HANDELINGE 26

1 EN Agríppa sê vir Paulus: Dit is jou vergun om vir jouself te spreek. Toe steek Paulus sy hand uit en verdedig homself:

2 Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,

3 veral omdat u bekend is met aldie sedes en vraagstukke onder die Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.

4 My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring is onder my nasie in Jerusalem, ken al die Jode,

5 omdat hulle my van dié tyd af geken het, as hulle dit wil betuig, hoe ek volgens diestrengste party van ons godsdiens asFariseër geleef het.

6 En nou staan ek tereg oordie hoop opdie belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,

7 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

8 Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?

9 Wat my betref, ek het gemeendat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.

10 Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie vandie heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriestersvolmag verkry het;en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.

11 En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; enek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12 Toeek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,

13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ’n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.

14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek ’n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

15 Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.

16 Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ’n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

17 terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidenena wie Ek jou nou stuur,

18 om hulle oë te open, dat hulle hulvan die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in Myvergifnis van sondes en ’nerfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.

19 Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,

20 maar ek heteers aan die mense in Damaskus enin Jerusalem enin die hele land van Judéa enaan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.

21 Om hierdie rede het die Jode my in die tempel gevang en my probeer ombring.

22 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten watdie profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:

23 dat die Christusmoes ly endie eerste wees uit die opstanding van die dode, en ’nlig aan die volk en die heidene sou verkondig.

24 Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met ’n groot stem:Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.

25 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

26 Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in ’n hoek gebeur nie.

27 Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.

28 En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ’nChristen te word.

29 En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buitenhierdie boeie.

30 En nadat Paulus dit gesê het, staan die koning op en die goewerneur enBerníce en die wat saam met hulle gesit het.

31 En toe hulle weggaan, praat hulle met mekaar en sê:Hierdie man doen niks wat die dood of die boeie verdien nie.

32 En Agríppa sê vir Festus:Hierdie man kon losgelaat gewees het as hy hom nieop die keiser beroep het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

three × 5 =