EXODUS 12

Instelling van die paasfees.

1 EN dieHerehet met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê:

2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.

3 Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ’n lam neem volgens die families, ’n lam vir ’n huisgesin.

4 Maar as ’n huisgesin te klein is vir ’n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.

5 Julle moet ’n lam hêsonder gebrek, ’n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.

6 En julle moet dit in bewaring hou tot dieveertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.

7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.

8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam metongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.

9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is enas dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met diebinnegoed.

10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand.

11 En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet.’n Pasga van dieHereis dit.

12 Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte,Ek, dieHere.

13 Maar die bloed sal vir julle ’n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.

14 En hierdie dag moet virjulle ’n gedenkdag wees, en julle moet dit as ’n fees tot eer van dieHerevier. Julle moet dit in julle geslagteas ’n ewige insetting vier.

15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe,dié siel moet uit Israel uitgeroei word.

16 En op die eerste dag moet daar’n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.

17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet jullehierdie dag in julle geslagte as ’n ewige insetting hou.

18 In die eerstemaand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.

19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ’n vreemdeling is of ’n kind van die land.

20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.

21 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinveevir julle families en slag die pasga.

22 En neem ’n bossiehisop ensteek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan diebo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.

23 Want dieHeresal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal dieHereby die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.

24 Onderhou dan hierdie saak as ’n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.

25 En as julle in die land kom wat dieHereaan julle sal geesoos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.

26 Enas julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar?

27 dan moet julle sê: Dit is ’n paasoffer aan dieHere, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volkin aanbidding neergebuig.

28 En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos dieHereMoses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.

29 Enmiddernag het dieHereal die eersgeborenes in Egipteland getref,van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.

30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ’ngroot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie.

31 Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, jullesowel as die kinders van Israel, en gaan dien dieHeresoos julle gespreek het.

32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.

33 En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou — om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood!

34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers.

35 En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hullehet van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;

36 en dieHerehet aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So hethulle dan die Egiptenaars berowe.

37 En die kinders van Israel het vanRaämses na Sukkot weggetrek, omtrentseshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.

38 En ’n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste — ’n groot hoeveelheid vee.

39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdathulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.

40 En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, wasvierhonderd-en-dertig jaar.

41 En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het aldie leërskare van dieHereuit Egipteland uitgetrek.

42 Dit is ’n nag om plegtig onderhou te word tot eer van dieHere, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van dieHereom plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.

Die insetting van die pasga.

43 VERDER het dieHereaan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.

44 Maar elke slaaf wat ’n man metgeld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet.

45 Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie.

46 In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie;en julle mag geen been daarvan breek nie.

47 Die hele vergadering van Israel moet dit hou.

48 En as’n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van dieHeredie pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ’n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.

49 Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.

50 En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos dieHereMoses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.

51 En op daardie selfde dag het dieHeredie kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.

EXODUS 13

Wet van die eersgeborenes.

1 TOE het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.

3 Verder het Moses aan die volk gesê:Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want dieHerehet julle deur ’n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarommag geen gesuurde brood geëet word nie.

4 Vandag trek julle uit, in die maandAbib.

5 En as dieHerejou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met ’need beloof het om aan jou te gee, ’n landwat oorloop van melk en heuning,dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.

6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van dieHere.

7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.

8 En jymoet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat dieHereaan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.

9 En dit moet vir jou as’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van dieHerein jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het dieHerejou uit Egipte uitgelei.

10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.

11 En as dieHerejou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,

12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan dieHereafgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan dieHere.

13 Maarelke eersteling van ’n esel moet jy met ’n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seunsmoet jy loskoop.

14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: DieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

15 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, hetdieHereal die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan dieHerealles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al dieeersgeborenes van my seuns koop ek los.

16 En dit sal as ’n teken wees op jou hand en ’n voorhoofsband tussen jou oë; want dieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Tog na die Skelfsee.

17 TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalkberou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.

18 Daaromhet God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.

19 En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê:God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.

20 Sohet hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.

21 EndieHerehet voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.

22 Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

EXODUS 14

1 TOE het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Sê aan die kinders van Israeldat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-Hágirot, tussenMigdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see.

3 Dan sal Farao van die kinders van Israel sê: Hulle is verdwaal in die land, die woestyn het hulle ingesluit.

4 EnEk sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, endie Egiptenaars sal weet dat Ek dieHereis. En hulle het so gedoen.

5 Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie?

6 Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy manskappe saam met hom geneem.

7 En hy hetseshonderd uitgesoekte strydwaens geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en die beste vegsmanne op elkeen daarvan.

8 En dieHerehet die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodathy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur ’n hoë hand uitgetrek.

9 En dieEgiptenaars het hulle agtervolg — al Farao se perdeenstrydwaens, sy ruiters en sy leërmag — en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor Baäl-Sefon.

10 Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israeltot dieHeregeroep.

11 En hulle het vir Moses gesê: Het u, omdat daar in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die woestyn te sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit Egipteland uitgelei het?

12 Is dít nie die woord wat ons aan u in Egipte gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die woestyn te sterwe.

13 Maar Moses het aan die volk gesê:Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van dieHerewat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.

14 DieHeresal vir julle stry, en julle moet stil wees.

15 Toe vra dieHerevir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.

16 En jy,hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.

17 En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil Myverheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

18 En die Egiptenaars sal weet dat Ek dieHereis, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

19 Endie Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;

20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.

21 Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en dieHerehet deur ’n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en diesee droog gemaak; en die waters isgekloof.

22 Endie kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter — en aan hul linkerkant.

23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek — al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters — die see in.

24 En indie môrewaak het dieHere, in die vuur — en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.

25 En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want dieHerestry vir hulle teen die Egiptenaars.

26 Daarop sê dieHerevir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.

27 En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug.So het dieHeredan die Egiptenaars binne-in die see gestort.

28 Entoe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek.Geeneen van hulle het oorgebly nie.

29 Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter — en aan hul linkerkant.

30 Sohet dieHereIsrael dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.

31 Ook het Israel die magtige daad gesien wat dieHereaan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk dieHeregevrees engeglo in dieHereen aan Moses, sy kneg.

EXODUS 15

Oorwinningslied van die Israeliete.

1 TOE hetMoses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van dieHeregesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van dieHere, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

2 DieHereis my krag en mypsalm, en Hy het mytot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader,Hom sal ek verhef.

3 DieHereis ’nkrygsman;Hereis sy naam.

4 Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.

5 Die watervloede het hulle oordek.Hulle het in die kolke gesink soos ’n klip.

6 oHere, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, oHere, verpletter die vyand.

7 En in u grotehoogheid werp U diegene neer wat teen U opstaan. U stuur u toorngloed uit: dit verteer hulle soos ’n stoppel.

8 Endeur die geblaas van u neus het die waters hulle opgestapel, diestrome het bly staan soos ’n wal, die watervloede het styf geword in die hart van die see.

9 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.

10 U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

11 oHere,wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

12 U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.

13 U het deur u gunsdie volk geleiwat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heiligewoning gevoer.

14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder;weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.

15 Toe is diestamhoofde van Edomverskrik, bewing het die magtigesvan Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.

16 Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stomsoos ’n klip, terwyl u volk deurtrek,Here, terwyl die volk deurtrek watU verwerf het.

17 U bring hulle in enplant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, oHere, wat U as vaste woonplek vir U berei het, dieheiligdom wat u hande gestig het, o Here!

18 DieHeresal regeer vir ewig en altoos.

19 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en dieHerehet die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.

20 En Mirjam,die profetes,die suster van Aäron,het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar aan,met tamboeryne en in koordanse.

21 En Mirjamhet hulle al singende geantwoord:Sing tot eer van dieHere, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.

Die water van Mara.

22 DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestynSur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

23 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

24 Toemurmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

25 En hy het dieHereaangeroep, en dieHerehet hom ’n stuk hout gewys; dithet hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ’n insetting en verordening vasgestel en hulle daarbeproef

26 en gesê: As jy getrou na die stem van dieHerejou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen vandie siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is dieHerewat jou gesond maak.

27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.

EXODUS 16

Die kwartels en die manna. Die sabbat.

1 TOE hulle van Elim afwegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland.

2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyngemurmureer.

3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van dieHeregesterwetoe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.

4 Toe sê dieHerevir Moses: Kyk, Ek sal vir jullebrood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kanbeproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.

5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal ditdubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.

6 Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat dieHerejulle uit Egipteland uitgelei het.

7 En môre vroeg, dan sal julledie heerlikheid van dieHeresien, omdat Hy julle murmureringe teen dieHeregehoor het — wantwat is ons, dat julle teen ons murmureer?

8 Daarop sê Moses:Dít sal gebeuras dieHerejulle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat dieHerejulle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maarteen dieHere.

9 Verder het Mosesmet Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel:Kom nader voor die aangesig van dieHere, want Hy het julle murmureringe gehoor.

10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteensverskyn die heerlikheid van dieHerein die wolk.

11 Ook het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

12 Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek dieHerejulle God is.

13 En in die aand het daarkwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ’ndoulaag rondom die laer.

14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelêwat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond.

15 Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle:Dit is die brood wat dieHerejulle gee om te eet.

16 Dit is die saak wat dieHerebeveel het: Samel daarvan in, elkeenna sy behoefte: ’ngomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.

17 En die kinders van Israel het so gedoen: hulle het ingesamel, die een baie en die ander min.

18 Maar toe hulle dit met die gomer meet, hethy wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.

19 En Moses het vir hulle gesê: Niemand moet daarvan laat oorbly tot môre toe nie.

20 Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.

21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.

22 En op die sesde dag het hulle ’n dubbele porsie brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering het gekom en dit aan Moses vertel.

23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat dieHeregespreek het: Môre is ditrusdag, ’n heilige sabbat van dieHere. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.

24 En hulle het dit gebêre tot die môre toe, soos Moses beveel het; en dit het niebederwe nie, en daar het geen wurms in gekom nie.

25 Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van dieHere. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.

26 Ses dae lank moet julle dit insamel, maar op die sewende dag is dit sabbat; dan sal dit daar nie wees nie.

27 En op die sewende dag het van die mense uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.

28 Toe sê dieHerevir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou?

29 Kyk, omdat dieHerejulle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.

30 So het die volk dan op die sewende dag gerus.

31 En die huis van Israel het ditMangenoem. Endit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek.

32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat dieHerebeveel het: ’n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.

33 Moses sê toe vir Aäron:Neem ’n kruik en gooi ’n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van dieHereneer, om dit vir julle geslagte te bewaar.

34 Soos dieHereMoses beveel het, so het Aäron ditvoor die Getuienis neergesit om bewaar te word.

35 En die kinders van Israel het die mannaveertig jaar lank geëettotdat hulle in ’n bewoonde land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.

36 En ’n gomer isdie tiende van ’n efa.

EXODUS 17

Water uit die rots.

1 DAAROP het diehele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van dieHere, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.

2 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waaromversoek julle dieHere?

3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Mosesgemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?

4 Toe het Moses dieHereaangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hullestenig my.

5 En dieHerehet Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jydie Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.

6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle dieHereversoek het deur te sê: Is dieHerein ons midde of nie?

Oorwinning oor Ámalek.

8 DAAROP het Ámalek gekom om teen Israel by Ráfidim te veg.

9 En Moses hetaan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Ámalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.

10 En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Ámalek. Maar Moses, Aäron en Hur het op die top van die heuwel geklim.

11 En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Ámalek die sterkste.

12 Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.

13 En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard ’n neerlaag toegebring.

14 Toe sê dieHerevir Moses:Skrywe dit as ’n aandenking in ’n boek en prent dit Josua in, datEk die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.

15 En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: DieHereis my banier.

16 En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van dieHere! Oorlog het dieHereteen Ámalek van geslag tot geslag.

EXODUS 18

Die besoek van Jetro.

1 TOEJetro,die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het — dat dieHereIsrael uit Egipte uitgelei het —

2 het Jetro, Moses se skoonvader, Sippóra, die vrou van Moses, geneem —nadat hy haar teruggestuur het —

3 en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het ’n vreemdeling geword in ’n vreemde land;

4 en die naam van die ander was Eliëser; want,het hy gesê,die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)

5 En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hyby die berg van God met die laer gestaan het.

6 En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.

7 Daarop gaan Moses uit, sy skoonvader tegemoet, en hy het gebuig en homgesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

8 Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat dieHereaan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat dieHerehulle verlos het.

9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat dieHereaan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.

10 Daarop sê Jetro:Geseënd is dieHerewat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.

11 Nou weet ek dat dieHeregroter is as al die gode,naamlik in die saak waarinhulle vermetel was teen hulle.

12 Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, ’n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van God. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eetvoor die aangesig van God.

13 En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.

14 En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?

15 En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat dievolk na my kom om God te raadpleeg.

16 As hulle’n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen die partye en die insettinge van God en sy wettebekend maak.

17 Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.

18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou;jy kan dit nie alleen doen nie.

19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees. Wat jou betref, wees jydie verteenwoordiger van die volk by God enbring jy die sake voor God,

20 en onderrig hulle in die insettinge en die wette, en maak hulledie weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.

21 Maar kies jy uit die hele volkbekwame manne wat God vrees, betroubare mannewat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;

22 en laat hulle voortdurend oor die volk die regspraakuitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hullesaam met jou dra.

23 As jy dit doen en God dit jou beveel, kan jy dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hullewoonplek gaan.

24 Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het —

25 Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.

26 En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.

27 Toe het Moses sy skoonvader laat gaan,en hy het na sy land getrek.

EXODUS 19

Aankoms by Sinai.

1 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag,het hulle in die woestyn Sinai gekom —

2 hulle het vanRáfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoordie berg laer opgeslaan.

3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en dieHerehet hom van die berg aftoegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en datEk julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal jullemy eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

6 En júlle sal vir My ’nkoninkryk van priesters en’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat dieHerehom beveel het.

8 Toe antwoord diehele volk eenparig en sê: Alles wat dieHeregespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan dieHereoorgebring.

9 En dieHerehet met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan dieHeremeegedeel.

10 Verder het dieHereaan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, enlaat hulle hul klere was

11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dagsal dieHerevoor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

12 Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie.Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.

13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.

14 Toehet Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.

15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.

16 En op die derde dag toe dit môre word, was daardonderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg endie geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was,gebeef het.

17 Daarop hetMoses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.

18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat dieHerein’n vuur daarop neergedaal het. Ensy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, endie hele berg het vreeslik gebewe.

19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, enGod het hom telkens hardop geantwoord.

20 Terwyl dieHereop die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het dieHereMoses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

21 En dieHerehet vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na dieHeretoe deurbreekom te sien en baie van hulle dan val nie.

22 En ook die priesters wat naby dieHerekom, moethulleself heilig, sodat dieHerenie teen hulle losbreek nie.

23 Toe het Moses dieHeregeantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê:Baken die berg af en heilig dit.

24 Daarop sê dieHerevir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na dieHeretoe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.

25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.

EXODUS 20

Die Wet van die Here.

1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is dieHerejou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

4 Jy mag vir jou geengesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, dieHerejou God, is’n jaloerse Godwat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

6 en Ekbewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7 Jy mag die Naam van dieHerejou God nie ydellik gebruik nie, want dieHeresal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10 maar die sewende dag is die sabbat van dieHerejou God;danmag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter,ofjou dienskneg of jou diensmaagd, of jou veeof jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

11 Wantin ses dae het dieHeredie hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het dieHeredie sabbatdag geseën en dit geheilig.

12 Eer jou vader en jou moeder,dat jou dae verleng mag word in die land wat dieHerejou God aan jou gee.

13 Jy mag nie doodslaan nie.

14 Jy mag nie egbreek nie.

15 Jy mag nie steel nie.

16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17 Jy mag niejou naaste se huis begeer nie;jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en dierokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.

19 En hulle het vir Moses gesê:Spreek u met ons, dat ons kan luister; maarlaat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

20 Toe antwoord Moses die volk:Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle tebeproef en datsy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.

21 So het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na diewolkedonkerheid waar God was.

22 Toe sê dieHerevir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met jullevan die hemel af gespreek het.

23 Julle magnaas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

24 ’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elkeplek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

25 Maaras jy vir My ’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou vangekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.

26 Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.

EXODUS 21

Wette oor die vryheid en die lewe van die naaste.

1 EN dit is die verordeninge wat jyhulle moet voorhou:

2 As jy ’n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.

3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word; as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.

4 As sy heer aan hom ’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy alleen vrygelaat word.

5 Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie —

6 dan moet sy heer hom na dieowerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ’n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.

7 En as iemandsy dogter as slavin verkoop, mag sy niesoos die slawe weggaan nie.

8 As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, omdat hy troueloos met haar gehandel het.

9 Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;

10 as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy haar voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.

11 En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.

12 Hy wat ’n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.

13 Maaras hy dit daar nie op toegelê het nie, maar God dit sy hand laat ontmoet het, dan salEk jou ’n plek aanwys waarheen hy kan vlug.

14 Maar as iemandmoedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak,moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.

15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.

16 Enhy wat ’n mens steel en hom verkoop — of as hy in sy besit gevind word — dié moet sekerlik gedood word.

17 Enhy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.

18 En as manne twis en die een die ander slaan met ’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word —

19 as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.

20 En as iemand sy slaaf of slavin met ’n stok slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.

21 Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.

22 En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geenanderletsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.

23 Maar is daar ’n letsel, dan moet jy geelewe vir lewe,

24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,

25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.

26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.

27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom vry laat weggaan vir sy tand.

28 En as ’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy sterwe, moetdie bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.

29 Maar as die bees tevore al stoterig gewees het en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word.

30 As aan homlosgeld opgelê word, moet hy vir die lossing van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.

31 Of dit ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.

32 As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet hy aan hulle heer dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.

33 En as iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie, en ’n bees of esel val daarin,

34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaarvan die diergeld gee, maar die dooie dier moet syne wees.

35 En as iemand se bees die bees van ’n ander stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die geld daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.

36 Of as dit bekend was dat die bees tevore al stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.