AMOS 1

Die onafwendbare oordeel.

1 DIE woorde van Amos,een van die skaapboere uitTekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae vanUssía, koning van Juda, en in die dae vanJeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voordie aardbewing.

2 En hy het gesê: DieHerebrul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.

3 So sê dieHere:Oor drie oortredinge vanDamaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulleGílead met ysterdorssleë gedors het.

4 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die huis vanHásael, en dit sal die paleise vanBénhadad verteer.

5 En Ek saldie grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê dieHere.

6 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanGasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulle ’n ganse bevolking in ballingskap weggevoer hetom dit aan Edom uit te lewer.

7 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.

8 En Ek sal die inwoners uitAsdod uitroei en die wat die septer dra, uit Áskelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, endie oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die HereHere.

9 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanTirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie;omdat hulle ’n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.

10 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.

11 So sê dieHere: Oor drie oortredinge vanEdom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hysy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.

12 Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.

13 So sê dieHere: Oor drie oortredinge van die kinders vanAmmon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdathulle die swanger vroue van Gílead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.

14 Daarom sal Ek ’n vuur aansteek in die muur vanRabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ’n storm op die dag van die orkaan.

15 En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê dieHere.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × 1 =