EXODUS 30

Die reukaltaar.

1 JY moet ook ’naltaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.

2 ’n El moet sy lengte wees en ’n el sy breedte — vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.

3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor’n goue krans rondom.

4 Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien asplekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.

5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.

6 Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor dieversoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.

7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre ashy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.

8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ’n voortdurende reukwerk voor die aangesig van dieHerein julle geslagte.

9 Julle mag daarop geenvreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.

10 EnAäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloedvan die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan dieHere.

Die halfsikkel as ’n offergawe.

11 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

12 As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe,losgeld aan dieHeregee as hulle getel word, sodat geenplaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.

13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom —die sikkel is twintig gera —’n halfsikkel as offergawe aan dieHere.

14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van dieHeregee.

15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van dieHeregee om vir julle sieleversoening te doen.

16 Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel enbestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel ingedagtenis kan bring voor die aangesig van dieHere, om vir julle siele versoening te doen.

Die koperwaskom.

17 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

18 Jy moet ook ’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin,

19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruitkan was.

20 As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ’n vuuroffer aan dieHereaan die brand te steek.

21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.

Die heilige salfolie en die reukwerk.

22 VERDER het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

23 En jý, neem vir jou van die beste speserye: vyfhonderdsikkelsfynmirre en die helfte soveel geurige kaneel, tweehonderd-en-vyftigsikkels,en tweehonderd-en-vyftigsikkelsgeurigekalmoes

24 en vyfhonderdsikkelskassie, volgens die sikkel van die heiligdom, en ’nhin olyfolie;

25 en maak daarvan heilige salfolie, ’n salfmengsel soos ’n salfmenger dit maak; heilige salfolie moet dit wees.

26 Daarmee moet jy dan die tent van samekoms salf en die ark van die Getuienis

27 en die tafel met al sy gereedskap en die kandelaar met sy gereedskap en die reukaltaar

28 en die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk.

29 So moet jy hulle dan heilig, dat hulle hoogheilig kan wees.Elkeen wat aan hulle raak, word heilig.

30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle heilig om vir My die priesteramp te bedien.

31 En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.

32 Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.

33 Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom,moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

34 Verder het dieHerevir Moses gesê:Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,

35 en maak daar reukwerk van, ’n mengselsoos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.

36 En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms,waar Ek met jou sal saamkom;hoogheilig moet dit vir julle wees.

37 En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan dieHeremoet dit vir jou wees.

38 Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × three =