NÚMERI 15

Wette met betrekking tot die offerandes.

1 DAARNA het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,

3 en julle ’n vuuroffer aan dieHerewil berei, ’n brandoffer of slagoffer — deur ’n besonderegelofte te volbring of as vrywillige offer ofby julle feestye — om vir dieHere’n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,

4 danmoet die een wat sy offer aan dieHerebring,as spysoffer bring ’n tiendevan ’n efafynmeel, gemengmet ’n kwart-hin olie;

5 en wyn vir die drankoffer, ’n kwart-hin, moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.

6 Of vir ’n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendesvan ’n efafynmeel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng.

7 En ’n derde van ’n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan dieHerebring.

8 En as jy ’n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur ’n besondere gelofte te volbring of asdankoffer aan dieHere,

9 moet hy bydie jong bul as spysoffer bring drie-tiendesvan ’n efafynmeel met ’n half-hin olie gemeng.

10 En vir die drankoffer moet jy ’n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan dieHere.

11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by ’n lam van die skape of van die bokke.

12 Volgens die getal wat julle berei — so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.

13 Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om ’n vuuroffer van lieflike geur aan dieHerete bring.

14 En as ’n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en ’n vuuroffer van lieflike geur vir dieHereberei — soos julle doen, so moet hy doen.

15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling watby jullevertoef.’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van dieHerewees.

16 Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.

17 Verder het dieHeremet Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,

19 moet julle, as jullevan die brood van die land eet, ’n offergawe aan dieHereafgee.

20 As eersteling van julle growwe meel moet julle ’n koek as offergawe afgee; net soosdie offergawe van die dorsvloer, so moet julle dit afgee.

21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle ’n offergawe aan dieHeregee in julle geslagte.

22 Verder,as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat dieHereaan Moses meegedeel het nie —

23 alles wat dieHerejulle deur Moses beveel het van die dag af dat dieHeredit beveel het en verder in julle geslagte —

24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir ’n brandoffer as lieflike geur aan dieHere,met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; eneen bokram as sondoffer.

25 En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want ’n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan dieHereen hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van dieHeregebring.

26 Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.

27 Enas ’n enkele siel in swakheid sondig, moet dié ’n jaaroud bokooi as sondoffer bring.

28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van dieHerebegaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.

29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef — een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.

30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad dieHere; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.

31 Want die woord van dieHerehet hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.

Straf van ’n sabbatskender.

32 EN toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle ’n man gekry wat op die sabbatdaghout bymekaarmaak.

33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring.

34 En hulle het homin die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.

35 Toe sê dieHerevir Moses:Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergaderingmoet hom buitekant die laer stenig.

36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos dieHereMoses beveel het.

Bevel om ’n teken aan die klere te maak.

37 EN dieHerehet met Moses gespreek en gesê:

38 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle,hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ’n draad van pers stof vasbind.

39 En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van dieHeredink, dat julledit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aanhoereer nie,

40 sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle Godheilig mag wees.

41 Ek is dieHerejulle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is dieHerejulle God.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

fourteen + eighteen =