OBÁDJA 1

Teen Edom.

1 DIE gesig van Obádja. So sê die HereHereaangaande Edom:Ons het ’n tyding van dieHeregehoor, en ’n boodskapper is uitgestuur onder die nasiesom te sê:Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!

2 Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.

3 Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly,enin jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?

4 Al woon jy so hoog soos die arend enal was jou nes tussen die sterre gestel — daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek dieHere.

5 As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het,sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

6 Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!

7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê ’n strik onder jou as jou brood.Daar is geen verstand in hom nie!

8 Sal Ek niein dié dag, spreek dieHere, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

9 En jou helde sal verskrik wees, oTeman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.

10 Weens die geweld teenjou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.

11 Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring endie lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!

12 En tog moes jy nie met genotdie dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!

13 Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en niedie handuitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!

14 En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.

15 Want die dag van dieHereis naby oor al die nasies;soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word,jou daad sal op jou hoof neerkom.

16 Wantnet soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.

17 Maarop die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal ’n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.

18 Dan sal die huis van Jakob’n vuur wees en die huis van Josef ’n vlam, maar die huis van Esau ’n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want dieHerehet dit gespreek.

19 Dansal dié van die Suidland die gebergte van Esau, en dié van die Laevelddie land vandie Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samaría, en Benjamin Gílead in besit neem.

20 Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaäniete is, tot bySarfatverower;en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefárad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.

21 Dansal daar verlossersdie berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, endie koninkryk sal aan dieHeretoebehoort.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

11 + two =