EXODUS 20

Die Wet van die Here.

1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is dieHerejou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

4 Jy mag vir jou geengesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, dieHerejou God, is’n jaloerse Godwat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

6 en Ekbewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7 Jy mag die Naam van dieHerejou God nie ydellik gebruik nie, want dieHeresal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10 maar die sewende dag is die sabbat van dieHerejou God;danmag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter,ofjou dienskneg of jou diensmaagd, of jou veeof jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

11 Wantin ses dae het dieHeredie hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het dieHeredie sabbatdag geseën en dit geheilig.

12 Eer jou vader en jou moeder,dat jou dae verleng mag word in die land wat dieHerejou God aan jou gee.

13 Jy mag nie doodslaan nie.

14 Jy mag nie egbreek nie.

15 Jy mag nie steel nie.

16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17 Jy mag niejou naaste se huis begeer nie;jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en dierokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.

19 En hulle het vir Moses gesê:Spreek u met ons, dat ons kan luister; maarlaat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.

20 Toe antwoord Moses die volk:Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle tebeproef en datsy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.

21 So het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na diewolkedonkerheid waar God was.

22 Toe sê dieHerevir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met jullevan die hemel af gespreek het.

23 Julle magnaas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.

24 ’n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. Op elkeplek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën.

25 Maaras jy vir My ’n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou vangekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.

26 Jy mag ook nie met trappe na my altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

eighteen − 18 =