AMOS 5

Die derde strafrede: klaaglied oor Israel.

1 HOOR hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!

2 Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie;neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.

3 Want so sê die HereHere: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.

4 Want so sê dieHereaan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!

5 Maar soekBet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur naBerséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.

6 Soek dieHere, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos ’n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.

7 Julle wat die reg in wildeals verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

8 Hy watdie Sewe-ster en die Oríon gemaak het en dieduisternis in môrelig verander endie dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde —Hereis sy Naam!

9 Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!

10 Hulle haatdie manwat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ’n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

11 Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom ’n heffing van koring neem,het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.

12 Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem endie behoeftiges wegstoot in die poort.

13 Daarom swyg die verstandige in so ’n tyd, want dit is ’n onheilspellende tyd.

14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en dieHere, die God van die leërskare, só met julle kan weessoos julle sê.

15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort — miskien sal dieHere, die God van die leërskare, Hom ontferm oordie oorblyfsel van Josef.

16 Daarom, so sê dieHere, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.

17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneerEk in jou midde deurtrek, sê dieHere.

18 Wee die wat nadie dag van dieHereverlang! Wat sal tog die dag van dieHerevir julle wees?Dit sal duisternis wees en geen lig nie.

19 Soos wanneer iemand vlug vir ’n leeu, maar ’n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ’n slang byt hom!

20 Is die dag van dieHerenie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ’n ligstraal?

21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.

22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers,Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.

23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ’n standhoudende stroom.

25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,

26 en ook gedraSakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?

27 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê dieHerewie se NaamGod van die leërskare is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − 11 =