HANDELINGE 18

Paulus in Korinthe, daarna in Éfese. Sy terugkeer na Jerusalem.

1 EN daarna het Paulus uit Athéne vertrek en inKorinthe gekom.

2 En hy het ’n Jood gevind met die naam vanÁquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdatClaudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;

3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly engewerk, want hulle was tentmakers van ambag.

4 En hy het elke sabbatin die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

5 Entoe Silas en Timótheüsvan Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig datJesus die Christus is.

6 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek,het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Vannou af sal ek na die heidene gaan.

7 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus,wat ’n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.

8 EnCrispus,die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.

9 Endie Here het deur ’n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

10 wantEk is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.

11 En hy het daar gebly ’n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.

12 En toe Gálliogoewerneur vanAcháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan enhom voor die regterstoel gebring

13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God oponwettige wyse te vereer.

14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;

15 maar as dit ’n geskil is oor ’n woord en oor name en oor ’n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.

16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.

17 En al die Grieke hetSósthenes, diehoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.

18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en naSírië uitgeseil, en saam met homPriscílla en Áquila. En inKenchréë het hysy hoof geskeer, want hy het ’n gelofte gedoen.

19 En hy het in Éfese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.

20 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,

21 maar van hulle afskeid geneem en gesê:Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van Éfese afgevaar.

22 En toe hy inCesaréa gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis naAntiochíë.

23 En nadat hy ’n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die landGalásië en Frígië deurgereis en al die dissipelsversterk.

Apollos in Éfese en Korinthe.

24 EN ’n sekere Jood met die naam vanApollos, wat inAlexandríë gebore was, ’n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.

25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.

26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadatÁquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

27 En toe hy wou deurgaan naAcháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom,was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;

28 want hy het dieJode kragtig in die openbaar weerlê en deur dieSkrifte bewys datJesus die Christus is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

twenty + 17 =