ESÉGIËL 44

Die dienaars van die heiligdom.

1 TOE het hy myteruggebring nadie buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.

2 En dieHerehet vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie,omdat dieHere, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.

3 Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sitom brood te eet voor die aangesig van dieHere; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.

4 Daarop het hy my gebring nadie noordpoort, aan die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien datdie heerlikheid van dieHeredie huis van dieHerevervul; toehet ek op my aangesig geval.

5 En dieHerehet vir my gesê: Mensekind, gee ag daarop en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek jou sal sê aangaandeal die verordeninge van die huis van dieHereen al die wette daarvan; en gee ag op die ingang in die huis deur al die uitgange van die heiligdom.

6 En sêaan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die HereHere: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!

7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe jullemy brood,vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

8 En julle het die diens van my heilige gawes nie waargeneem nie,maar hethulleaangestel om my diens in my heiligdom vir julle waar te neem.

9 So sê die HereHere: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.

10 Maardie Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:

11 hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis enbedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag envoor hulle staan om hulle te dien.

12 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel ’n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die HereHere, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.

13 Enhulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, nadie hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.

14 Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word.

15 Maardie Levitiese priesters,die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die HereHere.

16 Hulle moet in my heiligdom ingaan, en hulle moet namy tafel toe nader kom om My te dien en my diens waarneem.

17 Enas hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan,moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.

18 Linne-hoofversiersels moet op hulle hoof wees enlinnebroeke moet aan hulle heupe wees; hulle mag hul nie gord metiets wat laatsweet nie.

19 En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe,moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulledie volk nie heilig maak met hul klere nie.

20 En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer.

21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie.

22 Ook mag hulle geenweduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ’n weduwee wat deur ’n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.

23 Enhulle moet my volk die onderskeid leertussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeidtussen wat onrein en rein is.

24 Enoor ’n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig.

25 Enhy mag by ’n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan ’n vader of ’n moeder of ’n seun of ’n dogter, aan ’n broer of ’n suster wat nie aan ’n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig.

26 En ná sy reiniging moet hulle vir homsewe dae tel.

27 En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die HereHere.

28 Endit sal vir hulle ’n erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel; en julle mag aan hulle geen besitting in Israel gee nie: Ek is hulle besitting.

29 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, dié moet hulle eet; enalles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.

30 Endie beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julledie eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ’n seën op jou huis te laat rus.

31 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

18 + 8 =