HANDELINGE 20

Paulus besoek opnuut Macedónië en Griekeland en gaan dan na Klein-Asië.

1 EN nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en hetvertrek om naMacedónië te reis.

2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.

3 Endaarhet hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis naSírië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedónië terug te gaan.

4 En tot in Asië het Sópater vanBeréa hom vergesel, en van dieThessalonicense,Aristárchus en Secúndus, enGajus vanDerbe enTimótheüs, en uit AsiëTíchikus enTrófimus.

5 Hulle het vooruitgegaan en inTroas opons gewag.

6 Maar nádie dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.

7 En opdie eerste dag van die week, toe die dissipels vergader hetom brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

8 En daar was baie lampe in die bovertrek waar hulle vergader het.

9 En ’n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in ’n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

10 Toe gaan Paulus ondertoe enval op hom en slaan sy arms om hom en sê: Moenie so te kere gaan nie, want sy lewe is in hom.

11 En hy het boontoe gegaan enbrood gebreek en geëet; en nadat hy nog ’n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

12 En hulle het die seun lewendig huis toe weggebring en was uitermate getroos.

13 Maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assus, waar ons van plan was om Paulus aan boord te neem; want so het hy dit bestel, omdat hy self te voet wou gaan.

14 Toe hy ons dan in Assus ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitiléne gekom.

15 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trogíllion oorgebly en die dag daarop by Miléte gekom.

16 Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaasom, as dit vir hom moontlik was,op die pinksterdag in Jerusalem te wees.

Paulus spreek die ouderlinge van Éfese toe.

17 EN van Miléte het hy gestuur na Éfese endie ouderlinge van die gemeente laat roep.

18 En toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: Julle weet hoe ek, van die eerste dag af dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle gewees het

19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom hetdeur die komplotte van die Jode;

20 hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise,

21 terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.

22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,

23 behalwe datdie Heilige Gees in elke stad kragtig getuig ensê dat boeie en verdrukkinge my wag.

24 Maarek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kanvolbring en die bediening wat ekvan die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.

26 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag datek rein is van die bloed van almal.

27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

28 Gee dan ag op julleself en op die helekudde waaroor die Heilige Gees julle asopsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hydeur sy eie bloedverkry het.

29 Want ek weet dit, dat ná my vertrekwrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

30 Ja,uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

31 Daarom moet julle waak en onthou dat ekdrie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aandie woord van sy genade, wat magtig is omjulleop te bou en julle ’nerfdeel te gee onder al die geheiligdes.

33 Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;

34 maar julle weet self dathierdie hande voorsien het in die behoeftes van my endie wat by my was.

35 Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbeidie swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

36 En ná hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.

37 En daar het ’n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,

38 veral bedroef oor die woordwat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four + 5 =