ESÉGIËL 45

Verdeling van die land. Die vors en sy pligte. Offers en feeste.

1 EN as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle’n offergawe aan dieHereafgee, ’n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf-en-twintigduisendeldie lengte, en die breedte: twintigduisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.

2 Hiervan moet vir die heiligdom wees vyfhonderd by vyfhonderdel,’n vierkant rondom; en dit moet ’n oop veld hê van vyftig el rondom.

3 En van dié stuk wat afgemeet is, moet jy meet ’n lengte van vyf-en-twintigduisendel,en ’n breedte van tienduisend;en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.

4 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet weesvir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om dieHerete dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en ’n heiligdom vir die heiligdom.

5 En vyf-en-twintigduisendelin lengte en tienduisend in breedte moetdie stukvir die Leviete, die dienaars van die huis, wees — ’n besitting vir hulle, as stede om in te woon.

6 En as besitting van die stad moet julle gee ’n breedte van vyfduisend en ’n lengte van vyf-en-twintigduisendellangs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.

7 En virdie vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van diestamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens.

8 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, enmy vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maaraan die huis van Israel die land oorlaatvolgens hulle stamme.

9 So sê die HereHere: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die HereHere.

10 Jullemoet ’n regte weegskaal hê en ’nregte efa en ’n regte bat.

11 ’n Efa en ’n bat moet ’n vaste maat hê, sodat ’n bat die tiende van’n homer bevat; ook ’n efa die tiende van ’n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.

12 Endie sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle’n mine wees.

13 Dit isdie offergawe wat julle moet afgee: die sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook die sesde van ’n efa van ’n homer gars.

14 En die bestemde deel van olie, van ’n bat olie: die tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat, ’n homer; want tien bat is ’n homer.

15 Verder van die kleinvee: een stuk uit tweehonderd,uit die waterryke weiveld van Israel — as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die HereHere.

16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.

17 Enop die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer endie drankoffer opdie feeste en opdie nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moetdie sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.

18 So sê die HereHere:In die eerstemaand,op die eerste van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.

19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.

20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.

21 In die eerstemaand,op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.

22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land ’n sondofferbul berei.

23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan dieHeregereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, endaagliks ’n bokram as sondoffer.

24 Ook moet hy as spysoffer berei ’n efa vir ’n bul en ’n efa vir ’n ram en ’nhin olie vir ’n efa.

25 In die sewendemaand,op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfdeoffersgereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

16 + two =