EXODUS 19

Aankoms by Sinai.

1 IN die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag,het hulle in die woestyn Sinai gekom —

2 hulle het vanRáfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoordie berg laer opgeslaan.

3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en dieHerehet hom van die berg aftoegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en datEk julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.

5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal jullemy eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

6 En júlle sal vir My ’nkoninkryk van priesters en’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat dieHerehom beveel het.

8 Toe antwoord diehele volk eenparig en sê: Alles wat dieHeregespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan dieHereoorgebring.

9 En dieHerehet met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in’n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóú kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan dieHeremeegedeel.

10 Verder het dieHereaan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, enlaat hulle hul klere was

11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dagsal dieHerevoor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

12 Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie.Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.

13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag hulle op die berg klim.

14 Toehet Moses van die berg af na die volk gegaan en die volk geheilig, en hulle het hul klere gewas.

15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar teen die derde dag; moenie naby die vrou kom nie.

16 En op die derde dag toe dit môre word, was daardonderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg endie geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was,gebeef het.

17 Daarop hetMoses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.

18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat dieHerein’n vuur daarop neergedaal het. Ensy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, endie hele berg het vreeslik gebewe.

19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, enGod het hom telkens hardop geantwoord.

20 Terwyl dieHereop die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het dieHereMoses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

21 En dieHerehet vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na dieHeretoe deurbreekom te sien en baie van hulle dan val nie.

22 En ook die priesters wat naby dieHerekom, moethulleself heilig, sodat dieHerenie teen hulle losbreek nie.

23 Toe het Moses dieHeregeantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê:Baken die berg af en heilig dit.

24 Daarop sê dieHerevir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na dieHeretoe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.

25 En Moses het na die volk toe afgeklim en hulle dit aangesê.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

19 + eighteen =