ESÉGIËL 48

Verdeling van die land.

1 EN dit is die name vandie stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van HamatenHasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat — hy moet die ooste-endie westekant hê —Dan eendeel.

2 En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser eendeel.

3 En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.

4 En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant:Manasse, een.

5 En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.

6 En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.

7 En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.

8 En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moetdie offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisendelbreed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.

9 Die offergawe wat julle aan dieHeremoet afgee, moet vyf-en-twintigduisendellank wees en tienduisend breed.

10 En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde’n lengtevan vyf-en-twintigduisendelen teen die weste ’n breedte van tienduisend en teen die ooste ’n breedte van tienduisend en teen die suide ’n lengte van vyf-en-twintigduisend; en die heiligdom van dieHeremoet in die middel daarvan wees.

11 Dit moet weesvir die priesters wat geheilig is,die seuns van Sadok,wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israelsoos die Leviete afgedwaal het nie.

12 So moet dit dan vir hulle ’n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.

13 Verdermoet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang ’n lengte van vyf-en-twintigduisendelen ’n breedte van tienduisend; die hele lengte moet wees vyf-en-twintigduisend en die breedte tienduisend.

14 Enhulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, endie beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan dieHere.

15 Maardie vyfduisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf-en-twintigduisend —dit sal gewone land wees,bestemvir die stad as woonplek en oopveld; en die stad moet in die middel daarvan wees.

16 En dit is die afmetinge daarvan:die noordekant, vierduisend-vyfhonderdel;en die suidekant, vierduisend-vyfhonderd; en die oostekant, vierduisend-vyfhonderd; en die westekant, vierduisend-vyfhonderd.

17 En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, tweehonderd-en-vyftigel;en teen die suide, tweehonderd-en-vyftig; en teen die ooste, tweehonderd-en-vyftig; en teen die weste, tweehonderd-en-vyftig.

18 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tienduisend teen die ooste en tienduisend teen die weste — dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.

19 En wat die werksmense van die stad betref — uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.

20 Die heleoffergawe moet wees vyf-en-twintigduisendelby vyf-en-twintigduisend — vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.

21 Enwat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf-en-twintigduisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf-en-twintigduisend tot by die grens teen die weste, net so lank as diestamgedeeltes — dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.

22 En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s’n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moetallesaan die vors behoort.

23 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin eendeel.

24 En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: Símeon, een.

25 En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Íssaskar, een.

26 En naas die gebied van Íssaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.

27 En naas die gebied van Sébulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.

28 En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kadesenna die spruitvan Egiptetot by die Groot See.

29 Dit is die land wat julleas erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die HereHere.

30 En dit isdie uitgange van die stad: aan die noordekant vierduisend-vyfhonderdellengtemaat.

31 Endie poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde:die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.

32 En na die oostekant vierduisend-vyfhonderdel;en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.

33 En die suidekant vierduisend-vyfhonderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Íssaskar, een; die poort van Sébulon, een.

34 Die westekant vierduisend-vyfhonderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;

35 rondom agttienduisendel;en die naam van die stad sal van vandag af wees: DieHereis daar!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 1 =