AMOS 3

Eerste strafrede: die komende oordeel.

1 HOOR hierdie woord wat dieHereoor julle gespreek het,o kinders van Israel, oor die hele geslagwat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:

2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde;dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulleeersafgespreek het?

4 Sal ’n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

5 Sal ’n voël in ’n net val op die grond as daar vir hom geen strikgestelis nie? Sal ’n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?

6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie?Sal daar ’n onheil in die stad voorval as dieHeredit nie bewerk het nie?

7 Want die HereHeredoen nikstensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

8 Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die HereHerehet gespreek,wie sal nie profeteer nie?

9 Roep dit uit oor die paleise vanAsdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge vanSamaría, en aanskou die groot beroering in die midde van diestaden die verdrukking daarbinne.

10 Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek dieHere— hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.

11 Daarom, so sê die HereHere: ’n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.

12 So sê dieHere: Soos ’n herder ’n paar pote of ’n oorlappie red uit die bek van ’n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaría in die hoek van ’n bed of op die damás van ’n rusbank sit.

13 Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die HereHere, die God van die leërskare,

14 dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oordie altare vanBet-el, sodatdie horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.

15 Dan sal Ekdie winterhuis saam met die somerhuis tref,en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × three =