HANDELINGE 18

Paulus in Korinthe, daarna in Éfese. Sy terugkeer na Jerusalem.

1 EN daarna het Paulus uit Athéne vertrek en inKorinthe gekom.

2 En hy het ’n Jood gevind met die naam vanÁquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdatClaudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;

3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly engewerk, want hulle was tentmakers van ambag.

4 En hy het elke sabbatin die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

5 Entoe Silas en Timótheüsvan Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig datJesus die Christus is.

6 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek,het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Vannou af sal ek na die heidene gaan.

7 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus,wat ’n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.

8 EnCrispus,die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.

9 Endie Here het deur ’n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

10 wantEk is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.

11 En hy het daar gebly ’n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.

12 En toe Gálliogoewerneur vanAcháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan enhom voor die regterstoel gebring

13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God oponwettige wyse te vereer.

14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;

15 maar as dit ’n geskil is oor ’n woord en oor name en oor ’n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.

16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.

17 En al die Grieke hetSósthenes, diehoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.

18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en naSírië uitgeseil, en saam met homPriscílla en Áquila. En inKenchréë het hysy hoof geskeer, want hy het ’n gelofte gedoen.

19 En hy het in Éfese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.

20 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,

21 maar van hulle afskeid geneem en gesê:Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van Éfese afgevaar.

22 En toe hy inCesaréa gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis naAntiochíë.

23 En nadat hy ’n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die landGalásië en Frígië deurgereis en al die dissipelsversterk.

Apollos in Éfese en Korinthe.

24 EN ’n sekere Jood met die naam vanApollos, wat inAlexandríë gebore was, ’n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.

25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.

26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadatÁquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

27 En toe hy wou deurgaan naAcháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom,was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;

28 want hy het dieJode kragtig in die openbaar weerlê en deur dieSkrifte bewys datJesus die Christus is.

HANDELINGE 19

Derde sendingreis van Paulus. Die evangelie word in Éfese gepreek. Demétrius veroorsaak ’n oproer.

1 EN terwylApollos inKorinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en inÉfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind

2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor datdaar ’n Heilige Gees is nie.

3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met diedoop van Johannes.

4 Daarop sê Paulus:Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesêdat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.

5 En toe hulle dit hoor,is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

6 En Paulus het hulledie hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle hetmet tale gespreek engeprofeteer.

7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.

8 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank methulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.

9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek vandie Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ’n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.

10 En dit hettwee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.

11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,

12 sodatselfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.

13 En sommige van die rondtrekkende Jode,duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!

14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ’n Joodseowerpriester, wat dit gedoen het.

15 Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?

16 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.

17 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, envrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.

18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;

19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was.

20 So hetdie woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.

21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneemom deurMacedónië enAcháje te gaan enna Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het,moet ek Rome ook sien.

22 Daarop stuur hy twee van sy helpers,Timótheüs enErástus, na Macedónië, terwyl hy self nog ’n tyd lank in Asië gebly het.

23 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking totdie Weg ontstaan nie.

24 Want iemand met die naam van Demétrius, ’n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ’naansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.

25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,

26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ’n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sêdat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.

27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.

28 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efésiërs!

29 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleepGajus enAristárchus saam, Macedóniërswat reisgenote van Paulus was.

30 En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.

31 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.

32 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.

33 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; enAlexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.

34 Maar toe hulle verstaan dat hy ’n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!

35 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van diebeeldwat uit die hemel geval het nie?

36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.

37 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.

38 As Demétrius en sy ambagsmanne dan ’n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar isregters: laat hulle mekaar aanklaag.

39 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.

40 Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.

HANDELINGE 20

Paulus besoek opnuut Macedónië en Griekeland en gaan dan na Klein-Asië.

1 EN nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en hetvertrek om naMacedónië te reis.

2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.

3 Endaarhet hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis naSírië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedónië terug te gaan.

4 En tot in Asië het Sópater vanBeréa hom vergesel, en van dieThessalonicense,Aristárchus en Secúndus, enGajus vanDerbe enTimótheüs, en uit AsiëTíchikus enTrófimus.

5 Hulle het vooruitgegaan en inTroas opons gewag.

6 Maar nádie dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.

7 En opdie eerste dag van die week, toe die dissipels vergader hetom brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

8 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.

9 En ’n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in ’n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

10 Toe gaan Paulus ondertoe enval op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.

11 En hy het boontoe gegaan enbrood gebreek en geëet; en nadat hy nog ’n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.

13 Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.

14 Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitiléne gekom.

15 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trogíllion oorgebly en die dag daarop by Miléte gekom.

16 Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaasom, as dit vir hom moontlik was,op die pinksterdag in Jerusalem te wees.

Paulus spreek die ouderlinge van Éfese toe.

17 EN van Miléte het hy gestuur na Éfese endie ouderlinge van die gemeente laat roep.

18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het

19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom hetdeur die komplotte van die Jode;

20 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,

21 terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.

22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,

23 behalwe datdie Heilige Gees in elke stad kragtig getuig ensê dat boeie en verdrukkinge my wag.

24 Maarek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kanvolbring en die bediening wat ekvan die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

26 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag datek rein is van die bloed van almal.

27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

28 Gee dan ag op julleself en op die helekudde waaroor die Heilige Gees julle asopsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hydeur sy eie bloedverkry het.

29 Want ek weet dit, dat ná my vertrekwrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

30 Ja,uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

31 Daarom moet julle waak en onthou dat ekdrie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aandie woord van sy genade, wat magtig is omjulleop te bou en julle ’nerfdeel te gee onder al die geheiligdes.

33 Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;

34 maar julle weet self dathierdie hande voorsien het in die behoeftes van my endie wat by my was.

35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbeidie swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

36 En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.

37 En daar het ’n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

38 veral bedroef oor die woordwat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.

HANDELINGE 21

Paulus terug in Jerusalem. Hy word in die tempel gevang.

1 EN nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.

2 En ons het ’n skip gevind wat na Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.

3 En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons naSírië gevaar en by Tirus aangekom, wantdaar sou die skip sy vrag aflaai.

4 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deurdie Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.

5 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal,met vroue en kinders, ons tot buitekant die stadbegelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.

6 En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.

7 Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.

8 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en inCesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis vanFilippus,die evangelis, wat een van die sewediakenswas, en by hom gebly.

9 En hy het vier ongetroude dogters gehadwat die profetiese gawe besit het.

10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ’n sekereprofeet met die naam vanÁgabus van Judéa afgekom.

11 En toe hy by ons kom, neem hy diegordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees:So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem testerwe vir die Naam van die Here Jesus.

14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!

15 En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.

16 En sommige van die dissipels van Cesaréa het ook saam met ons gegaan en ons by ’n sekere Mnason van Ciprus gebring, ’n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.

17 En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.

18 En op die volgende dag het Paulus saam met ons naJakobus se huis gegaan, en aldie ouderlinge was daar teenwoordig.

19 En nadat hy hulle gegroet het,het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.

20 En toe hulle dit hoor, het hulle die Hereverheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal isyweraars vir die wet.

21 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgensdie sedes moet wandel nie.

22 Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.

23 Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ’n gelofte gedoen het;

24 neem hulle enheilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hullehul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.

25 Wat egter die gelowiges uit die heidene betrefhet ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.

26 Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig enin die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdatdie offer vir elkeen van hulle gebring moes word.

27 Maar toedie sewe dae byna verby was, hetdie Jode van Asiëhom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan

28 en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk endie wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plekontheilig.

29 Want hulle het vantevoreTrófimus, die Efésiër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.

30 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was ’n oploop van die volk; enhulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

31 En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het ’n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.

32 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.

33 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy mettwee kettingsgeboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.

34 En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy nadie kamp gebring moes word.

35 En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

36 Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu:Weg met hom!

37 En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: Is dit my geoorloof om iets vir u te sê? En hy sê vir hom: Ken jy Grieks?

38 Is jy dan nie die Egiptenaar wat ’n tyd gelede oproer gemaak het en die vierduisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?

39 En Paulus antwoord: Ek is ’n Joodse man vanTarsus, ’n burger van geen onvermaarde stad in Cilícië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.

40 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar ’n groot stilte gekom het, het hy hulle indie Hebreeuse taal toegespreek en gesê:

HANDELINGE 22

Paulus lewer sy verdediging voor die volk.

1 BROEDERS en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!

2 En toe hulle hoor dat hy hulle indie Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê:

3 Ek is’n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete vanGamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, ’n yweraar vir God soos julle almal vandag is.

4 Hierdie Weg het ekvervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

5 soos ook die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge my getuies is.Van hulle het ek ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word.

6 Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik ’n groot lig uit die hemel my omstraal,

7 en ek het op die grond geval en ’n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

8 En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.

9 En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het,nie gehoor nie.

10 En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.

11 Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom.

12 En ’nsekere Ananías, ’n vroom man volgens die wet, wat ’n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,

13 hetna my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk.

14 En hy het gesê:Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en dieRegverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;

15 want jy sal vir Hom by al die mense ’ngetuie wees van wat jy gesien en gehoor het.

16 En nou, waarom versuim jy? Staan op,laat jou doop enjou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

17 Entoe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in’n verrukking van sinne gekom

18 en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.

19 En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;

20 en toe die bloed van Stéfanus, u getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan ensy vermoording goedgekeur endie klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.

21 En Hy het vir my gesê: Gaan heen,want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene.

22 Tot by hierdie woord het hulle na hom geluister; toe verhef hulle hul stem en sê:Weg van die aarde met so ’n mens,want hy behoort nie te lewe nie!

23 En terwyl hulle so skreeu en hulle klere afgooi en stof in die lug werp,

24 het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy indie kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met géselslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep.

25 En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om ’nRomeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?

26 Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is ’n Romein.

27 En die owerste oor duisend het gekom en hom gevra: Sê vir my of jy ’n Romein is? En hy antwoord: Ja.

28 Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir ’n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.

29 Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ookgevrees, omdat hy nou wis dat hy ’n Romein was en hy hom geboei het.

Paulus voor die Joodse Raad.

30 EN die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle heleRaad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.

HANDELINGE 23

1 EN Paulus het die oë opdie Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met ’nvolkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.

2 Maar die hoëpriesterAnanías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.

3 Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan,gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel uin stryd met die wet dat ek geslaan moet word?

4 Endie wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5 Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van ’nowerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.

6 En omdat Paulus geweet het dat die een deel uitSadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders,ek is ’n Fariseër, die seun van ’n Fariseër.Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.

7 En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.

8 Want die Sadduseërssê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.

9 Toe was daar ’n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as ’n gees met hom gespreek het, of ’n engel,laat ons nie teen God stry nie.

10 En toe daar ’n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.

11 En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jyin Rome ook getuig.

Samespanning van die Jode teen Paulus. Hy word na Cesaréa gestuur.

12 EN toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.

13 En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.

14 Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.

15 Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.

16 Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.

17 En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het iets om aan hom te vertel.

18 Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.

19 Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?

20 En hy sê: Die Jode het ooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring nadie Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem.

21 Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wathulleself vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u toestemming.

22 En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.

23 En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou tweehonderd soldate gereed om naCesaréa te gaan, en sewentig ruiters en tweehonderd lig gewapende manne, teen die derde uur van die nag.

24 En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix,die goewerneur, oorbring.

25 En hy het ’n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:

26 Claudius Lísias aan die hoogedele goewerneur Felix:Groete!

27 Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met diesoldate bygekom en hom gered,omdat ek verneem het dat hy ’n Romein is.

28 Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring

29 en uitgevind dat hy beskuldig wordoor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van ietswat die dood of boeie verdien nie.

30 Enomdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode ’n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!

31 En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.

32 En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.

33 En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.

34 En die goewerneur hetdie briefgelees en gevra uit watterprovinsie hy was;en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,

35 sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.

HANDELINGE 24

Paulus voor die regterstoel van die goewerneur Felix.

1 EN vyf dae daarna het die hoëpriesterAnanías met die ouderlinge en ’n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.

2 En toe hy opgeroep is, begin Tertúllus hom beskuldig en sê:

3 Dat ’n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.

4 Maar om u nie te lank op te hou nie, versoek ek u om ons in u vriendelikheid kortliks aan te hoor.

5 Want ons het gevind dat hierdie man ’n pes is en’n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ’n voorman van die sekte van die Nasaréners,

6 wat selfs probeer hetom die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou homvolgens ons wet oordeel;

7 maar Lísias, die owerste oor duisend, het gekom enhommet groot geweld uit ons hande weggeneem

8 en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom. Van hom sal u self, ná ondersoek, kennis kan verkry van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.

9 En die Jode het ook saamgestem en gesê dat dit so was.

10 En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed,

11 aangesien u te wete kan kom dat dit nie meer astwaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie.

12 En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of ’n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.

13 En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie.

14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

15 en ’n hoop op God het,’n hoopwat hulle self ook verwag, dat daar ’nopstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

16 Daarom oefen ek my ookom altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê.

17 Maar nábaie jare het ek gekomom aan my volk aalmoese te bring en offers.

18 En terwyl ek hiermee besig was, hetsekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ’n skare of met ’n opskudding nie.

19 Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.

20 Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind hettoe ek voor die Raad gestaan het,

21 behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik:Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!

22 Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge vandie Weg bekend was; en hy het gesê: WanneerLísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.

23 En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maardat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.

24 En ’n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat ’n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.

25 Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, enas ek ’n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

26 En tegelykertyd het hy ook gehoop dat geld aan hom deur Paulussou gegee word om hom los te laat. Daarom het hy hom ook dikwels laat haal en met hom gesprekke gehad.

27 Maar twee jaar het verbygegaan, en toe kry Felix vir Porcius Festus as opvolger; en omdat Felixaan die Jode ’n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat.

HANDELINGE 25

Paulus verskyn voor Festus en beroep hom op die keiser.

1 FESTUS het dan in dieprovinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.

2 Endie hoëpriester en die vernaamstes van die Jode het Paulus by hom aangeklaag

3 en by hom aangedring en gevra, as ’n guns teenPaulus,dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulleintussen’nhinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.

4 Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.

5 Laat dan dié onder julle, sê hy, wat bevoeg is, saamgaan, en as daar iets verkeerds in hierdie man is, hom beskuldig.

6 En nadat hy nie meer as tien dae onder hulle deurgebring het nie, het hy na Cesaréa afgegaan en die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Paulus voorgebring moes word.

7 En toe hy verskyn, het die Jodewat van Jerusalem afgekom het, rondomhomgestaan en baie en swaar beskuldiginge teen Paulus ingebringwat hulle nie kon bewys nie,

8 terwyl hy tot sy verdediging gesê het:Ek het niks teen die wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.

9 Maar omdat Festusaan die Jode ’n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Paulus gesê:Wil jy na Jerusalem opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?

10 Toe sê Paulus: Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet word. Aan die Jode het ek geen onreg gedoen nie, soos u ook baie goed weet.

11 Want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te sterwe nie. Maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan kan niemand my aan hulle by wyse van guns oorlewer nie.Ek beroep my op die keiser!

12 Toe antwoord Festus, nadat hy met die Raad gespreek het: Op die keiser het jy jou beroep — na die keiser sal jy gaan!

Paulus voor Agríppa.

13 EN ná verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.

14 En toe hulle daar verskeie dae deurgebring het, het Festus die saak van Paulus aan die koning voorgelê en gesê:Hier is ’n man deur Felix as gevangene agtergelaat,

15 teen wie die owerpriesters en die ouderlinge van die Jode, toe ek in Jerusalem was, ’n klag ingedien en vonnis teen hom gevra het.

16 En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordatdie beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.

17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man voor te bring.

18 Die beskuldigers het teen hom opgetree en geen beskuldiging ingebring van dinge soos ek verwag het nie,

19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eiegodsdiens gehad en oor ’n sekere Jesus wat dood is, van wie Paulus verklaar het dat Hy lewe.

20 En omdat ek met die ondersoek hiervan verleë was, het ek gevra of hy na Jerusalem wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan;

21 maar toe Paulus in beroep gegaan het om in bewaring te bly vir die beslissing van die keiser, het ek bevel gegee dat hy in bewaring moes bly totdat ek hom na die keiser kon stuur.

22 En Agríppa sê vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.

23 Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.

24 Toe sê Festus: Koning Agríppa en manne wat almal hier saam met ons is, u sien hierdie man oor wie die hele menigte van die Jode my aangespreek het in Jerusalem en ook hier, en uitgeroep het dathy nie langer behoort te lewe nie.

25 Maar omdat ek gevind het dathy niks gedoen het wat die dood verdien nie, enhy self ook hom op die keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.

26 Maar ek kan niks sekers oor hom aan my heer skrywe nie; daarom het ek hom voor u gebring en veral voor u, koning Agríppa, sodat ek ná die ondersoek iets kan skrywe.

27 Want dit lyk vir my onredelik om ’n gevangene te stuur en nie die beskuldiginge teen hom aan te dui nie.

HANDELINGE 26

1 EN Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself:

2 Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,

3 veral omdat u bekend is met aldie sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.

4 My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,

5 omdat hulle my van dié tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens diestrengste party van ons godsdiens asFariseër geleef het.

6 En nou staan ek tereg oordie hoop opdie belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,

7 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

8 Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?

9 Wat my betref, ek het gemeendat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.

10 Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie vandie heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriestersvolmag verkry het;en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.

11 En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; enek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12 Toeek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,

13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ’n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.

14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek ’n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

15 Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.

16 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ’n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

17 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidenena wie Ek jou nou stuur,

18 om hulle oë te open, dat hulle hulvan die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in Myvergifnis van sondes en ’nerfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.

19 Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,

20 maar ek heteers aan die mense in Damaskus enin Jerusalem enin die hele land van Judéa enaan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.

21 Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.

22 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten watdie profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:

23 dat die Christusmoes ly endie eerste wees uit die opstanding van die dode, en ’nlig aan die volk en die heidene sou verkondig.

24 Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ’n groot stem:Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.

25 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

26 Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in ’n hoek gebeur nie.

27 Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.

28 En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ’nChristen te word.

29 En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buitenhierdie boeie.

30 En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur enBerníce en die wat saam met hulle gesit het.

31 En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê:Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.

32 En Agríppa sê vir Festus:Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nieop die keiser beroep het nie.

HANDELINGE 27

Paulus word na Rome gestuur. Die skipbreuk.

1 EN toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan ’n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július.

2 En nadat ons in ’n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan, het ons afgevaar, enAristárchus van Macedónië, ’n man vanThessaloníka, was saam met ons.

3 En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel enhom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.

4 En daarvandaan het ons afgevaar en onderkant Ciprus verbygeseil, omdat die winde teenonswas.

5 Ons het daarop die see langs Cilícië en Pamfílië deurgevaar en by Mira in Licië aangekom.

6 En daar het die hoofman oor honderd’n skip van Alexandríë gevind wat na Italië vaar, en ons daarop laat oorklim.

7 En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.

8 En toe ons met moeite dit verbygeseil het, kom ons by ’n plek wat genoem word Mooi Hawens, in die nabyheid waarvan die stad Laséa is.

9 En omdat ’n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku

10 en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.

11 Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus;

12 en omdat die hawe nie geskik was omdaarte oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, ’n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.

13 En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil.

14 Maar nie lank daarna nie het ’n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan.

15 En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.

16 En toe ons onderkant ’n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou.

17 En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.

18 En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dagvan die vrag uitgegooi;

19 en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi.

20 En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en ’n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.

21 En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het.

22 Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.

23 Wantdaar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel van die God aan wie ek behoort, watek ook dien.

24 En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar.

25 Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.

26 Maarons moet op ’n sekere eiland strand.

27 En toe die veertiende nag kom, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land kom.

28 Daarop gooi hulle die dieplood uit en kry twintig vaam; en nadat hulle ’n bietjie verder gegaan het, gooi hulle die dieplood uit en kry vyftien vaam.

29 En omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle van die agterskip vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag word.

30 Maar die matrose het probeer om uit die skip te vlug endie sleepbootjie in die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle ankers van die voorskip af wou uitgooi.

31 Toe sê Paulus vir die hoofman oor honderd en die soldate: As hierdiemannenie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.

32 Daarop het die soldate die toue van die sleepbootjie afgekap en hom laat afval.

33 En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

34 Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal ’n haar van sy hoof val nie.

35 Toe hy dit gesê het, neem hy brood,dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.

36 En hulle het almal moed geskep en self ook voedsel geneem.

37 En ons was in die skip altesaam tweehonderd-ses-en-sewentig siele.

38 En nadat hulle met voedsel versadig was, het hulle die skip ligter gemaak deur die koring in die see te gooi.

39 En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het ’n inham met ’n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.

40 En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.

41 En hulle het op ’n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.

42 Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.

43 Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,

44 en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so hetalmal behoue aan land gekom.