EXODUS 22

Wette oor die eiendom van die naaste.

1 AS iemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed envier stuks kleinvee vir ’n stuk kleinvee.

2 As ’n dief betrap wordterwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeurgeen bloedskuld ontstaan nie;

3 as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstalverkoop word.

4 As die gesteelde goed — of dit ’n bees, ’n esel of ’n stuk kleinvee is — nog lewendig in sy besit gevind word, moet hydubbel vergoeding gee.

5 As iemand ’n stuk veld of ’n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.

6 As ’n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat ’n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.

7 As iemand aan sy naaste geld of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel,moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee.

8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na dieowerhede gaanom te beslisof hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie.

9 By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor ’n bees, oor ’n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! — moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.

10 As iemand aan sy naaste ’n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of kry ’n ongeluk of word weggevoer sonder dat iemand dit sien,

11 dan moet dieeed by dieHeretussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie.

12 Maaras dit van hom weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.

13 Asdit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.

14 En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit kry ’n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee.

15 As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.

16 As iemand ’n jongmeisie wat nie verloof is nie,verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.

17 As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens diehuweliksprys vir jongmeisies.

18 Dietowerheks mag jy nie laat lewe nie.

19 Elkeen wat met ’n dier gemeenskap het, moet sekerlik gedood word.

20 Hy wat aan die gode offer, behalwe aan dieHerealleen, moet met die banvloek getref word.

21 Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.

22 Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.

23 As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek,as hulle na My roep,hulle geroep sekerlik hoor,

24 en my toorn sal ontvlam, en Ek saljulle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.

25 As jy aan my volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.

26 As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan;

27 want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek isgenadig.

28 Jy mag Godnie vloek nie, en ’n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.

29 Die offer uitjou volle opbrings en jou parskuip mag jy nie terughou nie.Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.

30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee:sewe dae moet dit by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy dit aan My gee.

31 En julle moet vir Myheilige mense wees.Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.

EXODUS 23

Verskillende ander wette.

1 JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om ’nkwaadwillige getuie te wees nie.

2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan omdie regte verdraai nie.

3 Ook mag jy die geringe nievoortrek in sy regsaak nie.

4 As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.

5 As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.

6 Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.

7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.

8 Ookmag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.

9 Jymag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle ken self die gemoed van ’n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.

10 Enses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings daarvan insamel;

11 maar in die sewende moet jy dit ongebruik en braak laat lê, dat die arm mense van jou volk kan eet; en wat hulle laat oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en jou olyfbome.

12 Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.

13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En dienaam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.

14 Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n fees hou.

15 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek —maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;

16 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ookdie fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

17 Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die HereHereverskyn.

18 Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.

19 Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van dieHerejou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.

20 Kyk, Ek stuur ’n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.

21 Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem;wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.

22 Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, salEk die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

23 Want my Engel sal voor jou uit gaan en joubring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.

24 Jy mag jouvoor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie;maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare kort en klein slaan.

25 En julle moet dieHerejulle God dien; dan salHy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

26 Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou daevol maak.

27 Ek salmy skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom,in verwarring bring. En Ek sal al jou vyande vir jou laat vlug.

28 Ook salEk perdebye voor jou uit stuur; dié sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe.

29 Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie.

30 Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.

31 EnEk sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle handgee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.

32 Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie.

33 Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja,dit sal vir jou ’n strik wees.

EXODUS 24

Moses en die oudstes klim op die berg.

1 DAARNA het Hy vir Moses gesê: Klim na dieHeretoe op, jy en Aäron,Nadab en Abíhu ensewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.

2 En laat Mosesalleen nader kom na dieHeretoe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.

3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van dieHereen al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê:Al die woorde wat dieHeregespreek het, sal ons doen.

4 En Moseshet al die woorde van dieHereopgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ’n altaar gebou, en twaalfgedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en asdankoffers bulle vir dieHeregeslag.

6 En Moseshet die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.

7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat dieHeregespreek het, sal ons doen en daarna luister.

8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat dieHeremet julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.

9 Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.

10 En hullehet die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ’n vloerwerk vansaffierstene en so helder soos die hemel self.

11 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israeluitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hullegeëet en gedrink.

12 Toe sê dieHerevir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou diekliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.

13 Hierop het Moses klaargemaak en Josua,sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim

14 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron enHur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.

15 Toe Moses die berg opklim, het’n wolk die berg oordek.

16 En dieheerlikheid van dieHerehet op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.

17 En die verskyning van dieHerese heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ’nverterende vuur op die top van die berg.

18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. EnMoses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

EXODUS 25

Vrywillige offers om die heiligdom op te rig.

1 TOE het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ’n offergawe moet bring;van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.

3 En dit is die offergawe wat julle van hulle kant moet bring: goud en silwer en koper;

4 en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

5 en rooigeverfde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;

6 olie vir die kandelaar,speserye vir die salfolie en vir diereukwerk van speserye;

7 oniksstene en stene om in te lê vir dieskouerkleed en dieborstas.

8 Ook moet hulle vir My ’nheiligdom maak, datEk in hulle midde kan woon.

9 Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.

Die Ark. Die versoendeksel. Die gérubs.

10 HULLE moet dan ’n ark van akasiahout maak. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees.

11 En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ’ngoue krans maak rondom.

12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is.

13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.

14 En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.

15 Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.

16 Daarna moet jy in die arkdie Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee.

17 Maak ook ’nversoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees.

18 Maak ook twee gérubs van goud. Vandryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.

19 En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.

20 En diegérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.

21 En sit die versoendeksel bo-op die ark; maarin die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.

22 Endaar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af,tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.

Die tafel van die toonbrode.

23 MAAK ook ’n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ’n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees.

24 En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor’n goue krans rondom.

25 Maak daarvoor ook ’n lys van ’n handbreed rondom; en maak ’n goue krans vir die lys rondom.

26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.

27 Naby die lys moet die ringe wees asplekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.

29 Maak ook syskottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.

30 En op die tafel moet jy altyddeurtoonbrood voor my aangesig neersit.

Die goue kandelaar.

31 MAAK ook ’n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.

32 En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:

35 daar moet ’n knop wees onder dieeerstepaar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder dietweedepaar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder diederdepaar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak,en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.

38 Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees.

39 Van ’n talent suiwer goud moet hulle dit maak — al hierdie voorwerpe.

40 Enkyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.

EXODUS 26

Die tabernakel en die tent.

1 EN die tabernakelmoet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.

2 Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.

3 Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.

4 En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.

5 Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.

6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.

7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.

8 Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.

9 En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.

10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van dielaastetentdoek van die tweede stel.

11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.

12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke — die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.

13 En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.

14 Jy moet ook vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfderamsvelle maak en ’n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.

Die style van die tabernakel.

15 JY moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.

16 Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.

17 Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.

18 En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.

19 Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.

20 En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style

21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

22 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.

23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.

24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.

25 So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.

26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel

27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.

28 En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.

29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, asplekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.

30 So moet jy dan die tabernakel oprigvolgens die plan wat jou op die berg getoon is.

Die voorhangsel en die deur.

31 VERDERmoet jy ’n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.

32 En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.

33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van dieGetuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.

34 En jymoet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.

35 Ensit die tafel buitekant die voorhangsel, en diekandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.

36 Jy moet ook vir die ingang van die tent ’nbedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne,veelkleurige werk.

37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.

EXODUS 27

Die koperaltaar vir die brandoffers.

1 JY moet ook diealtaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.

2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; enjy moet dit met koper oortrek.

3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak.

4 Jy moet daar ’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.

5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.

6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.

7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.

8 Jy moet dit hol, van planke, maak.Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.

Die voorhof.

9 JYmoet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;

10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderdellank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.

13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —

14 sodat daar vyftien el behangsels vir die eenkant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

15 en vir die anderkant vyftienelbehangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

16 en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintigel, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.

17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.

19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.

20 Enjý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

21 In die tent van samekoms,buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moetAäron en sy seuns dit regmaakom te brandvan die aand tot die môre voor die aangesig van dieHere.Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.

EXODUS 28

Die heilige klere.

1 DAN moet jý jou broerAäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron,Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.

2 Enjy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3 Jy moet ook spreek met almal watkunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4 En dit is die klere wat hulle moet maak:’n borstas en ’nskouerkleed en’n mantel en’n kunstig bewerkte rok,’n tulband en ’ngordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5 En hulle moet die goud en diepers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, askunstige werk.

7 Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die tweebo-ente moet dit saamgevoeg word.

8 En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 En jy moet tweeoniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

11 Met graveerwerk, soos op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.

12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel —Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van dieHereom hulle ingedagtenis te bring.

13 Jy moet dan kassies van goud maak

14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

15 Jy moet ook die borstas van beslissing maakvan kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.

16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17 En voorsien dit van ’n steeninvulling van vier rye stene: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry wees.

18 En die tweede ry: ’n karbonkel,’n saffier en ’n jaspis.

19 En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

20 En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.

21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die tweebo-ente van die borstas,

24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan diebo-ente van die borstas;

25 en maak die tweeanderente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die tweeonder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo dieband van die skouerkleed.

28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29 So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, omhullein gedagtenis te bring voor die aangesig van dieHeregedurigdeur.

30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van dieHereingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van dieHere.

31 Enjy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees,dat dit nie kan skeur nie.

33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:

34 ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35 En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van dieHere, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

36 Verder moet jy ’nplaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soosop ’n seëlsteen uitgesny word:Heilig aan die Here.

37 En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan dietulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aärondie skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hullevoor die aangesig van dieHerewelgevalle mag vind.

39 Jy moet ookdie rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak,tot eer en tot sieraad.

41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. Ensalf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

42 Maak ook vir hullelinnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hullegeen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ’n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.

EXODUS 29

Die wyding van die priesters.

1 EN dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien:Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,

2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak.

3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in die mandjie saam met die bul en die twee ramme.

4 Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekomsen hulle met water was.

5 En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind homdie band van die skouerkleed om.

6 En sit die tulband op sy hoof, en bevestig die heilige kroon aan die tulband.

7 Neem dan diesalfolie en giet dit op sy hoof en salf hom.

8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat hulle die rokke aantrek,

9 en omgord hulle metdie gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulledie priesteramp kan besit as ’n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.

10 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; enAäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.

11 En slag die bul voor die aangesig van dieHereby die ingang van die tent van samekoms.

12 Danmoet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vingeraan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.

13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.

14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis moet jybuitekant die laer met vuur verbrand. Dit is ’n sondoffer.

15 Neem dan die een ram, en Aäron en sy seunsmoet hulle hande op die ram se kop lê;

16 daarna moet jy die ram slag en sy bloed neem en dit rondom teen die altaar uitgooi.

17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.

18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is ’n brandoffer aan dieHere;’n lieflike geur, ’n vuuroffer is dit aan dieHere.

19 Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seunsmoet hulle hande op die ram se kop lê;

20 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.

21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en vandie salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.

22 En neem van die ram die vet en die vetstert, ookdie vet wat oor die binnegoed is, endie lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud — want dit is ’nwydingsram —

23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van dieHereis.

24 Enlê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHere.

25 Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van dieHere. Dit is ’n vuuroffer aan dieHere.

26 En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van dieHere; daarna moet dit jou deel wees.

27 En jy moetdie bors van die beweegoffer heilig en die boud van diehefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.

28 En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ’n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is ’n hefoffer; en dit sal ’n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers — hulle hefoffer aan dieHere.

29 En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná homwees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.

30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.

31 En jy moet die wydingsram neem ensy vleis in ’n heilige plek kook.

32 Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet en diebrood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms.

33 Enhulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestelengeheilig is;maar ’n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.

34 En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly,moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.

35 So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het.Sewe dae lank moet hulle wyding duur.

36 Jy moet ook daagliks ’nsondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen;en jy moet dit salf om dit te heilig.

37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word:elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.

Die daaglikse brandoffers.

38 EN dit is wat jy op die altaar moet berei:twee jaaroud lammersgereeld elke dag.

39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,

40 met ’n tiendevan ’n efafynmeel, gemeng met ’n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer ’n kwart-hin wyn vir die een lam.

41 En die ander lam moet jyteen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot ’n lieflike geur. Dit is ’n vuuroffer aan dieHere.

42 Dit moet ’nvoortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van dieHere,waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.

43 En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom endie tentsal deur my heerlikheid geheilig word.

44 So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Eksal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien.

45 EnEk sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees;

46 en hulle sal weet datEk dieHerehulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is dieHerehulle God.

EXODUS 30

Die reukaltaar.

1 JY moet ook ’naltaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.

2 ’n El moet sy lengte wees en ’n el sy breedte — vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.

3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor’n goue krans rondom.

4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien asplekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.

5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.

6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor dieversoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.

7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre ashy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.

8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ’n voortdurende reukwerk voor die aangesig van dieHerein julle geslagte.

9 Julle mag daarop geenvreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.

10 EnAäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloedvan die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan dieHere.

Die halfsikkel as ’n offergawe.

11 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

12 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe,losgeld aan dieHeregee as hulle getel word, sodat geenplaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.

13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom —die sikkel is twintig gera —’n halfsikkel as offergawe aan dieHere.

14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van dieHeregee.

15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van dieHeregee om vir julle sieleversoening te doen.

16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel enbestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel ingedagtenis kan bring voor die aangesig van dieHere, om vir julle siele versoening te doen.

Die koperwaskom.

17 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

18 Jy moet ook ’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin,

19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruitkan was.

20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ’n vuuroffer aan dieHereaan die brand te steek.

21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.

Die heilige salfolie en die reukwerk.

22 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

23 En jý, neem vir jou van die beste speserye: vyfhonderdsikkelsfynmirre en die helfte soveel geurige kaneel, tweehonderd-en-vyftigsikkels,en tweehonderd-en-vyftigsikkelsgeurigekalmoes

24 en vyfhonderdsikkelskassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ’nhin olyfolie;

25 en maak daarvan heilige salfolie, ’n salfmengsel soos ’n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.

26 Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis

27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar

28 en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.

29 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees.Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.

30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.

31 En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.

32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.

33 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom,moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

34 Verder het dieHerevir Moses gesê:Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,

35 en maak daar reukwerk van, ’n mengselsoos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.

36 En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms,waar Ek met jou sal saamkom;hoogheilig moet dit vir julle wees.

37 En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan dieHeremoet dit vir jou wees.

38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

EXODUS 31

Verdeling van die werk.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Kyk, Ek hetBesáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

3 en Ek het homvervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,

5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.

6 En kyk, Ek het homOhóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:

7 die tent van samekoms endie ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,

8 endie tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;

9 ook diebrandofferaltaar met al sy gereedskap endie waskom met sy voetstuk

10 endie kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;

11 ook die salfolie en diereukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.

Heiliging van die sabbat.

12 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

13 Spreek jý met die kinders van Israel en sê:Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek dieHereis wat julle heilig.

14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; wantelkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op diesewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan dieHere. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.

16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond.

17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig’n teken; wantin ses dae het dieHeredie hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, dietwee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.