EXODUS 28

Die heilige klere.

1 DAN moet jý jou broerAäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron,Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.

2 Enjy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3 Jy moet ook spreek met almal watkunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4 En dit is die klere wat hulle moet maak:’n borstas en ’nskouerkleed en’n mantel en’n kunstig bewerkte rok,’n tulband en ’ngordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5 En hulle moet die goud en diepers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, askunstige werk.

7 Dit moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die tweebo-ente moet dit saamgevoeg word.

8 En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 En jy moet tweeoniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

11 Met graveerwerk, soos op ’n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.

12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel —Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van dieHereom hulle ingedagtenis te bring.

13 Jy moet dan kassies van goud maak

14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

15 Jy moet ook die borstas van beslissing maakvan kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.

16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17 En voorsien dit van ’n steeninvulling van vier rye stene: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry wees.

18 En die tweede ry: ’n karbonkel,’n saffier en ’n jaspis.

19 En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

20 En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.

21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die tweebo-ente van die borstas,

24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan diebo-ente van die borstas;

25 en maak die tweeanderente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die tweeonder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo dieband van die skouerkleed.

28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met ’n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29 So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, omhullein gedagtenis te bring voor die aangesig van dieHeregedurigdeur.

30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van dieHereingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van dieHere.

31 Enjy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van ’n pantser moet dit daaraan wees,dat dit nie kan skeur nie.

33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:

34 ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35 En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van dieHere, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

36 Verder moet jy ’nplaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soosop ’n seëlsteen uitgesny word:Heilig aan die Here.

37 En maak dit vas aan ’n pers toutjie, sodat dit aan dietulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aärondie skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig — al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hullevoor die aangesig van dieHerewelgevalle mag vind.

39 Jy moet ookdie rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak,tot eer en tot sieraad.

41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. Ensalf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

42 Maak ook vir hullelinnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hullegeen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is ’n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag ná hom.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 × two =