OBÁDJA 1

Teen Edom.

1 DIE gesig van Obádja. So sê die HereHereaangaande Edom:Ons het ’n tyding van dieHeregehoor, en ’n boodskapper is uitgestuur onder die nasiesom te sê:Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!

2 Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.

3 Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly,enin jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?

4 Al woon jy so hoog soos die arend enal was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek dieHere.

5 As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het,sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

6 Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!

7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê ’n strik onder jou as jou brood.Daar is geen verstand in hom nie!

8 Sal Ek niein dié dag, spreek dieHere, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

9 En jou helde sal verskrik wees, oTeman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.

10 Weens die geweld teenjou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.

11 Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring endie lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!

12 En tog moes jy nie met genotdie dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!

13 Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en niedie handuitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!

14 En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.

15 Want die dag van dieHereis naby oor al die nasies;soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word,jou daad sal op jou hoof neerkom.

16 Wantnet soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.

17 Maarop die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal ’n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.

18 Dan sal die huis van Jakob’n vuur wees en die huis van Josef ’n vlam, maar die huis van Esau ’n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want dieHerehet dit gespreek.

19 Dansal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laevelddie land vandie Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem.

20 Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot bySarfatverower;en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.

21 Dansal daar verlossersdie berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, endie koninkryk sal aan dieHeretoebehoort.

AMOS 1

Die onafwendbare oordeel.

1 DIE woorde van Amos,een van die skaapboere uitTekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae vanUssía, koning van Juda, en in die dae vanJeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voordie aardbewing.

2 En hy het gesê: DieHerebrul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.

3 So sê dieHere:Oor drie oortredinge vanDamaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulleGílead met ysterdorssleë gedors het.

4 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die huis vanHásael, en dit sal die paleise vanBénhadad verteer.

5 En Ek saldie grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê dieHere.

6 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanGasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer hetom dit aan Edom uit te lewer.

7 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.

8 En Ek sal die inwoners uitAsdod uitroei en die wat die septer dra, uit Áskelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, endie oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die HereHere.

9 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanTirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.

10 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.

11 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanEdom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hysy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.

12 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.

13 So sê dieHere: Oor drie oortredinge van die kinders vanAmmon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdathulle die swanger vroue van Gílead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.

14 Daarom sal Ek ’n vuur aansteek in die muur vanRabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ’n storm op die dag van die orkaan.

15 En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê dieHere.

AMOS 2

1 SO sê dieHere:Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.

2 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.

3 En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê dieHere.

4 So sê dieHere:Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulle die wet van dieHereverwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verleiwaar hulle vaders agter aan geloop het.

5 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.

6 So sê dieHere:Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdathulle die regverdige vir geld verkoop het endie behoeftige vir ’n paar skoene.

7 Hulle wat daarna hyg datdie stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfdejongedogter om my heilige Naam te ontheilig.

8 En hulle strek hul uit opverpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.

9 En toghet Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.

10 Ookhet Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.

11 En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelingenasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek dieHere.

12 Maarjulle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

13 Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos ’n wa kraak wat vol gerwe is;

14 sodat die wat gou is,nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.

15 En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, endie perderuiter sal sy lewe nie red nie.

16 En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek dieHere.

AMOS 3

Eerste strafrede: die komende oordeel.

1 HOOR hierdie woord wat dieHereoor julle gespreek het,o kinders van Israel, oor die hele geslagwat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:

2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde;dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulleeersafgespreek het?

4 Sal ’n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

5 Sal ’n voël in ’n net val op die grond as daar vir hom geen strikgestelis nie? Sal ’n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?

6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie?Sal daar ’n onheil in die stad voorval as dieHeredit nie bewerk het nie?

7 Want die HereHeredoen nikstensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

8 Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die HereHerehet gespreek,wie sal nie profeteer nie?

9 Roep dit uit oor die paleise vanAsdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge vanSamaría, en aanskou die groot beroering in die midde van diestaden die verdrukking daarbinne.

10 Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek dieHere— hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.

11 Daarom, so sê die HereHere: ’n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.

12 So sê dieHere: Soos ’n herder ’n paar pote of ’n oorlappie red uit die bek van ’n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaría in die hoek van ’n bed of op die damás van ’n rusbank sit.

13 Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die HereHere, die God van die leërskare,

14 dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oordie altare vanBet-el, sodatdie horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.

15 Dan sal Ekdie winterhuis saam met die somerhuis tref,en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek dieHere.

AMOS 4

Die tweede strafrede: verskerping van die aanklag.

1 HOOR hierdie woord,koeie van Basan, wat opdie gebergte van Samaría is!Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!

2 Die HereHerehet gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dathulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.

3 En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die HereHere.

4 Kom naBet-el, en sondig!Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre enjulle tiendes al om die derde dag.

5 En laat van wat gesuurd is,’n lofoffer rook, en roepvrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die HereHere.

6 Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke —nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek dieHere.

7 AlhoewelÉk die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;

8 en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek dieHere.

9 Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome hetdie sprinkaan verslind — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek dieHere.

10 Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam metdie wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek dieHere.

11 Ek het julle omgekeersoos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos’n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek dieHere.

12 Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel — maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!

13 Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep enaan die mens sy gedagte bekend maak,wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel,Here, God van die leërskare, is sy Naam!

AMOS 5

Die derde strafrede: klaaglied oor Israel.

1 HOOR hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!

2 Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie;neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.

3 Want so sê die HereHere: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.

4 Want so sê dieHereaan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!

5 Maar soekBet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur naBerséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.

6 Soek dieHere, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ’n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.

7 Julle wat die reg in wildeals verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

8 Hy watdie Sewe-ster en die Oríon gemaak het en dieduisternis in môrelig verander endie dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde —Hereis sy Naam!

9 Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!

10 Hulle haatdie manwat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ’n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

11 Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom ’n heffing van koring neem,het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.

12 Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem endie behoeftiges wegstoot in die poort.

13 Daarom swyg die verstandige in so ’n tyd, want dit is ’n onheilspellende tyd.

14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en dieHere, die God van die leërskare, só met julle kan weessoos julle sê.

15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort — miskien sal dieHere, die God van die leërskare, Hom ontferm oordie oorblyfsel van Josef.

16 Daarom, so sê dieHere, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.

17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneerEk in jou midde deurtrek, sê dieHere.

18 Wee die wat nadie dag van dieHereverlang! Wat sal tog die dag van dieHerevir julle wees?Dit sal duisternis wees en geen lig nie.

19 Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ’n slang byt hom!

20 Is die dag van dieHerenie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ’n ligstraal?

21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.

22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers,Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.

23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom.

25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,

26 en ook gedraSakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?

27 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê dieHerewie se NaamGod van die leërskare is.

AMOS 6

Die verdorwenheid van Israel en sy ondergang.

1 WEE die gerustes in Sion en die sorgelose opdie berg van Samaría, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!

2 Trek deur naKalne en kyk, gaan van daar naHamat, die grootstad,en trek af na Gat van die Filistyne!Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? —

3 julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!

4 Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

5 Wat liedjies sing met begeleiding van die harp,wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

6 Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.

7 Daaromsal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ’n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.

8 Die HereHerehet by Homself gesweer, spreek dieHere, die God van die leërskare: Ek het ’n afsku vandie trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.

9 En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.

10 En wanneer iemand se bloedverwant, die eenwat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemandwat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee — dan sal dieeerstesê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van dieHerete vermeld nie!

11 Want kyk, dieHeregee bevel, en hulle slaan die groot huis tot ’n puinhoop en die klein huis tot splinters.

12 Kan perde draf op rotse, of kan ’n mens met ossedaaropploeë? —dat julledie reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wildeals.

13 Julle wat bly is oor ’n nietige ding, wat sê: Het ons niedeur ons eie krag horings gekry nie?

14 Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, ’n volk opwek, spreek dieHere, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdrukvan die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.

AMOS 7

Drie gesigte: sprinkane, verterende vuur en die skietlood.

1 DIT het die HereHeremy laat sien — kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.

2 En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: HereHere, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.

3 Toe het dieHereberou gekry oor hierdie saak. Dit sal nie gebeur nie, het dieHeregesê.

4 Dit het die HereHeremy laat sien — kyk, die HereHereroep om ’n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.

5 Toe sê ek: HereHere, hou tog op! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.

6 DieHerehet berou gekry oor hierdie saak. Dit sal ook nie gebeur nie, het die HereHeregesê.

7 Dit het Hy my laat sien — kyk, die Here het op ’n loodregte muur gestaan, endaar was ’n skietlood in sy hand.

8 Toe sê dieHerevir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: ’n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan ’n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

9 En die hoogtes van Isak sal verwoes word, en die heiligdomme van Israel sal puinhope wees, en teendie huis van Jeróbeam sal Ek met die swaard optree.

Amos op Bet-el. Die vyandskap van Amásia.

10 TOE het Amásia,die priester vanBet-el,Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het ’n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.

11 Want so het Amos gesê: Jeróbeam sal deur die swaard sterwe, en Israel sal sekerlik uit sy land in ballingskap gaan.

12 Toe sê Amásia vir Amos: Gaan weg,siener, vlugna die land Juda eneet daar brood en profeteer daar!

13 Maar in Bet-el mag jy verder nie meer profeteer nie,want dit is ’n koninklike heiligdom en ’n tempel van die ryk.

14 Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê:Ek was geen profeet en ook geenprofete-seun nie; maarek was ’n veewagter en kweker van wildevyebome.

15 Maar dieHerehet my agter die kleinvee weggeneem, en dieHerehet aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.

16 Hoor dan nou die woord van dieHere! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy maggeen woordelaat druppel teen die huis van Isak nie.

17 Daarom, so sê dieHere:Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grondmet die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in ’n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.

AMOS 8

Die vierde gesig: die mandjie met vrugte.

1 DÍT het die HereHeremy laat sien — kyk, daar was ’n mandjie met somervrugte.

2 En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: ’n Mandjie met somervrugte. Toe sê dieHerevir my: Die einde het vir my volk Israel gekom;Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

3 Endie liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek die HereHere: ’n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!

4 Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap endaarop uit isom die ootmoediges van die land uit te roei,

5 deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuurkan oopsluit —om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handelmet ’n valse weegskaal;

6 om die armesvir geld te koop en die behoeftige vir ’n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.

7 DieHerehet gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis,Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.

8 Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.

9 En in dié dag, spreek die HereHere,laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.

10 En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene ’n roukleed enop alle hoofde kaalheid. En Ek maak ditsoos by die rou oor ’n enigste kind en die einde daarvan soos ’n bittere dag.

11 Kyk, daar kom dae, spreek die HereHere, dat Ek ’n honger in die land stuur, nie ’n honger na brood nie en nie ’n dors na water nie, maarom die woorde van dieHerete hoor.

12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van dieHerete soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

13 In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk —

14 hulle wat sweer bydie skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef,o Dan! en: So waar as die weg vanBerséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.

AMOS 9

Vyfde gesig: die verwoesting van die altaar. Belofte van herstel.

1 EK het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteelvan die pilaar,sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek saldie wat van hulle oorbly, met die swaard ombring:die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.

2 Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.

3 En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt.

4 En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rigten kwade en nie ten goede nie.

5 Ja, dit is die HereHerevan die leërskare wat die aarde aanraak, sodatdit bewe enalmal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.

6 Dit is Hywat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig,wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem,Hereis sy Naam!

7 Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek dieHere. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?

8 Kyk, die oë van die HereHereis gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maarEk sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek dieHere.

9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.

10 Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.

11 In dié dagsal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;

12 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek dieHerewat dit doen.

13 Kyk, die dae kom, spreek dieHere, datdie ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloeisal wees.

14 EnEk sal die lot van my volk Israel verander, enhulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

15 En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê dieHerejou God.