HANDELINGE 23

1 EN Paulus het die oë opdie Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met ’nvolkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.

2 Maar die hoëpriesterAnanías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan.

3 Toe sê Paulus vir hom: God sal u slaan,gewitte muur! U sit tog om my volgens die wet te oordeel, en beveel uin stryd met die wet dat ek geslaan moet word?

4 Endie wat daarby staan, sê: Skel jy die hoëpriester van God uit?

5 Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van ’nowerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.

6 En omdat Paulus geweet het dat die een deel uitSadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders,ek is ’n Fariseër, die seun van ’n Fariseër.Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.

7 En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.

8 Want die Sadduseërssê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.

9 Toe was daar ’n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as ’n gees met hom gespreek het, of ’n engel,laat ons nie teen God stry nie.

10 En toe daar ’n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.

11 En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jyin Rome ook getuig.

Samespanning van die Jode teen Paulus. Hy word na Cesaréa gestuur.

12 EN toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.

13 En daar was meer as veertig wat hierdie sameswering gemaak het.

14 Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.

15 Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom.

16 Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.

17 En Paulus het een van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Bring hierdie jongman by die owerste oor duisend, want hy het iets om aan hom te vertel.

18 Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.

19 Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?

20 En hy sê: Die Jode het ooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring nadie Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem.

21 Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wathulleself vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u toestemming.

22 En die owerste oor duisend het die jongman laat gaan en hom bevel gegee: Vertel aan niemand dat jy dit aan my bekend gemaak het nie.

23 En hy het twee van die hoofmanne oor honderd na hom geroep en gesê: Hou tweehonderd soldate gereed om naCesaréa te gaan, en sewentig ruiters en tweehonderd lig gewapende manne, teen die derde uur van die nag.

24 En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix,die goewerneur, oorbring.

25 En hy het ’n brief geskrywe met ongeveer hierdie inhoud:

26 Claudius Lísias aan die hoogedele goewerneur Felix:Groete!

27 Toe hierdie man wat deur die Jode gevang is, op die punt gestaan het om deur hulle omgebring te word, het ek met diesoldate bygekom en hom gered,omdat ek verneem het dat hy ’n Romein is.

28 Maar omdat ek te wete wou kom wat die oorsaak was waarom hulle hom beskuldig, het ek hom na hulle Raad afgebring

29 en uitgevind dat hy beskuldig wordoor twisvrae van hulle wet, maar dat hy nie aangeklaag word van ietswat die dood of boeie verdien nie.

30 Enomdat aan my meegedeel is dat daar deur die Jode ’n komplot teen die man sou gesmee word, het ek hom meteens na u gestuur en ook sy beskuldigers gelas om wat hulle teen hom het, voor u te sê. Vaarwel!

31 En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.

32 En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.

33 En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.

34 En die goewerneur hetdie briefgelees en gevra uit watterprovinsie hy was;en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,

35 sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fifteen − two =