EXODUS 13

Wet van die eersgeborenes.

1 TOE het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.

3 Verder het Moses aan die volk gesê:Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want dieHerehet julle deur ’n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarommag geen gesuurde brood geëet word nie.

4 Vandag trek julle uit, in die maandAbib.

5 En as dieHerejou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met ’need beloof het om aan jou te gee, ’n landwat oorloop van melk en heuning,dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.

6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van dieHere.

7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word: by jou mag geen gesuurde brood gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in jou hele grondgebied gesien word nie.

8 En jymoet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat dieHereaan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.

9 En dit moet vir jou as’n teken wees op jou hand en ’n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van dieHerein jou mond mag wees; want deur ’n sterke hand het dieHerejou uit Egipte uitgelei.

10 Daarom moet jy hierdie insetting onderhou op die daarvoor bepaalde tyd, van jaar tot jaar.

11 En as dieHerejou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,

12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan dieHereafgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan dieHere.

13 Maarelke eersteling van ’n esel moet jy met ’n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seunsmoet jy loskoop.

14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: DieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.

15 Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, hetdieHereal die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan dieHerealles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al dieeersgeborenes van my seuns koop ek los.

16 En dit sal as ’n teken wees op jou hand en ’n voorhoofsband tussen jou oë; want dieHerehet ons deur ’n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Tog na die Skelfsee.

17 TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalkberou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.

18 Daaromhet God die volk laat wegdraai in die rigting na die woestyn, na die Skelfsee toe. En die kinders van Israel het goed gewapend uit Egipteland opgetrek.

19 En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem; want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê:God sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.

20 Sohet hulle dan van Sukkot af weggetrek en laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die woestyn.

21 EndieHerehet voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.

22 Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

four × one =