EXODUS 27

Die koperaltaar vir die brandoffers.

1 JY moet ook diealtaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte.

2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; enjy moet dit met koper oortrek.

3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak.

4 Jy moet daar ’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.

5 En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.

6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.

7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.

8 Jy moet dit hol, van planke, maak.Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.

Die voorhof.

9 JYmoet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees;

10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

11 So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderdellank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

12 En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.

13 En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el —

14 sodat daar vyftien el behangsels vir die eenkant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

15 en vir die anderkant vyftienelbehangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;

16 en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintigel, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.

17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper.

18 Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.

19 Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees.

20 Enjý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ’n brandende lamp te hê.

21 In die tent van samekoms,buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moetAäron en sy seuns dit regmaakom te brandvan die aand tot die môre voor die aangesig van dieHere.Dit sal ’n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 4 =