EXODUS 31

Verdeling van die werk.

1 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Kyk, Ek hetBesáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

3 en Ek het homvervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,

5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.

6 En kyk, Ek het homOhóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:

7 die tent van samekoms endie ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,

8 endie tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;

9 ook diebrandofferaltaar met al sy gereedskap endie waskom met sy voetstuk

10 endie kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;

11 ook die salfolie en diereukwerk van speserye vir die heiligdom — net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.

Heiliging van die sabbat.

12 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

13 Spreek jý met die kinders van Israel en sê:Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ’n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek dieHereis wat julle heilig.

14 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; wantelkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.

15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op diesewende dag moet dit wees ’n dag van volkome rus, heilig aan dieHere. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.

16 En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond.

17 Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig’n teken; wantin ses dae het dieHeredie hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.

18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, dietwee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

thirteen − four =