KLAAGLIEDERE 3

Aansporing tot selfvernedering en gebed.

1 Alef.EK is die manwat ellende gesien het deurdie roede van sy grimmigheid.

2 My het Hy gelei enlaat wandel in duisternis sonder lig.

3 Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.

4 Bet.Hy het my vlees en my vellaat wegteer,my gebeente verbreek.

5 Hy het my met ’n bouwerk omsingel van gif en moeite.

6 Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.

7 Gimel.Hy het my toegemuur,sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.

8 Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.

9 Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.

10 Dalet.Hy is’n beer wat my voorlê, ’n leeu in skuilplekke.

11 Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot ’n woesteny gemaak.

12 Hy het sy boog gespan enmy as ’n teiken vir die pyl opgestel.

13 He.Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.

14 Ek het ’n belagging geword vir my hele volk,hulle spotlied die hele dag.

15 Hy het my met bitter kruie versadig,my genoeg wildeals laat drink.

16 Wau.En Hy het my die tande opgruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.

17 En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.

18 Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op dieHere.

19 Sajin.Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wildeals en die gif.

20 As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.

21 Dit sal ek ter harte neem,daarom sal ek hoop:

22 Get.dit is die goedertierenhede van dieHeredat ons nie omgekom het nie, wantsy barmhartighede het geen einde nie;

23 hulle iselke môre nuut;u trou is groot.

24 DieHereismy deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

25 Tet.Goed is dieHerevirdie wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.

26 Dit is goedom in stilheid te hoop op die hulp van dieHere.

27 Dit is goed vir ’n mandat hy die juk in sy jeug dra.

28 Jod.Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.

29 Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!

30 Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.

31 Kaf.Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.

32 Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;

33 want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.

34 Lamed.Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,

35 dat hulle die reg van ’n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,

36 dat hulle ’n mens onregverdig behandel in sy regsaak — het dieHeredit nie gesien nie?

37 Mem.Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?

38 Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?

39 Wat klaag ’n mens in sy lewe?Laatelkeenklaagoor sy sondes.

40 Noen.Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot dieHerebekeer;

41 laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemelen sê:

42 Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.

43 Samek.U het U in toorn gehul en ons agtervolg,U het gedood sonder verskoning.

44 U het Uself in ’n wolk gehul,sodat daar geen gebed kon deurdring nie;

45 U het ons ’n uitvaagsel en’n wegwerpsel onder die volke gemaak.

46 Pe.Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;

47 skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.

48 My oog loop af in waterstrome oor die verbreking van die dogter van my volk.

49 Ajin.My oog vloei rusteloos weg sonder ophou,

50 totdat dieHereuit die hemel neersien en aanskou.

51 My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.

52 Sade.Hulle het mysoos ’n voël rondgejaag,die wat sonder oorsaak my vyande is;

53 hulle het my lewein ’n kuil tot niet gemaak enklippe op my gegooi.

54 Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê:Dit is klaar met my!

55 Kof.Ek roep u Naam aan,Here, uit die onderste kuil.

56 U hoor my stem; verberg u oor nie virmy ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.

57 U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!

58 Resj.U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

59 U sien,Here, my verdrukking;verskaf my tog reg.

60 U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.

61 Sjin.U hoor hulle smaadrede,Here, alhulle planne teen my,

62 die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.

63 Aanskou toghulle sit en hulle opstaan,ek is hulle spotlied.

64 Tau.U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het,Here.

65 U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.

66 U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelgvan onder die hemel van dieHereuit.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

7 − five =