NÚMERI 15

Wette met betrekking tot die offerandes.

1 DAARNA het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,

3 en julle ’n vuuroffer aan dieHerewil berei, ’n brandoffer of slagoffer — deur ’n besonderegelofte te volbring of as vrywillige offer ofby julle feestye — om vir dieHere’n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,

4 danmoet die een wat sy offer aan dieHerebring,as spysoffer bring ’n tiendevan ’n efafynmeel, gemengmet ’n kwart-hin olie;

5 en wyn vir die drankoffer, ’n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.

6 Of vir ’n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendesvan ’n efafynmeel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng.

7 En ’n derde van ’n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan dieHerebring.

8 En as jy ’n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur ’n besondere gelofte te volbring of asdankoffer aan dieHere,

9 moet hy bydie jong bul as spysoffer bring drie-tiendesvan ’n efafynmeel met ’n half-hin olie gemeng.

10 En vir die drankoffer moet jy ’n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by ’n lam van die skape of van die bokke.

12 Volgens die getal wat julle berei — so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.

13 Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHerete bring.

14 En as ’n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en ’n vuuroffer van lieflike geur vir dieHereberei — soos julle doen, so moet hy doen.

15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling watby jullevertoef.’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van dieHerewees.

16 Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.

17 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,

19 moet julle, as jullevan die brood van die land eet, ’n offergawe aan dieHereafgee.

20 As eersteling van julle growwe meel moet julle ’n koek as offergawe afgee; net soosdie offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.

21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle ’n offergawe aan dieHeregee in julle geslagte.

22 Verder,as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat dieHereaan Moses meegedeel het nie —

23 alles wat dieHerejulle deur Moses beveel het van die dag af dat dieHeredit beveel het en verder in julle geslagte —

24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir ’n brandoffer as lieflike geur aan dieHere,met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; eneen bokram as sondoffer.

25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want ’n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan dieHereen hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van dieHeregebring.

26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.

27 Enas ’n enkele siel in swakheid sondig, moet dié ’n jaaroud bokooi as sondoffer bring.

28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van dieHerebegaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.

29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef — een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.

30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad dieHere; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.

31 Want die woord van dieHerehet hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.

Straf van ’n sabbatskender.

32 EN toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle ’n man gekry wat op die sabbatdaghout bymekaarmaak.

33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring.

34 En hulle het homin die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.

35 Toe sê dieHerevir Moses:Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergaderingmoet hom buitekant die laer stenig.

36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos dieHereMoses beveel het.

Bevel om ’n teken aan die klere te maak.

37 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle,hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ’n draad van pers stof vasbind.

39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van dieHeredink, dat julledit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aanhoereer nie,

40 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle Godheilig mag wees.

41 Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is dieHerejulle God.

NÚMERI 16

Korag, Datan en Abíram maak oproer teen Moses en Aäron.

1 ENKorag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam metDatan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, hetmannegeneem,

2 en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam.

3 Enhulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; wantdie hele vergadering, hulle almal, is heilig; endieHereis in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van dieHere?

4 Toe Moses dit hoor,het hy op sy aangesig geval;

5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal dieHerebekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom:wie Hy uitkies, sal Hyna Hom laat nader kom.

6 Doen dit: Neem vir jullevuurpanne, Korag en sy hele bende,

7 en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van dieHere; dan sal die man wat dieHereuitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!

8 Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi!

9 Is dit jullenie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van dieHerese tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,

10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou — dat julle nou ook die priesteramp begeer?

11 Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen dieHerevergader;want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?

12 En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.

13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n landwat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ookgedurig oor ons die baas wil speel nie?

14 Ook het jy ons nie gebring in ’n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.

15 Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan dieHeregesê:Sien hulle offer nie aan nie.Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.

16 Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môrevoor die aangesig van dieHereis, jy en hulle en Aäron.

17 En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van dieHereelkeen sy vuurpan, tweehonderd-en-vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.

18 Toe het hulle elkeen sy vuurpan geneem en daar vuur op gegooi en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van die tent van samekoms, ook Moses en Aäron.

19 En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms.Toe verskyn die heerlikheid van dieHereaan die hele vergadering.

20 En dieHerehet met Moses en Aäron gespreek en gesê:

21 Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ’n oomblik verteer.

22 Maar hullehet op hul aangesig geval en gesê:oGod,God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

23 En die Here het met Moses gespreek en gesê:

24 Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!

25 Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.

26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê:Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat jullenie weens al hulle sondes omkom nie.

27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.

28 Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat dieHeremy gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uitmy eie hart is nie:

29 as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het dieHeremy nie gestuur nie.

30 Maar as dieHereiets nuuts skep endie grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hullelewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie mannedieHereverag het.

31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,

32 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne enal die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.

33 So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.

34 En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!

35 Toehet ’n vuur van dieHereuitgegaan en die tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.

36 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

37 Sê aanEleásar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet strooi; want hulle is heilig —

38 naamlikdie vuurpannevan die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ’n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van dieHeregebring — daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel’n teken wees.

39 Toe het die priester Eleásar die kopervuurpanne geneem wat die mense wat verbrand is, gebring het, en hulle het dit plat geslaan as ’n oortreksel vir die altaar —

40 ’n aandenking vir die kinders van Israel,sodat ’n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van dieHereaan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos dieHereaan hom deur die diens van Moses gesê het.

41 Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van dieHeregedood.

42 En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens hetdie wolk dit oordek en dieheerlikheid van dieHerehet verskyn.

43 En toe Moses en Aäron tot voor die tent van samekoms kom,

44 het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

45 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat Ek hulle in’n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,

46 en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle;want die toorn het van dieHerese aangesig uitgegaan, die plaag het begin!

47 Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.

48 En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes staan, hetdie plaag opgehou.

49 En die wat deur die plaag gesterf het, was veertienduisend-sewehonderd,buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.

50 Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit.

NÚMERI 17

Die staf van Aäron.

1 DAARNA het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.

3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.

4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuieniswaar Ek met julle saamkom.

5 En die staf van die manwat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israelwat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.

6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.

7 En Moses het die stawe voor die aangesig van dieHereindie tent van die Getuienis neergesit.

8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

9 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van dieHerewas, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.

10 Daarop het dieHerevir Moses gesê:Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis omdit te bewaaras teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

11 En Moses het dit gedoen; soos dieHerehom beveel het, so het hy gedoen.

12 Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!

13 Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van dieHere, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?

NÚMERI 18

Werk van die priesters en die Leviete; voorsiening in hulle onderhoud.

1 EN dieHerehet vir Aäron gesê:Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met joumoet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.

2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader,saam met jou nader kom, dat hulleby jou kan aansluit en jou dien, terwyljy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.

3 En hulle moet jou diens waarneem endie diens van die hele tent;maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie,dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.

4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en’n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.

5 En jullemoet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.

6 Want Ek selfhet julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneemas ’n geskenk vir julle, mense wat aan dieHeregegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

7 Maar jy en jou seuns saam met joumoet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar envan wat binnekant die voorhangsel is, en julle moetdaardiens verrig. As ’n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.

8 Verder het dieHeremet Aäron gespreek:Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.

9 Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elkespysoffer en elkesondoffer en elkeskuldoffer van hulle, wat hulle My bring — as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.

10 In ’n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.

11 Dit moet ook joue wees:die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting.Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

12 Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring,die eerste daarvan wat hulle aan dieHeregee, dit gee Ek aan jou.

13 Die eerstelinge van alles wat in hulle land is,wat hulle aan dieHerebring, moet joue wees.Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.

14 Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.

15 Alles wat die moederskoot open — alle vlees wat hulle vir dieHereaanbring, mense en diere — moet joue wees; maardie eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.

16 En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ’n maand oud moet jy loskoop,volgens jou skatting, vir ’n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;dit is twintig gera.

17 Maar die eersgeborene van ’n bees of die eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloedmoet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

18 En hulle vleis moet joue wees; soos diebors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.

19 Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan dieHereafgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige insetting.Dit is ’n ewige soutverbond voor die aangesig van dieHere, vir jou en jou nageslag saam met jou.

20 Ook het dieHerevir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie.Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.

21 En kyk,Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig,die dienswerk van die tent van samekoms.

22 En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekomsom sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.

23 Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, enhulle moet hul ongeregtigheid dra — ’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.

24 Want die tiendes van die kinders van Israel wathulle aan dieHereas offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.

25 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ’n offergawe aan dieHereafgee,’n tiende van die tiende.

27 En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.

28 Só moet julle ook ’n offergawe aan dieHereafgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan dieHereaan die priester Aäron gee.

29 Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan dieHereafgee,van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.

30 Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee,sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.

31 En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit isvir julle ’n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.

32 En julle sal daarbygeen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israelnie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.

NÚMERI 19

Die verbranding van ’n rooi koei en die reinigingswater.

1 VERDER het dieHeremet Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 Dit is die wetsinsetting wat dieHerebeveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ’n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is,waarop geen juk gekom het nie.

3 En julle moet haar aan die priester Eleásar gee, en hulle moet haarbuitekant die laer uitbring en voor hom slag.

4 En die priester Eleásar moet van haar bloed met sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van die tent van samekomssprinkel.

5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand;haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.

6 En die priester moetsederhout en hisop en skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.

7 Danmoet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.

8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

9 En ’n rein man moetdie as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laerop ’n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir diereinigingswater: dit is ’n sondoffer.

10 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ’n ewige insetting wees.

11 Die een wat aan ’n dooie, enige lyk van ’n mens, raak, hy sal sewe dae lank onrein wees.

12 Op die derde dagen op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig — dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.

13 Elkeen wat aan ’n dooie raak, aan die lyk van ’n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie,verontreinig die tabernakel van dieHere, endié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog aan hom.

14 Dit is die wet: As iemand in ’n tent sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank onrein wees.

15 Ook al dieoop goed wat nie met ’n deksel toegebind word nie, is onrein.

16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n mens se doodsbeen of aan ’n graf, sal sewe dae lank onrein wees.

17 Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in ’n pot op gooi;

18 en ’n rein man moethisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ’n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n graf geraak het.

19 En die reine moet die onreineop die derde enop die sewende dag besprinkel en homop die sewende dag ontsondig. Dan moet hysy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.

20 Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van dieHereverontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.

21 En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees. En die een wat die reinigingswater sprinkel, moet sy klere was; en die een wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees.

22 Ja,alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.

NÚMERI 20

Die waters van Mériba.

1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering,in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly.En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.

2 En daar was geen water vir die vergadering nie.Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

3 En die volkhet met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwetoe ons broers voor die aangesig van dieHeregesterf het!

4 Enwaarom het julle die vergadering van dieHerein hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?

5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.

6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, enhulle het op hul aangesig geval; toe verskyndie heerlikheid van dieHereaan hulle.

7 En dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. Somoet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

9 Toe neem Moses die stafvoor die aangesig van dieHereweg soos Hy hom beveel het.

10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê:Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; endaar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

12 Toe sê dieHerevir Moses en Aäron: Omdatjulle in My nie geglo hetom My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met dieHeregetwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.

14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers nadie koning van Edom gestuur: So sêjou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.

15 Ons vaders het na Egipte afgetrek,en ons het baie dae in Egipte gewoon,en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.

16 Toe het ons dieHereaangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hyhet ’n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, ’n stad op die grens van jou grondgebied.

17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.

18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.

19 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee,gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek — verder niks nie.

20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ’n sterk hand.

21 So het Edomdan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israelvan hom af weggedraai.

Die dood van Aäron.

22 EN die kinders van Israel, die hele vergadering, het vanKades af weggetrek en bydie berg Hor gekom.

23 En dieHerehet met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:

24 Aäronsal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdatjulle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.

25 Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;

26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron sal daarby sy volksgenoteversamel word en sterwe.

27 Toe het Moses gedoen soos dieHerebeveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.

28 En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterweop die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.

29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beweendertig dae lank.

NÚMERI 21

Neerlaag van die koning van Arad. Die koperslang.

1 TOE die Kanaäniet,die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Átarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.

2 Daarop het Israel aan dieHere’n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, salek hulle stede met die banvloek tref.

3 En dieHerehet gehoor na die stem van Israel en die Kanaäniete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.

4 Toe trekhulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfseeom die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword.

5 En die volkhet teen God en teen Moses gespreek:Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.

6 Toe stuur dieHeregiftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.

7 En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig datons teen dieHereen teen u gespreek het.Bid tot dieHere, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.

8 Daarop sê dieHereaan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.

9 Toe het Moses’n koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.

10 En die kinders van Israel het weggetrek enlaer opgeslaan in Obot.

Voortsetting van die reis. Oorwinning oor Sihon en Og.

11 DAARNA het hulle weggetrek van Obot af enlaer opgeslaan in Ijje-Haäbárim in die woestyn wat oostelik aan Moab vas lê.

12 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan bydie spruit Sered.

13 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer opgeslaan oorkant die Arnon wat in die woestyn is en uit die grondgebied van die Amoriete kom; wantdie Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete.

14 Daarom word gesê in die Boek van die Oorloë van dieHere: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon,

15 en die hang van die spruite wat na die streek vanAr afloop en leun teen die grondgebied van Moab.

16 En daarvandaanhet hullena Beërgetrek.Dit is die put waarvan dieHereaan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.

17 Toe het Israel hierdie lied gesing: Spring op, o put! Besing hom!

18 oPut wat die vorste gegrawe het, wat die edeles van die volk gedelf het, metdie septer, met hulle stawe! — En uit die woestyn uit na Mattána toe;

19 en van Mattána na Naháliël; en van Naháliël na Bamot;

20 en van Bamot na die dal wat in die veld van Moab lê, by die top van Pisga, en oor die wildernis afkyk.

21 EnIsrael het boodskappers gestuur na Sihon, die koning van die Amoriete, en gesê:

22 Laat my deur jou land trek. Ons sal nie wegdraai in die lande of in die wingerde nie; ons sal die water van die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied getrek het.

23 Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek na die woestyn, Israel tegemoet; en toe hy byJahas kom, het hy teen Israel geveg.

24 MaarIsrael het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy land in besit geneem van die Arnon af tot bydie Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk.

25 So het Israel dan al hierdie stede ingeneem, en Israel het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy onderhorige plekke.

26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.

27 Daarom sêdie spreukdigters: Kom na Hesbon toe! Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word!

28 Want’n vuur het uitgegaan uit Hesbon, ’n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer, die bewoners van die hoogtes van Arnon.

29 Wee jou, Moab! Jy is verlore, volk vanKamos! Hy het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete.

30 Toe het ons hulle beskiet; verlore was Hesbon tot byDibon; en ons het verwoes tot by Nofag, met vuur tot byMedéba.

31 So het Israel dan gewoon in die land van die Amoriete.

32 Daarna het Moses gestuur omJaéser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.

33 Toe het hulle gedraai en in die rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe het hulle tegemoetgetrek naEdréï om te veg.

34 Daarop sê dieHerevir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; enjy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.

35 En hulle het hom verslaan en sy seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie; en hulle het sy land in besit geneem.

NÚMERI 22

Bíleam seën die Israeliete teen sy sin.

1 DAARNA het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaanin die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo.

2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,

3 hetMoab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.

4 Toe sê Moab virdie oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.

5 Daarop het hy boodskappers gestuur na Bíleam, die seun van Beor, inPetor wat by die Eufraat is, in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.

6 Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle ’n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.

7 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian gegaan metwaarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.

8 Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos dieHereaan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.

9 En God het na Bíleam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?

10 En Bíleam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:

11 Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.

12 Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, wanthulle is geseënd.

13 Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want dieHerehet geweier om my saam met julle te laat gaan.

14 En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.

15 Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;

16 en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.

17 Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.

18 Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak:Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud,ek kan die bevel van dieHeremy God nie oortree om klein of groot te doen nie.

19 Nou dan,bly julle tog ook vannag hier, dat ek mag weet wat dieHereverder aan my sal sê.

20 En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle saam; maarnet wat Ek jou sê, dit moet jy doen.

21 Toe maak Bíleam die môre klaar en saalsy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.

22 Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; endie Engel van dieHerehet gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.

23 En die esel het die Engel van dieHerein die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.

24 Daarop gaan die Engel van dieHerein ’n hol pad tussen die wingerde staan — ’n muur duskant en ’n muur anderkant.

25 En toe die esel die Engel van dieHeresien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.

26 En die Engel van dieHerehet weer verder gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.

27 Toe die esel die Engel van dieHeresien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ’n stok geslaan.

28 Maar dieHerehet die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?

29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ’n swaard in my hand — dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.

30 En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.

31 Toeopen dieHeredie oë van Bíleam, sodat hy die Engel van dieHerein die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hyhet gebuig en op sy aangesig neergeval.

32 En die Engel van dieHerevra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as ’n teëparty, wantjouweg loop gevaarlik steil in my oog!

33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie — dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.

34 Toe antwoord Bíleam die Engel van dieHere:Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.

35 En die Engel van dieHeresê vir Bíleam: Gaan saam met die manne,maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.

36 Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab watby die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.

37 En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staatom jou te vereer nie?

38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek?Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.

39 Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom.

40 En Balak het beeste en kleinvee geoffer en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.

41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op diehoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.

NÚMERI 23

1 TOE sê Bíleam vir Balak:Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.

2 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het; en Balak en Bíleamhet ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

3 Daarop sê Bíleam vir Balak:Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal dieHeremytegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na ’n kaal heuwel gegaan.

4 En God het Bíleam tegemoetgekom, en hy het vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

5 Toelê dieHere’n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.

6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.

7 En hyhet sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab — uit die berge van die Ooste: Komvervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.

8 Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie dieHerenie verwens nie?

9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk,’n volk wat afgesonderd woon enhom nie tot die nasies reken nie.

10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwedie dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!

11 Toe sê Balak vir Bíleam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haalom my vyande te vloek, en kyk, jy het net geseën!

12 En hy antwoord daarop dít:Moet ek dan nie sorgvuldig alles spreek wat dieHerein my mond lê nie?

13 Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na ’n ander plek vanwaar jy hom kan sien — net sy kant sal jy sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie — en vervloek hom daarvandaan vir my.

14 En hy het hom saamgeneem na die Veld van die Wagte, op die top van Pisga,en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

15 Toe sê hy vir Balak: Bly hier staan by jou brandoffer, en ek sal daarop ’n ontmoeting wag.

16 En dieHerehet Bíleam ontmoet en’n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.

17 En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het dieHeregespreek?

18 Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op, Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor!

19 God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?

20 Kyk, ek het ontvang om te seën; enhet Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.

21 ’n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. DieHeresy God is met hom, endie gejubel tot eer van die Koning is by hom.

22 God wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soosdie horingsvan ’n buffel.

23 Want daar is geen towery teen Jakob ofwaarsêery teen Israel nie. Nou sal van Jakob en van Israel gesê wordwat God gedoen het.

24 Kyk, ’n volk wat opstaansoos ’n leeuin, en soos ’n leeu verhef hy hom.Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie.

25 Toe sê Balak vir Bíleam: Jy moet hulle glad nie vloek nie, en jy moet hulle glad nie seën nie.

26 Maar Bíleam antwoord en sê vir Balak: Het ek nie dit met jou gespreek nie:Alles wat dieHerespreek, dit sal ek doen?

27 Verder sê Balak vir Bíleam:Kom tog, ek sal jou na ’n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek.

28 Toe neem Balak Bíleam saam na die top vanPeor wat oor die wildernis afkyk.

29 Daarop sê Bíleam vir Balak:Bou vir my hier sewe altare, en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.

30 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

NÚMERI 24

1 TOE Bíleam sien dat dit goed was in die oë van dieHereom Israel te seën, het hy hom nie soosdie vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.

2 Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, hetdie Gees van God op hom gekom.

3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê:Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.

5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!

6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ’n rivier,soos aleweeswat dieHeregeplant het, soos seders by die water.

7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees asAgag, en sy koninkryk hom verhef!

8 God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ’n buffel; hy salnasies, sy vyande, verteer enhulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.

9 Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag?Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!

10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê:Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!

11 Trek dan nou gou na jou woonplek!Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, dieHerehet jou van verering teruggehou.

12 Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:

13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van dieHerenie oortree om goed of kwaaduit my eie hart te doen nie; wat dieHerespreek, dit sal ek spreek.

14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom,ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aandie einde van die dae.

15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

16 Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.

17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie:’n ster kom te voorskyn uit Jakob, en’n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.

18 Ook salEdom ’n besitting wees; enSeïr, sy vyande, sal ’n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.

19 En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.

20 Toe hy Ámalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Ámalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.

21 Toe hydie Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.

22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.

23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God dít beskik?

24 En skepe kom van die kant van dieKittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle vernederHeber; en hy is ook tot ondergang bestem.

25 Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek enna sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.