle spotlied.

64 Tau.U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het,Here.

65 U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.

66 U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelgvan onder die hemel van dieHereuit.